kategorieë: InspirasieJou lewe

Clarissa Pinkola Estés se boodskap vir Suid-Afrikaners

Die rooi rose-redaksie het om die vergadertafel besluit dat ons graag ’n Beeld van ’n vrou-artikel aan dr. Clarissa Pinkola Estés wou wy. Dié sonderlinge vrou het grootgeword in ’n immigrante-familiekring waar niemand vlot kon lees of skryf nie en vir wie Engels hul derde taal was. Dit het haar egter ’n grondige blootstelling aan die mondelinge tradisie gegee en sy het stories met haar moedersmelk ingekry. Sy is ’n bobaasstorieverteller of cantadora – lees gerus haar boeke of luister na haar CD’s, uitgegee deur Sounds True.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Dr. Estés ken swaarkry, onder meer as ’n enkelma. In haar sewentig plus jare het sy ’n stem geword vir miljoene vroue en getraumatiseerde mense – ook mans: “The soul has no gender.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die ding was: ons sou foto’s nodig hê vir Beeld van ’n vrou. En foto’s van dr. Estés is skaars. Na ’n vergeefse foto-soektog het Melissa Jade-Fourie van ons produksiespan daarin geslaag om dr. Estés se e-posadres in die hande te kry.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Weke later was daar ’n antwoord … in dr. Estés se kenmerkende sieldeurdrenkte styl. Sy het geen foto’s nie behalwe een wat dertig jaar oud is (foto hierbo) en wat op die omslae van al haar boeke gebruik word: “In my traditions, the making or selling of personal photographic images of ourselves is not usually done, for many reasons.” Dié foto is boonop net in lae resolusie beskikbaar, wat nie op ons glansblaaie gebruik mag word nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die boodskap

Die res van die e-pos het ’n boodskap vir Suid-Afrikaners bevat. Hier is dr. Estés se woorde:

My familiarity with South Africa is through stories of Madiba/Nelson Mandela, whom my son was a body guard for when he came to Canada some years ago. Also through AB Desmond Tutu, whom I shared the stage with at the big book expo in the United States. He and his wife are beyond lovely. And from my long distance students who live in Africa and speak Afrikaans and English.

My prayers for you and the people of South Africa have streamed across the ocean, along with all the prayers of my old ladies and old men cohorts. I pray for Mother South Africa for what has been struggle and triumph, for what struggles and triumphs are right now, for what striving for triumphs is yet to become in South Africa.

South Africa is a place of such beauty, such talent, such creative life, such diverse people, such history, such suffering and such ever leaping hope and belief in the Sacred Heart, by many many names.

Wishing you all the best, siempre, always.

With loving prayer,

dr.e

Lees nog van dr. Estés se besielende boodskappe op haar Facebookblad

Deel
Gepubliseer deur
Mariette Snyman

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

4 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.