kategorieë: Dra dit soMode

Denimbaadjie: 1 item, 3 maniere

Denimbaadjie: 1 item, 3 maniere deur Bea Lingenfelder en Susra Matthee. Hooffoto: Pexels

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Ons kies dié denimbaadjie van Witchery, R1 198,99, beskikbaar by Woolworths

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hoewel mens soms gedruk voel om elke liewe tendens slaafs na te volg, erken modekenners self dat klassieke items die beste belegging vir jou klerekas is. Wat egter klassiek vir jóú beteken hang af van jou persoonlike styl en wat die beste by die res van jou klerekas inpas. ’n Veilige keuse vir ’n denimbaadjie is ’n noupassende snit van rekbare materiaal, soos hierdie een.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Hier is 3 maniere om jou denimbaadjie te dra.

Denim-op-denim

Denim-op-denim was in die jare negentigs groot, en dit is nou terug met ekstra woema! Moenie bang wees om jou denimbaadjie saam met jeans te dra nie. Hierdie bypassende styl skep vir jou die geleentheid om rond te speel met jou hemde, skoene en bykomstighede. Jy sal verbaas wees hoe veelsydig hierdie tendens stileer kan word. Pak ’n besige dag aan met ’n prettige t-hemp en ’n paar aanglipskoene, of blokhakke as alternatief. Kies ook groot, bonkige oorringe saam met hierdie negentigs-styl wat nou weer terug is.

Denimbaadjie van Witchery (R1 198,99) Woolworths

Noupyp-jeans (R329) H&M

Chanel-hemp (R399) TILONÈ

Aanglipsandaal (R690) Espadril

Oorringe (R299) Woolworths

Skouersakkie (POA) Cape Cobra Leather Craft

Lees ook: Die vleiendste denimromp vir jou figuur

Maksirok

Die maksirok is tydloos, maar sy styl trek elke seisoen ’n “nuwe baadjie” aan – daar is nuwe patrone, kleure of ’n ander snit. ’n Denimbaadjie is die perfekte pasmaat vir enige rok en boonop is die denimmateriaal ook geskik vir daardie tussenin-dae wanneer die onvoorspelbaarde skemerwindjie begin waai. As jy voel jy verloor jou figuur met ’n vloeiende rok en baadjie, kan jy ’n gordel om jou middel bind. Sommige modekenners bind deesdae selfs hul gordels bo-oor hul baadjies vas.

Denimbaadjie van Witchery (R1 198,99) Woolworths

Maksirok (R799) H&M

Geweefde strooisak (R659) Zara

Sonbril van Dolce&Gabbana (POA) Luxottica

Hakskoen (R759) Zara

Dag-formeel

Hoewel denim nie noodwendig as formeel beskou word nie, bewys bekendes soos Cameron Diaz en Reese Witherspoon dat jy maklik jou luukse uitrustings in die dag kan dra deur ’n stylvolle dagvoorkoms te skep met ’n denimbaadjie. Dalk het jy op ’n tyd ’n avontuurlustige blinkerrokkie of -hemp gekoop, maar het nooit die moed om dit te dra nie: Probeer dit eendag vir ’n afspraak saam met gemaklike hakke, ’n groot drasak en jou denimbaadjie.

#rrwenk: Hou jou bykomstighede in hierdie geval eenvoudig.

Denimbaadjie van Witchery (R1 198,99) Woolworths

Silwerrok (POA) Zara

Sterlingsilwer oorringe (R300) Katmeleon

Hakskoen van Charles & Keith (R829) Foschini

Deel
Gepubliseer deur
Bea Lingenfelder

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.