kategorieë: Ons menseBekendes

Bryoni Govender deel Mej. Supranasionaal-verhoog met ons eie Nico Panagio

Mej SA 2023-naaswenner Bryoni Govender se tasse is gepak en sy is gereed om Suid-Afrika by vanjaar se Mej. Supranasionaal-kompetisie te verteenwoordig. Die internasionale skoonheidskompetisie vind op 6 Julie in Sącz, Pole, plaas.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die prokureur en model het Suid-Afrika verlede jaar by Mej. Heelal verteenwoordig waar sy die top-20 gehaal het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Dit is die 15de jaar wat Mej. Supranasionaal aangebied word en Andrea Aguilera van Ecuador is die huidige titelhouer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Opgewonde oor die volgende fase van haar reis het Bryoni ‘n paar foto’s voor haar vertrek op sosiale media gedeel.

“Terwyl ek hier sit en gereed is om ‘n nuwe reis aan te pak, voel ek geweldig dankbaar vir al die liefde en ondersteuning,” het sy geskryf.

“My hart bars van trots met die wete dat ek die naam van my huis oor my bors sal dra! Weet dat ek die belangrikheid en verantwoordelikheid daarvan verstaan ​​om nie net myself te verteenwoordig nie, maar ook elke Suid-Afrikaner! Ek dra jou saam…ALTYD!”

Bryoni, gebore in Kempton Park, het ‘n Baccalaureusgraad in Regte van die Universiteit van Johannesburg en is verlede jaar as ‘n prokureur toegelaat terwyl sy aan die Mej SA-kompetisie deelgeneem het.

Bryoni sal die verhoog met mede-Suid-Afrikaner Nico Panagio deel. Die akteur en Survivor-aanbieder is onlangs as Mnr.-en Mej. Supranasionaal se seremoniemeester aangekondig.

Oor die nuwe rol en sy komende besoek aan Pole het Panagio gesê, “Ek is so opgewonde om Pole te besoek en deel te wees van die fantastiese produksies wat op 4 en 6 Julie regstreeks op POLSAT en in baie lande regoor die wêreld vertoon sal word. Jy kan twee wonderlike vertonings verwag en ek is verheug om by die Supra-span aan te sluit.”

Lees ook: Skemergrond: Ontmoet die karakters van dié splinternuwe telenovelle

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

6 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.