kategorieë: Bekendes

Nuwe hoop vir Pippie

Pippie het die volk se harte aangegryp nadat sy verbrand het toe vuuraansteekjel ontplof het. Haar wonde is ses maande deur ’n Johannesburgse plastiese chirurg, dr. Ridwan Mia, versorg voor hy geskiedenis gemaak het met die eerste operasie in Suid-Afrika om vel wat in ’n laboratorium gekweek is, oor te plant. Dit het Pippie se herstelproses ’n geweldige hupstoot gegee.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Anice het sedertdien onverpoosd aan haar kind se terapie gewerk. Sy het van die unieke program van die Family Hope Centre in Philadelphia, Pennsilvanië gehoor en ’n kursus by hulle gevolg toe hulle Suid-Afrika besoek het. Sy het dié vaardighede intussen met sukses met Pippie gevolg. Pippie se fisieke herstelproses vorder stadig, weens die breinskade wat sy weens vyf hartstilstande na die brand gehad het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Maar die program wat sy met Pippie volg nadat sy die kursus gedoen het, het reeds merkwaardige fisieke verbetering gebring.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

“Hulle maak my lewe die moeite werd en ek sal enigiets doen om beide my kinders te help.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Anice en Pippie gaan nou die sentrum in Amerika besoek waar Pippie geevalueer kan word en waar Anice nog vaardighede sal leer wat spesifiek op haar kind se herstel gemik is. Die program sluit fisiologiese en fisieke programme in. Dit spreek sensories-motoriese stimulasie en terapie op gedragspatrone, begrip en kommunikasie in. Dit stel die ouer in staat om self met haar kind fisioterapie, arbeidsterapie en spraakterapie te doen.

Anice is ’n geweldige toegewyde ma vir Pippie en haar kleinboet Arno (6).

“Hulle maak my lewe die moeite werd en ek sal enigiets doen om beide my kinders te help.”

Deel van die kursus wat sy by die sentrum geloop het, het haar geleer om een uur per dag alleentyd deur te bring.

“Ek voel baie beter vandat ek myself tyd gun. Ek gaan doen inkopies of gaan drink koffie by ’n vriendin.”

Sy kla nooit oor die fisieke inspanning wat Pippie se terapie verg nie. Sy kruip ure aaneen agter haar kind aan en dra haar kind rond.

“Ag, sy weeg nog nie eens 25 kg nie en haar program is vir my geen moeite nie.” Dit is vir haar belangriker dat haar kind se lewenskwaliteit verbeter.

Die Krugers het ’n paar moeilike jaar agter die blad, maar hul kinders se versorging maak elke stappie die moeite werd, sê die dapper mamma.

Vir meer inligting oor die program wat Anice en ’n hele paar ander Suid-Afrikaanse ouers al gevolg het, klik hier

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.