kategorieë: GebakKos

Bruintjie-kolwyntjies

Genoeg vir 6-8

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Bestanddele

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
  • 110 ml (1⁄3 k + 2 e) sagte botter
  • 250 ml (1 k) strooisuiker
  • 5 ml (1 t) vanieljegeursel
  • 4 eiers
  • 100 ml (1⁄3 k + 1 e + 1 t) koekmeel
  • 60 g (125 ml) kakao
  • 200 g (2 blokke) donkersjokolade, gekap

Metode

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Voorverhit die oond tot 180 °C. Voer ’n kolwyntjiepan met kolwyntjie papierhouers uit.

  1. Meng die botter, suiker en vanieljegeursel in ’n grootmengbak tot dik en romerig.
  2. Voeg die eiers een vir een by en meng goed. Sif die meel en kakao by en meng deur.
  3. Smelt die sjokolade oor ’n dubbelkoker, of vir ’n paar sekondes op die ontvriesstelling in die mikrogolfoond. Laat effens afkoel.Vou die gesmelte sjokolade deur die beslag.
  4. Skep in die kolwyntjiepan en bak vir 20 min. of tot ’n toetspen uitkom met ’n paar klam krummels daaraan.
  5. Laat op ’n draadrak afkoel. Sit met die vinnige, lekker bolaag van die sjokoladepoffertjies voor.
Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

1 day Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

1 day Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

1 day Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

1 day Gelede

Gure voorspellings vir ‘Suidooster’ – en die Kaapse Dokter speel met niemand nie!

  Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.