kategorieë: WenkeHareSkoonheid

Definieer jou krulle

Waarom wil jy jou hare beskadig deur jou krulle reguit te blaas? Definieer dit eerder so:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Stap 1
Wend ’n produk wat krulle definieer op klam hare aan.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write('
'); }

Stap 2
Draai stringetjies hare om jou vinger om ekstra definisie aan die krulle om jou gesig te gee.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write('
'); }

Stap 3
Steek die krulletjies met ’n haarknippie om jou gesig vas en laat dit inbly terwyl jy grimeer of aantrek.

Stap 4
Haal die knippies uit en wend serum aan om daardie los, kroeserige haartjies te tem.

Wenke vir krullerige hare:

• Laat jou hare natuurlik droog word – haardroërs kan jou hare verder uitdroog en dit laat kroes.
• As jou hare deur die loop van die dag sleg begin lyk, maak jou hande nat en trek dit deur jou hare. Die water reaktiveer weer die produk.
• As jy jou hare heeltyd reguit maak, verloor jy definisie in jou krulle. Dit sal ’n rukkie duur voordat dit weer soos vroeër krul.
• ’n Ligte haarkleur kan jou krulle droër laat lyk.Gebruik ’n bevogtigende sjampoe
• Krulle lyk die beste as dit natuurlik gelos word. Jou borsel moet net in die stort gebruik word: Kam die koeke ná ’n was uit terwyl die opknapper nog in jou hare is. Spoel daarna met koue water af en gebruik opknapper wat jou hare voed en glans gee.

Probeer gerus hierdie produkte

Marc Anthony Strictly Curls Shampoo & Conditioner

Redken Ringlet (by uitgesoekte salonne)

Lees ook: Werk só met fyn hare

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

22 hours Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

1 day Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

1 day Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

1 day Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

1 day Gelede

Gure voorspellings vir ‘Suidooster’ – en die Kaapse Dokter speel met niemand nie!

  Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.