Genoeg vir 4.
Bestanddele
Romerige slaaisous
- 125 ml (½ k) crème fraîche
- 5 ml (1 t) fyngekapte knoffel
- 5 ml (1 t) Dijon-mosterd
- 5 ml (1 t) heuning
- 2 ansjovisfilette
- 30 ml (2 e) appelasyn
- 15 ml (1 e) parmesaan, fyn gerasper
- 60 ml (¼ k) olyfolie
- 4-6 hoendereiers
Slaaibestanddele
- 1 kg baba-aartappels, gekook en geskil
- 125 ml (½ k) basiliekruidpesto
- 5 babamurgpampoene, in linte gesny
- 2-3 repies dikspek, brosgebraai
- ’n hand vol roketblare
Metode
- Meng al die bestanddele vir die sous en hou eenkant.
- Sit die eiers versigtig in ’n kleinkastrol met kookwater en kook vir presies 2 min. Dreineer en bedek met koue water.
- Dop af wanneer afgekoel. Hou eenkant.
- Meng die pesto deur die warm baba-aartappels.
- Pak die res van die slaai bestanddele op ’n bord. Voeg die aartappels by. Breek die eiers oor die slaai oop en sit met die slaaisous voor.
