Bestanddele
- 8 lang middelslagpatats, geskrop en in die lengte middeldeur gesny
- 60 ml olyfolie
- 8 lourierblare
- ’n hand vol tiemietakkies
- 300 g botter
- sout
Metode
Voorverhit die oond tot 180 °C.
- Verhit die olie in ’n middelslag-pan en braai die patats daarin tot goudbruin alkant.
- Geur met sout.
- Skep uit en sit in ’n oondpan, laat effens afkoel.
- Sny ’n keep in die lengte van elke patat en druk 2 lourierblare en ’n paar tiemie-takkies daarin.
- Skep die botter in die pan en bedek met foelie.
- Bak vir 30 min. of tot sag en gaar. Sit warm met die lamsvleis voor.