kategorieë: Ons menseBekendes

Ons gesels met Corlea Botha & haar ma

Sy is ma en bestuurder van ’n topsangeres. Nie altyd maklik nie, sê Mesadi Botha, Corlea se ma, steunpilaar, geesgenoot en bederwer van formaat. As bestuurder is sy soms strenger, maar die moederhart is dalk ’n bietjie toegeefliker, sê dié “ondersteuningstelsel” van die sangeres met die goue stem.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

“As jy professioneel wil wees, moet jy alles in jou vermoë doen om dit so te hou. As ma laat ek soms ’n bietjie slap lê! Ek laat haar maar soms later slaap, of sommer net ure na DVD’s kyk, of saam met vriende en familie kuier.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Corlea sê daar is ’n fyn lyn tussen Mesadi die ma, en Mesadi die bestuurder.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

“Dit kan wrywing veroorsaak as daar nie kommunikasie is nie. Ons verstaan mekaar goed en kommunikeer soms net met ons oë.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

“Dit kan wrywing veroorsaak as daar nie kommunikasie is nie. Ons verstaan mekaar goed en kommunikeer soms net met ons oë.”

Sy besef haar ma, sowel as haar bestuurder, wil net die beste vir haar hê. En sy is tevrede daarmee, al is dit nie noodwendig altyd wat sy wil doen of hoor nie!

Corlea se ouers is geskei toe sy 15 was, maar haar dogter was volwasse genoeg om dit te kon hanteer, meen Mesadi. Mesadi, Corlea en pa Koos is ’n goeie span en gesels steeds oor haar besluite.

“Ek en Corlea reis meestal alleen na optredes. Sy pak die tasse. Sy kan netjies pak! Soos enige span verskil ons soms, maar is professioneel genoeg om nie toe te laat dat dit inmeng met wat gedoen moet word nie. Elkeen weet presies wat sy moet doen en hoe om dit te doen. Dis soos ’n geoliede masjien. Dit werk omdat ons professioneel kan bly, maak nie saak wat die persoonlike omstandighede is nie. Dis baie belangrik, veral voor kliënte!”

Mesadi bestempel haarself as ’n sterk mens. “Ek het baie uithouvermoë en sal deurdruk tot alles gedoen is wat gedoen moet word. Ek moet as bestuurder sterk wees. Mense probeer jou soms uitbuit, of wil jou in ’n blik druk en dan moet jy jou moet vinnig en hard dwars sit. Dis nie altyd lekker nie, maar dis deel van die werk.”

Corlea bewonder die presiese manier waarop haar ma werk. “Dit help my baie! Ek is nie ’n admin-mens nie en sal agter raak met dinge. My ma doen alles in die fynste detail.” Corlea het soveel mooi kleintydherinneringe aan haar ma.

“My ma is baie dramaties. Sy het as tiener ’n hoofrol in ’n Afrikaanse fliek losgeslaan, maar haar pa wou hê sy moet eers klaarmaak met skool. Sy het my ook geleer om die emosies van liedjies reg te verstaan. Sy leef haar behoorlik in die lied in! Wat ook al die emosie op my gesig moet wees, is op hare ook!

“Kleintyd het sy het my soos ’n poppie aangetrek. Strikke, linte, valle. Ek is getooi met alles waarmee ’n meisietjie getooi moet word. Sy het vir my mooi rokkies en pakkies gemaak. Dit was vrek oulik en baie deftig! Ek was vir seker A living porcelain doll! Seker waar my voorliefde vir mooi klere vandaan kom.”

Sy onthou hoe mense in die kerk se koppe gedraai het wanneer sy in die paadjie afstap.

“Oe, en my ma het my vrééslik bederf! Sy het my Skapie-mê genoem – ek het ’n plaat van Mynie Grové se kinderliedjies gehad – en sy noem my steeds soms so!”

Mesadi het Corlea se skoolklere in die winter soggens in die tuimeldroër gesit sodat dit warm is wanneer sy dit aantrek. Sy is met koffie in die bed bederf.

Daar is geen twyfel dat Corlea die sentrale punt van Mesadi se bestaan is nie. Sy het van kleins af haar dogter se talent raakgesien.

“Sy was drie toe ons eendag in die kar ry en sy uit die bloute saam met Don Williams begin sing. Ek en haar pa se oë het groot gerek toe ons hoor hoe mooi sy sing en hoe nootvas sy is! Ons het besef sy het talent.

“Ons het haar vir klawerbord- en sanglesse geneem van sy vyf was. Sy kon nog nie lees nie en ek moes haar help om die woorde te leer. Gelukkig was sy ’n intelligente kind en gretig om te leer. Sy het die woorde geken nog voor ons terug by die huis was.”

Corlea was vyf toe sy die eerste keer voor ’n gehoor opgetree het. “Sy het ná daardie eerste optrede geweet sy voel tuis op die verhoog en dis wat sy wil doen. Sy het op sewe vir die destydse TRUK gesing. Eers in La Bohème en daarna as die klein Gretl in Sound of Music. Sy wou toe met alle geweld ’n operasangeres word en het eers later besluit sy wil alle genres sing.”

Mesadi het elke week vele kilometers gery om Corlea na haar sang- en musieklesse te neem. Sy het aan elke denkbare kompetisie, Eistedfodd en kunswedstryd deelgeneem.

“Gewoonlik in soveel moontlik kategorieë. Sy het aan meer as veertig deelgeneem en is in byna almal as die wenner aangewys. Sy kon kies of sy wou deelneem of nie. Indien sy nie wou nie, het ons haar nie gedwing nie.”

Corlea sê hulle sou saam ’n spesifieke kompetisie of optrede oorweeg, en haar gevoelens en menings is altyd in ag geneem voor hulle as gesin ’n besluit geneem het.” Mesadi het Corlea ook met die druk van die verhoog gehelp. Veral hoe om beoordelaars en kritici te hanteer.

“Ek het vir haar verduidelik dat party mense meer van appels hou en ander dalk meer van pere. So ook die beoordelaars. Sommige gaan baie van haar stem en liedjies hou, ander minder. Dit beteken nie dat sy nie mooi sing nie.

“Dit was vir my lekker as ander haar talent raaksien. Ek het geweet haar drome sal eendag bewaarheid word.” Mesadi het besef haar kind is meer gedrewe as ander kinders.

“Dit was vir my lekker as ander haar talent raaksien. Ek het geweet haar drome sal eendag bewaarheid word.”

“Sy was vies as die sangjuffrou nie elke week vir haar ’n nuwe liedjie gegee het nie. So ook met die klawerbord. Op skool was sy altyd een van die uitblinkers. Sy het aan alles moontlik deelgeneem en ons moes goed beplan sodat sy by alles kon uitkom. In haar graadtweejaar het ons agt tot twaalf maande lank elke dag Staatsteater toe gery vir die repetisies en optredes vir TRUK.”

Corlea het op Delmas skoolgegaan. Ná skool het Mesadi haar opgelaai en op pad Pretoria toe moes sy in die motor eet en aantrek, anders was hulle laat.

“Sy het elke aand tot minstens tienuur geoefen en dan is ons eers huis toe. Nie eenmaal sou sy sê sy is moeg nie, of wil dit nie meer doen nie! Dis al wat sy wou doen … sing.”

Corlea se program was so vol dat haar ouers later op tuisonderrig besluit het sodat sy al haar bedrywighede kan inpas. “Sy het baie hard gewerk en meer as een jaar se werk in ’n jaar voltooi. In haar graadnegejaar het sy matriek voltooi. Sy het besluit skoolwerk hou haar net terug. Sy wil voltyds sing.” Mesadi moes bystaan met wyshede wanneer dinge te veel raak.“Ek moes haar leer dat talent en harde werk hand aan hand loop. As jy weet jy het jou bes gedoen, is dit goed genoeg.”

Sy het haar ook geleer sy het ’n godgegewe talent wat niemand van haar kan wegvat nie, maar dat sy ’n verantwoordelikheid het om dit reg te gebruik en op te pas.

“Sy moes leer dat sy, waar sy kan, ander wat wil sing moet help en dat dit ’n voorreg moet wees om terug te gee van dit wat sy geleer en ontvang het. Sy moes ook leer dat almal nie altyd van jou, of van wat jy doen, gaan hou nie, maar dat dit oukei is.”

Corlea is dankbaar vir haar ouers se wyse raad en benadruk dat sy daarsonder nie sukses sou kon behaal nie.

“My ma het my geleer dit maak nie saak of jy voor twee of twintig duisend mense sing nie – as jy net een mens aangeraak het met jou talent en menswees beteken dit baie meer.”

“My ma het my geleer dit maak nie saak of jy voor twee of twintig duisend mense sing nie – as jy net een mens aangeraak het met jou talent en menswees beteken dit baie meer.”

Omdat sy en Corlea so na aan mekaar is, breek dit haar hart as haar kind oormoeg en oorwerk is. As ma en bestuurder is dit moeilik om ’n middeweg te vind om haar te beskerm. Daar is een reël wat ma en dogter nie verbreek nie en dit is dat Mesadi haar na alle optredes vergesel. “Dit gee my die geleentheid om dingetjies te kan doen wat dit vir haar makliker maak, soos om die motor te bestuur, te sorg dat die lys van haar vertoning vir die klankman geskryf is en om die water en eetgoed reg te hou. Ek help met die CD-verkope en met die verandering van haar kostuums.”

Corlea is dankbaar dat haar ma die pad saam met haar gestap het vandat sy die eerste keer as kleuter op die verhoog
gestaan het.

“Sy sê steeds vir my na elke vertoning: ‘Jy het mooi gesing, my kind.’ Asof dit my eerste vertoning was. Net dit beteken meer as enige van die werk wat sy as bestuurder, agent of toerbestuurder doen. ’n Ouer se vertroue in jou kan nie vervang word nie.”

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

5 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

5 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

6 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

6 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

6 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

6 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.