kategorieë: Ons menseBekendes

Caster en Wayde beïndruk weer by IAAF

Wayde van Niekerk het ons trots gemaak by die IAAF-wêreldbyeenkomste in Londen. Ons goue seun het een goue en een silwer medalje verower.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Van Niekerk het tweede gekom in die mans 200m-finaal (10 Augustus 2017). Turkeie se Azerbaijaans-gebore Ramil Guliyev het eerste gekom met 20.09s – van Niekerk was kort op sy hakke met 20.11s. Jereem Richards van Trinidad & Tobago was een duisendste van ’n sekonde agter van Niekerk.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Slegs twee dae vantevore het van Niekerk het so te sê loshande goud verower in die 400m-finaal. Hy het gewen met 43.98s en silwer is deur Steven Gardiner van die Bahamas gewen met ’n tyd van 44.41s. In die derde plek was Abdalelah Haroun (Katar) met 44.48s.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Caster Semenya het derde plek behaal in die 1500m-finaal op 8 Augustus. Eerste plek is behaal deur Kenya se Faith Kipyegon (4:02:59) en VSA se Jenny Simpson was tweede (4:02:76). Semenya se tyd was 4:02:90.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write('
'); }

Sy het eerste plek behaal in die 800m-uitdunronde. Haar landgenoot, Gena Löfstrand het sewende plek behaal in dieselfde item en het agste gekom in die semi-finale op 11 Augustus, met Caster wat daar ook gewen het. Sondagaand, 13 Augustus 2017, het Caster goud behaal in die finaal. Haar tyd was 1:55:16 – die vinnigste wentyd vir die 800m vanjaar (die huidige wêreldrekord is 1:53:28). Sy is gevolg deur Burundi se Francine Niyonsaba met 1:55:92. Ajee Wilson van die VSA was in die derde plek met 1:56:65.

Vanjaar se kompetisietoestande was egter nie maklik vir van Niekerk en Semenya nie. Van van Niekerk se teenstanders (asook buitestanders) het gekla dat die IAAF gunstelinge het en dat hulle van Niekerk probeer aanhelp het om te wen nadat Botswana se Isaac Makwala gediskwalifiseer is uit die 400m-naellope as gevolg van ’n maagvirus. Van Niekerk het na die 200m-wedren vertel dat hy teleurgesteld is in die manier waarop sy teenstanders hom sonder respek hanteer, maar dat hy bewys het dat hy die medaljes verdien omdat hy hard werk en fokus. Semenya is weer blootgestel aan vernederende vrae en gissings oor haar geslag tydens die kampioenskappe. Daar is selfs sprake van verdere toetse en moontlike diskwalifisering. Semenya het wel in ’n onderhoud genoem dat sy by die kampioenskappe is om deel te neem en nie om deel te wees van praatjies en aanklagtes nie. Sy het verder genoem dat sy “nie tyd het vir nonsens nie.”

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

7 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.