kategorieë: Bekendes

Cara Delevingne: Die meisie met die wenkbroue

Sy lyk ook nie soos jou tipiese supermodel nie. Sy is net 1,73 m lank, en jy sou haar ook nie as klassiek mooi bestempel nie. Maar sy is die ideale model omdat sy omskep kan word vir enige produk wat sy moet verteenwoordig. Behalwe haar wenkbroue. Tot ’n paar jaar gelede het ons almal nog ons wenkbroue gepluk sodat dit ’n sexy boog bo die oog vorm, maar Cara het haar opvallende wenkbroue gelos soos hulle is. En uitgetroon in die skare en ’n wêreldwye neiging laat posvat.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Maar as jy met haar praat, kom jy gou agter dis nie haar voorkoms wat haar interessant maak nie, maar haar uitkyk op die lewe. Sy volg haar eie ritme. Haar les: Hou op om soos almal om jou te probeer wees. Wees jouself. Word raakgesien. En nou het sy ook iets reggekry waarvan elke model droom: sy speel die hoofrol in die rolprent Paper Towns. Die fliek is gegrond op die gelyknamige boek.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Wat het jou aangetrek tot die rol in Paper Towns?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Margo is ‘n baie sterk karakter. Om so ‘n sterk vroulike karakter te kon speel was ‘n voorreg. Sy vat kanse – nes ek. Sy is vreesloos – nes ek. Sy ontdek wie sy is deur haarself in elke situasie in te gooi – wat ek ook gereeld doen. Ek se nie daar is goed waarvoor ek nie bang is nie, maar dis die beste manier om te lewe.

Hoe kry jy dit reg om vreesloos te wees?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

As kind het ek deur dinge gegaan en moes leer om dinge soos die dood en verlies te verwerk. Hierdie goed gebeur met almal, maar dit het my laat besef mens leef net een keer en ek wil nie my lewe mors nie. Ek het so baie ambisie en drome, en het ʼn beperkte tydperk om dit te laat gebeur. Daarom probeer ek om alles ʼn werklikheid te maak.

Watter drome het jy nog vir jouself?

Daar het reeds ʼn klomp waar geword, maar ek sal graag eendag regie wil doen. En ek wil aanhou om te sing – ek sal dit vir die res van my lewe doen. Ek wil nog reis. Ek wil skryf. Ek wil soveel kulture beleef as wat ek kan en soveel moontlik van die wêreld leer ken.

Wat skryf jy?

Ek het ʼn paar idees vir flieks, maar ek skryf meestal gedigte en my eie musiek. Enige iets waaraan ek kan dink. Ek het baie tyd vir skryf terwyl ek reis.

Volg jy ʼn spesifieke skoonheidsroetine?

Glad nie. Ek reis so baie dat ek dikwels my grimering en skoonheidsprodukte by die huis vergeet, maar as ek niks by my het nie, was ek my gesig met seep, warm water en ʼn sagte waslap. Ek probeer om sover moontlik natuurlike skoonheidsprodukte te gebruik, omdat dit beter is, terwyl mens jonk is, om produkte wat nie baie chemikalieë bevat te gebruik.

Wanneer het jou belangstelling in toneelspel begin, en hoe het dit ontwikkel?

Ek wou nooit regtig ʼn model gewees het nie. Ek wou al vandat ek jonk was toneelspeel. Ek het gedink om ʼn aktrise te word moet mens dramaskool toe gaan. Maar modelwerk het eerste oor my pad gekom, toe besluit ek om dit te doen om geld te verdien en om te kan reis. Ek het nooit verwag ek gaan so suksesvol wees nie. Dis was terselfdertyd skrikwekkend en ongelooflik opwindend toe dit gebeur het.

Jy sê modelwerk is skrikwekkend. Maar jy laat dit so maklik lyk?

Dis nie meer skrikwekkend nie. Ek het nooit gedink mense sal my as ʼn model wil gebruik nie. Ek het vreemd gelyk as kind – amper soos ʼn gedroggie. Skoonheid was nooit iets waaraan ek gedink het nie. Vandag sal ek steeds liewer heeldag in my slaapklere rondloop en niks grimering dra nie. Ek hou van skoonheid en is passievol daaroor, maar ek dink nie dis die belangrikste ding in die wêreld nie (lag).

Hoe het modelwerk vir jou begin?

Ek het my eerste fotosessie vir Italiaanse Vogue gedoen toe ek sewe jaar oud was. Ek dink ek het maar ʼn paar fotograwe ontmoet toe ek jonger was, en hulle wou almal foto’s van my neem omdat ek so vreemd gelyk het. Ek het na dieselfde skool toe gegaan met die meisie wie se ma my modelagentskap besit. Sy het my eendag by die skool raakgesien en vir my gesê dat ek deel van haar agentskap moet word. Ek was gelukkig genoeg dat dit gebeur het.

Hoe voel dit om jouself in al daardie advertensies te sien?

Dit voel nie regtig soos ek nie. Dis ʼn rol wat ek speel. Ek doen dit nou al so lank, dat dit al effens vervelig geword het. Modelwerk leer mens nie om as mens te groei nie. Dit fokus net op wat ekstern is. Maar dis die dinge wat intern is wat regtig belangrik is.

Hoe hanteer jy roem?

Ek weet nie of ek dit goed hanteer nie. Dis iets wat op jou gedwing word. Dis buite my beheer. Ek is baie lief vir my privaatheid, maar daar is sekere opofferings wat mens moet maak. Ek gebruik sosiale media om mense in te lig oor my lewe. Ek probeer om altyd baie eerlik te wees oor wat ek opsit. Ek het gehoop dat ek die paparazzi sal vryspring as ek dit doen. Dit is nie altyd pret nie, maar ek weet dat ek gelukkig is, en sal dit vir niks verruil nie.

Jy kom uit ʼn prominente Britse familie?

Is hulle prominent? Hulle is prominent in my lewe.

En Joan Colling is jou peetma. Vertel ons van jou kinderjare?

Ek het ʼn ongelooflike kindertyd gehad. Ons het baie op vakansie gegaan, veral na die suide van Frankryk om vir my peetma te gaan kuier. Maar ek het nooit die Londense sosiale lewe verstaan nie. Ek het niks daarvan gebou nie. Ek moes altyd vriende gemaak het met my ouers se vriende se kinders en ek het dit gehaat. Ek wou self my vriende kies. Ek het ook nie daarvan gehou om na perderesies toe te gaan nie. Ek wou eerder in die woud speel en boomhuise bou en met diere speel. Ek was bietjie van ʼn wilde kind gewees. Ek het nie daarvan gehou om mooi aan te trek nie. Ek was ʼn regte tomboy. Ek is baie lief vir my gesin, en vandag is dit die lewe wat ek lei, maar ek is bly dat ek as kind myself daarvan weg gehou het. Toe ek elf jaar oud was het ek in ʼn koshuis gaan bly op die platteland. Ons het met diere gewerk en geleer om brood te bak, en musiek en gedigte geskryf. Daar was nie sprake van ontwerpershandsakke nie (lag).

Waar het jy die meeste geleer?

Ek leer die meeste uit foute. Ek het al baie foute gemaak. My familie het al baie foute gemaak. Ek sou sê dat foute die een ding is wat my al die meeste geleer het in my lewe. Joga en meditasie is ook iets wat my baie help. Dit het my geleer om tyd vir myself opsy te sit en na myself om te sien. Dit het my geleer om myself te leer ken en vir myself lief te wees.

Hoe bly jy fiks?

Ek dink goeie gene en my ouderdom het iets daarmee te doen (lag). Mense in my gesin is van nature aan die maer kant, ongeag van ons liefde vir eet. Niemand het ooit verstaan waar al die kos heen gaan nie. Stres help ook om kalorieë te verbrand. Ek was nog nooit op ʼn dieet in my lewe nie. Ek eet vyf maaltye ʼn dag. Dit was nog nooit nodig om te kontroleer wat ek in my mond sit nie, maar ek dink dis iets wat sal moet verander soos ek ouer word (lag).

Watter rol speel musiek in jou lewe?

Musiek was nog altyd ʼn groot deel van my lewe – sedert ek klein was. Ek het my ouers gedaan gemaak toe ek jonger was – ek het vreeslik baie energie gehad. Sommige mense het gedink ek is hiperaktief. Ek het net gedink dis wie ek is. Ek het alles geslaan wat ek kon bykom en ʼn vreeslike geraas gemaak. Ek het toe ek nege jaar oud was dromme begin speel. Ritme was baie belangrik vir my gewees. Die ritme van die lewe is amper ʼn soort taal wat bepaal hoe die lewe vloei. Ek het altyd een of ander liedjie in my kop. Almal het ʼn ritme, en dis interessant om uit te vind wat ander mense se ritmes is.

Jy het heelwat tatoes. Het jy enige spesiale stories oor jou tatoes?

Daar is so baie! Die drie sterre op my oor verteenwoordig die Suiderkruis wat op die Brasiliaanse vlag is – dis my gunstelingplek. Ek het dit in Rio gekry. Ek het baie tatoes wat ooreenstem met ander mense. Ek het my ma se naam, Pandora, op my arm. Haar naam is ʼn goeie beskrywing van haar (lag). Die een op my rug het ek in Thailand gekry terwyl ek deur ʼn interessante tydperk in my lewe gegaan het.

Waarsonder kan jy nie klaarkom nie?

Liefde. En joga. Liefde en joga werk hand aan hand vir my omdat joga my geleer het om vir myself en ander lief te wees. Ek dink joga het my emosioneel oopgemaak. Dit maak mens bewus van alles. Dit help mens om dinge wat gebeur te hanteer. Dis die beste ding waarvoor ek kon vra.

Jou suster Poppy Delevingne is ook ʼn bekende model. Het jy enige ander broers of susters?

Ja, ek het twee susters en een broer, ʼn halfbroer.

Is hulle ook in die modebedryf?

Nee, glad nie. My broer het vir Saturday Night Live gewerk en my suster gaan nou haar tweede baba hê. Sy wou ʼn dokter wees, maar toe trou sy en raak swanger (lag).

Is jou lewe regtig so glansryk soos wat dit lyk?

Dit is. Ek is glad nie ʼn glansryke persoon nie, maar tog geniet ek dit. Ek doen dit ook nie die heeltyd nie. My gunsteling tydverdryf is om saam met my vriende te kuier, pizza te eet, en videospeletjies te speel. Ek hou nie daarvan om die heeltyd grimering te dra en op my beste te lyk nie. Dit voel net nie eg nie.

Vertaal deur Hannelie Diedericks

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

4 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

4 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

4 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

4 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

5 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

5 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.