Genoeg vir 4
4 patats
sout en gemaalde swartpeper
30 ml (2 e) olyfolie
Sous
3 knoffelhuisies, gekneus
5 cm gemmer, fyn gerasper
125 ml (½ k) sojasous
125 ml (½ k) heuning
1,5 kg gerookte varkribbetjies
Voorverhit die oond tot 180 °C.
1 Was die patats en sny in kwarte. Pak in ’n groot oondpan, sprinkel olyfolie oor en geur met sout. Bak vir 15 min. en haal uit die oond.
2 Meng intussen al die sousbestanddele en meng deur die ribbetjies – laat lê die ribbes in die sous vir ’n paar minute. Skuif die patats eenkant toe en pak die ribbetjies op die ander kant van die oondpan.
3 Bak vir 20 min. saam met die patats tot goudbruin en taai. Sit voor met klam lappies vir taai vingers.