kategorieë: Bekendes

Christina Applegate: getroud vir die liefde

Christina Applegate is gemaklik. Sy het altyd ’n uitdrukking in haar oë wat lyk of sy “oh!” uitroep. Jy is nie seker of dit iets goeds of slegs beteken nie, maar dit laat jou glimlag. Haar vermoë om mense te laat glimlag en op hul tone te hou het haar ’n internasionale ster gemaak toe sy maar 16 was.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Haar eerste loopbaantreë was as baba in haar ma se arms in die sepie Days of Our Lives, maar sy het naam gemaak as die dom en losbandige tiener Kelly Bundy in die komediereeks Married … With Children. Sy het die rol tien jaar lank vertolk en het daarna ’n in rits suksesvolle TV-reekse soos Jesse, Samantha Who en Up All Night gespeel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Married … With Children het jy en die meeste hoofspelers suksesvolle loopbane gebou. Hoe het julle dit reggekry?

Ons het ons nie probeer roem op daardie rolle nie. Toe die reeks verby was, het nie een van ons die soort rolle aanvaar wat mense van ons verwag het nie. Ek dink dit was ons redding. Ek moes van Kelly se beeld ontslae raak en wou nie meer daardie soort rolle vertolk nie. Ek dink ons kon ander karakters vertolk omdat die Bundys soveel van ons ware persoonlikhede verskil het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Hoe het dit gevoel om as tiener in so ’n suksesvolle reeks te verskyn – en een waarin die meeste mans jou as ’n sekssimbool gesien het?

Ek het nooit die karakter huis toe geneem nie. Die sekssimbool-ding was glad nie op my radar nie. Ek was ’n regte hippie, baie skaam en het nooit eens grimering gedra nie – heeltemal die teenoorgestelde van Kelly Bundy. Ek het die Kelly-karakter gegrond op iemand wat ek eenkeer in ’n dokumentêre prent gesien het. Ek was ’n maagd terwyl ek die karakter gespeel het – dit was net my geheim. Vir my was alles net toneelspel.

Moes jy ooit vreemdelinge se verwagtinge vanweë die Kelly-karakter hanteer?

Nee, gelukkig nie. Ek het nog altyd dieselfde soort vriende gehad. Ek omring my altyd met mense by wie ek gemaklik voel en wat ek vertrou. Ek gaan miskien eenkeer per jaar na ’n tipiese Hollywood-partytjie toe, maar dis nie ’n groot deel van my alledaagse lewe nie.

Jou man is Hollands. Leer hy jul dogter Hollands praat?

Hy het haar al ’n paar Hollandse liedjies geleer. Sadie klink baie beter as ek wanneer sy Hollands praat, sy kry die uitspraak reg. Wanneer ek probeer, kyk my man my snaaks aan.

Wat was jou gunstelingvakansie as kind?

Ek was die enigste kind van ’n enkelouer, en ons het gereeld die pad gevat. Toe ek sewe was, het ons eenkeer Mexiko toe gery en dit was baie pret. My ma het my ook gereeld Manhattan toe geneem en ek onthou hoe ons treingery het, in die strate rondgestap het en na Broadway-vertonings gaan kyk het.

En deesdae?

Ons agterplaas. Ek hou nie daarvan om vreeslik rond te ry as dit nie nodig is nie. Ons het wel onlangs in Cabo San Lucas in Mexiko in ’n villa gaan vakansie hou en dit was nie te sleg nie (lag). Ek hou van seevakansies soos in Kauai, Cabo en die Bahama-eilande.

Wat is die beste en slegste eienskappe wat ons van jou sou ontdek as ons saam met jou op vakansie sou gaan?

My slegste eienskap is dat ek verseg om enigiets te doen wanneer ek op vakansie is (lag)! Tot dusver het ons drie of vier keer saam met ons dogter vakansie gehou. Ek vat altyd ’n kinderoppasser saam. Ek is vreeslik lief vir my kind, maar weier om te beweeg wanneer ek op die strand gaan lê. Ek sal heeldag baie gelukkig op een plek kan bly lê. Ek wil nie rondloop en plekke sien nie. Ek wil net lê terwyl mense vir my goed aandra.

Ek wil ook nie op ’n plek gaan bly waar ek moet kook en huis skoonmaak nie. Ek doen al daardie goed by die huis, dis nie vakansie nie. Ek het ’n kind en moet heeldag kos maak. Ek wil ook na ’n strand toe gaan waar daar glad nie branders is nie en waar die water warmer as die lug is.

Ons het eenkeer ’n Europese vakansie beplan om my man se familie te besoek, maar toe word ons huis in ’n vloed beskadig en kon ons dit nie meer bekostig nie. My beste eienskap? Dat ek niks wil doen nie (lag)!

Hoe lyk jou ideale man?

Ek hou van lang, maer punk-rockers. Dié tipes het my van jongs af aangetrek. My eerste man het nie in die kategorie geval nie. Ek hou meer van die alternatiewe soort ouens. My man is my droomman. Ek het van hom gedroom toe ek 13 was! Ek het gedroom van ’n punk-ou wat van ’n ander land af kom. Twintig jaar later het ek hom ontmoet en ons is getroud. Ek is mal oor my getatoeëerde punk-rocker van Amsterdam!

Waar het julle mekaar ontmoet?

Ek en vriende het in 1994 in ’n kroeg gesit toe hy instap – lank, maer, bruin T-hemp en wit gebleikte hare. Ek was dadelik mal oor hom. Ons was ’n jaar lank goeie vriende maar toe skei ons paaie. In 2008 het ons mekaar weer by die Children’s Hospital raakgeloop toe ons albei as vrywilligers vir Art of  Elysium gewerk het.

Hy het vir die kinders musiek gemaak en ek het kuns saam met hulle gedoen. Ek het  hom nie dadelik herken nie, want hy het baie branderplank gery en was bruin gebrand en sy hare was sy natuurlike blonde kleur. Sedertdien is ons saam.

Het jy en jou ma dinge saam gedoen wat jy eendag saam met jou dogter wil doen?

Ons het gereeld Magic Mountain (’n speelpark) toe gegaan en op roller coasters gery. Ek sien uit daarna om dit eendag saam met Sadie te doen. My ma het my danslesse laat neem vandat ek drie was. Sy wou hê ek moet ’n positiewe liefde vir iets kweek wat ek vir altyd sou hê. Dans is helend en kan jou help om aan die daaglikse ellendes te ontsnap, want wanneer jy dans, fokus jy net op jouself.

Ek staan vas daarby dat Sadie ook moet dans. Ek sê vir haar sy sal later daaroor dankbaar wees en dat sy dit sal berou as sy nou ophou. Ek is ’n regte dans-ma. Sy sê gereeld sy is nie lus om te gaan nie, maar wanneer sy daar kom, is dit asof iets in haar ontwaak.

Het jy enige vrese vir jou dogter?

Nee. Sy is baie sterk en slim. Sy is atleties, kreatief en snaaks. Sy hou van sing en dans en hou gereeld vir ons vertonings. Sy doen ook gimnastiek en speel sokker. Sadie het ’n sterk willetjie en dis soms moeilik om dit te hanteer, maar ek weet my meisiekind sal na haarself kan omsien, en dit maak my gelukkig. Ek het net een reël: Doen wat ek sê (lag)!

Hoe het ma-wees jou verander?

Al wat verander het, is dat ek die meeste van die tyd super-moeg is. My dag begin vroeg en spring met ’n spoed weg. Dis asof ek uit ’n kanon geskiet word en  12 uur aaneen moet hardloop. My dogter is my prioriteit en ek kry nie tyd om aan myself te dink of bekommerd te wees nie.

Dis baie interessant wanneer dit gebeur, veral as jy 39 jaar lank net op jouself gefokus was. Dan kom jy agter wat ware liefde sonder enige verwagtinge beteken – behalwe as sy nie na my wil luister nie, dan wankel die verhouding effens (lag).

Deel
Gepubliseer deur
Nicole Kemp

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

21 hours Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 day Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 day Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 day Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.