Dankie aan die wingerde

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts en verskaf

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die KWV Cathedral Cellar-wynreeks het onlangs hierdie dankbaarheid met ’n oesfees in die pragtige Cathedral Cellar met sy kleurvolle loodglasvensters in die Paarl gehou. Dit het die amptelike einde van die 2023-oes gevier, maar ook die oorgee van die aflosstokkie: van die wingerdspan na die wynmaakspan. Die Cathedral Cellar-oes was bykans drie maande lank: van 9 Januarie tot 29 Maart.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Gaste is ontvang met ’n glasie Cathedral Cellar Sauvignon blanc 2021, terwyl almal voor middagete gesels het.
Die hele kelder met sy pragtige houtvate as agtergrond, is met proteas, ander fynbos en kerse versier.

En wie dan nou beter om die “dirigent” van so ’n luisterryke viering te wees, as Mynhardt Joubert, glanssjef, kookboekskrywer en die KWV-ambassadeur. Die historiese en argitektoniese pronkstuk is in 1930 gebou en spog met ’n dramatiese ronde dak en loodglasvensters, wat die indruk van ’n groot katedraal skep.

Die kelder se mure is belyn met ’n indrukwekkende versameling reuse wynvate, met die kapasiteit om 12 000 liter kosbare vloeistof te hou. Die geskiedenis van die Suid-Afrikaanse wynbedryf is met sorg op sommige hiervan uitgekerf, wat ’n kreatiewe kinkel aan hierdie merkwaardige ruimte verleen.

Reg vir ’n feesmaal met die beste Cathedral Cellar wyne. Leë KWV wynbottels is platgesmelt om die verskillende botters, kaas en vyemarmalade wat met die schiacciata-platbrood bedien is, te vertoon.

Dit is in 2018 formeel geopen as ’n privaat eet- en geleentheidsruimte, onder Mynhardt se toesig.

Sy dankseggingspyskaart het onder meer Italiaanse-styl schiacciata-brood (gemaak met Cabernet Sauvignon-druiwe), ikoniese kerrie-ingelegde geelstert, witwyn-Provensaalse lamskenkels met groen olywe en artisjokke, asook dekadente Pinotage-sjokoladekoek met donkersjokolade-ganache en seesout.

Die Italiaanse-styl schiacciata-brood (gemaak met Cabernet Sauvignon-druiwe).

“Elkeen van hierdie disse vertel ’n baie spesiale storie”, het Mynhardt aan gaste vertel. “Die schiacciata-platbrood, wek ’n gevoel van samehorigheid, aangesien gaste ’n stukkie van die brood moet breek en om die tafel deel. Dit is saam met die verwelkoming-Sauvignon blanc bedien.

Mynhardt het aan gaste gesê dat leë KWV wynbottels platgesmelt is om die verskillende botters, kaas en vyemarmalade wat met die schiacciata-platbrood bedien is, te vertoon.

“Die ingelegde vis het so ’n diep- gewortelde kulturele basis in ons Suid-Afrikaanse samelewing, en sy reuk so sinoniem met Paasfees en sy familiale verbintenis. Die land se beste piekelvis-maker werk in my kombuis – Corlien Mcgee – en sy het vandag se dis vir julle gemaak. Dit is saam met die Chardonnay 2022 bedien.”

Ikoniese kerrie-ingelegde geelstert is deur die land se beste piekelvis-maker - Corlien Mcgee – vir gaste gemaak.
Ikoniese kerrie-ingelegde geelstert is met die Chardonnay 2022 bedien.

Gaste kon toe smul aan die heilsame lamskenkel wat die kouer wintermaande inlui, en dit is so ‘n gepaste maaltyd om in die herfs te eet as ons die somer vaarwel toeroep. Die Cathedral Cellar Triptych 2020 is daarmee bedien. Die druiwe vir hierdie versnit kom van wingerde eweredig verdeel tussen Stellenbosch, Swartland, en Paarl en die wyn is ’n versnit van Cabernet Sauvignon, Shiraz, Malbec, Petit Verdot, en Durif.

Laastens het gaste die pinotage-koek geniet wat saam met die Pinotage 2020 bedien is.

Gaste kon toe smul aan die heilsame lamskenkel wat die kouer wintermaande inlui, en dit is so 'n gepaste maaltyd om in die herfs te eet as ons die somer vaarwel toeroep. Die Cathedral Cellar Triptych 2020 is daarmee bedien. more
Laastens het gaste die pinotage-koek geniet wat saam met die Pinotage 2020 bedien is.

Maar voor almal kon wegval aan die smulkos, wyn en geselskap, het Marco Ventrella, die KWV se hoof wingerdboukundige, meer oor die oes vertel.

Sy openingstellings: “Aanvaar die werklikheid en reageer daarop, eerder as op wat jou verwagting daarvan is.

“Verwagtinge is wrewels met voorbedagte rade. Bestuur jou emosionele reaksie en spring aan die werk. Doen die volgende regte ding en;

“Beheer is ’n illusie. Leer om aan die werklikheid oor te gee en daarvolgens op te tree,” het die aandag gevang.

Hy het tereg gesê dat gaste sou kon dink dat hy sy oesverslag verplaas het en ’n uittreksel uit ’n voorlegging by ’n jogakongres voorhou. “Ek het nie. Hierdie is maar enkele lesse wat hierdie oes ons as wynprodusente, werkers en wynmakers geleer het. Dit was ’n oes van persoonlike groei; gebore uit struikelblokke, uitdagings en nuwe paradigmas. Maar dis ook die lewe.”

Water en die gebrek daaraan aan die begin en oorvloed aan die einde, met sporadiese verskynings hier en daar, was beslis die hoofkomponente van hierdie oesjaar.

“Die eintlike dam in die Wes-Kaap is die grond,” het hy gesê. “Dus, wanneer ons 50% minder water ontvang as waarop ons gedurende die vorige jaar gehoop het, begin ons ’n oesjaar met ’n watertekort. Dit lei tot ’n vroeër aanvang van wingerdstremming wat die seisoen vinnig kan bemoeilik. Gevolglik het ons in 2023 met baie kleiner bessies en trosse en ’n aansienlik ligter opbrengs geëindig – waarskynlik die kleinste wat ons in 15 jaar gesien het.”

Gelukkig is dit wat wel in die kelder wag, van uitstaande gehalte.

Tanya Blokdyk, KWV handelsmerkbestuurder, het gesê altyd “wow” om in die katedraalagtige kelder te kuier en altyd “wow” om te sien wat Mynhardt vir gaste voorsit.

“Oestyd is die openingsparagraaf van ’n wyn se storie. Dit is hoekom ’n tyd van danksegging aan elke hand, reëndruppel en gesonde bessie noodsaaklik is, om die jaar te omhels en elke wyn wat hieruit volg. Met die oeshoofstuk vir eers afgehandel, sien ons uit na die wyne se ontwikkeling in die kelder soos die res van hul stories ontvou.”

Justin Corrans, KWV se hoofwynmaker, het gesê hy het tydens die oes gewonder: “Wanneer gaan ons weer ’n ‘normale’ oes hê?” Dan kyk hy terug oor die vorige jare se oesnotas, en besef elke oes het sy uitdagings en mens is nie meer seker wat normaal vir die Wes-Kaap is nie.

“Mynhardt se intieme kennis van ons wyne en sy kos-keuses bring die beste in ons wyne na vore wanneer hy dit met die regte disse pas word. En dis die regte manier om dankie te sê vir ’n oes waarvan die wyne heerlik is.”

Justin Corrans, KWV se hoofwynmaker, Tanya Blokdyk, KWV handelsmerkbestuurder en Marco Ventrella, die KWV se hoof wingerdboukundige.

Marco se oesverslag was eerder poëties as vol statistieke en vervelige tendense en beslis iets om te ervaar. Lees gerus die hele verslag hier.

Lees ook: Nuutste oesjaar van Durbanville Sauvignon blanc pas vrygestel

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Is jy ’n perfeksionis? Hoe vind jy balans?

Deur Maretha Botes Perfeksionisme is ’n tweesnydende swaard. Aan die een kant motiveer dit jou…

15 hours Gelede

Besoek Stellenzicht se unieke ekowyn-pod vir ’n uitsonderlike wynproe-ervaring

Soos jy aankom, word jy deur welige wingerde en groen heuwels begroet. Die wyn-“pod” self…

18 hours Gelede

Geurige roerbraairys

Hierdie geurige roerbraairys kry die lekkerste dadel-en-sjerrie-hoender by.

20 hours Gelede

Die beste gebruik van herfsblare in jou tuin

Die helder skakerings van oranje, rooi, geel en bruin blare gedurende die herfs is werklik…

22 hours Gelede

Leer jou breipatrone beter verstaan

Ons deel breilesse uit ons argiewe.

2 days Gelede

Gebruik oogomlyner vir langer wimpers

Nie almal is geseënd met lang wimpers óf weet hoe om vals wimpers aan te…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.