kategorieë: DekorLeefstyl

Dekor: kies ’n blou kombuis

As jou idee van ontspanning ’n naweek by die swembad of die see beteken, oorweeg blou bykomstighede vir jou kombuis. Jy kan kies tussen waterige turkoois, meer formele vlootblou of my gunsteling, duifeier-blou. Daar is baie maniere om hierdie stres-ontladende kleur in jou kombuis te verewig.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Soms neig ons weg van blou in die kombuis. Blou blyk ’n aptyt-onderdrukker te wees as gevolg van die afwesigheid van die kleur in ons kosse. Afhangende van hoeveel jy oortree het die laaste tyd, is dit dalk nie ’n slegte idee om oor te slaan na hierdie kleur nie! Maar as jy steeds lief is vir blou, is daar soveel elektriese toerusting en kookgerei daarbuite in hierdie hemelse kleur.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Jy kan met die nuwe ontwerpe jou kombuis ten volle afrond met bykomstighede in die perfekte skakering.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

5 elektriese bybehore wat jy in jou kombuis moet hê

  • Ketel
  • Menger
  • Voedselverwerker
  • Broodrooster
  • Elektriese klitser

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Belê in goeie potte

Esteties is Le Creuset se verskeidenheid potte ’n lus vir die oog en ook van hoë kwaliteit. Tog is daar heelwat meer bekostigbare potte beskikbaar. Dalk nie in ’n reënboog van kleure nie, maar wel van goeie gehalte.

Hoe kies ek goeie potte?

  • Vlekvrye staal is langdurig, klassiek en hierdie produk sonder ’n bolaag is ’n goeie keuse vir verbruining.
  • Kleefvrye potte en panne kan delikate voedsel soos eiers en pannekoeke moeiteloos gaarmaak.
  • Gietyster met emalje is ’n wenner. Dit is effe swaarder om te hanteer, maar tydloos al is dit effe duurder.

Verskaffers

@Home: 0860 576 576
Le Creuset: 086 177 3321
Yuppiechef: yuppiechef.com

Deel
Gepubliseer deur
Cornel Dunn

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

7 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

7 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

7 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

7 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.