Bruintjie-kolwyntjies
Serves: genoeg vir 6-8
Nutrition facts:
200 calories
20 grams fat
Ingredients
- • 110 ml (1⁄3 k + 2 e) sagte botter
- • 250 ml (1 k) strooisuiker
- • 5 ml (1 t) vanieljegeursel
- • 4 eiers
- • 100 ml (1⁄3 k + 1 e + 1 t) koekmeel
- • 60 g (125 ml) kakao
- • 200 g (2 blokke) donkersjokolade, gekap
Instructions
Voorverhit die oond tot 180 °C. Voer ’n kolwyntjiepan met kolwyntjie papierhouers uit.
1 Meng die botter, suiker en vanieljegeursel in ’n grootmengbak tot dik en romerig.
2 Voeg die eiers een vir een by en meng goed. Sif die meel en kakao by en meng deur.
3 Smelt die sjokolade oor ’n dubbelkoker, of vir ’n paar sekondes op die ontvriesstelling in die mikrogolfoond. Laat effens afkoel.Vou die gesmelte sjokolade deur die beslag. Skep in die kolwyntjiepan en bak vir 20 min. of tot ’n toetspen uitkom met ’n paar klam krummels daaraan.
4 Laat op ’n draadrak afkoel. Sit met die vinnige, lekker bolaag van die sjokoladepoffertjies voor.
Rooi Rose
Lees Meer
Die beste-este steak-toebroodjie
05/09/2024