kategorieë: Ons menseBekendes

Deshun Deysel – om Everest te oorwin

Deshun Deysel – om Everest te oorwin deur Anet Schoeman. Foto’s verskaf.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Deshun Deysel was in 1996 deel van die eerste Suid-Afrikaaanse span wat Everest suksesvol gepiek het. Sy was nie self suksesvol nie, maar haar oorwinning was dat sy die eerste swart vrou was wat Everest aangedurf het.

Hoewel Deshun nie self die piek bereik het nie, het sy wel uitstekende ervaring gekry en hoop om volgende jaar as deel van ’n volledige vrouespan Everest te oorwin. Die span bestaan uit vier ervare klimmers en atlete: Deshun, Lisa Gering, Alda Waddell en Tumi Mphahlele. Ronnie Muhl, ervare klimmer en stigter van Adventures Global, bestuur die logistiek van die klim.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

1. Hoekom wil jy weer Everest aandurf?

Ek wil die lig skyn op vroue wat daagliks swoeg en teleurstellings moet oorkom, maar steeds suksesvol is. Vroue het soveel uitdagings in verhoudings, as moeders en sakevroue. Ek klim vir hulle wat uitdagings oorkom en steeds na die piek in hul eie lewens mik.

2. Jy is self ’n entrepreneur?

Dit voel my ek is al 15 jaar besig met ‘n “start-up” onderneming! Daar is vir my soveel ooreenkomste tussen bergklim en jou eie onderneming. Albei het sy eie oorwinnings en teleurstellings. Die geheim is om altyd op jou doel gefokus te bly. So gaan jy wel jou mylpaal bereik.

Deshun Deysel

3. Hoe belangrik is bergklim vir jou?

Ek is eers op 39 getroud en my man het geweet dat bergklim deel van my is. Hy verstaan dat dit steeds belangrik vir my is. Hy sê altyd: “Dis deel van wie en wat jy is.”

Ek het tien jaar af geneem om my twee kinders (nou agt en vyf jaar oud) te kry, maar ander se bergklimsukses het aan my geknaag. Ek het gedog ek sou gouer na my kinders se geboortes kon klim, maar dit het my langer geneem as wat ek gedink het om myself “toestemming” te gee om die kinders by die huis te laat en weer aan bergklimekspedisies deel te neem.

Ek het in 2018 vir die eerste keer na ’n breuk van 10 jaar weer ’n groep teen Kili (Kilimandjaro) uitgeneem.

4. Hoe fiks moet jy wees om berg te klim?

Baie! Mense besef nie hoeveel bagasie jy soms saam met jou dra of sleep nie. Toe ek Denali  (in Alaska) geklim het, het ek 48kg se bagasie gehad. 25kg word op ’n slee getrek, maar ek het self  die ander 23kg op my rug gedra.

5. Is jy deurentyd bewus van die gevaar van bergklim?

Hoogtesiekte is altyd ’n kwessie en party mense sukkel meer met hoogte as ander. Ek sukkel nie so erg nie. Die terrein is natuurlik gevaarlik. Toe ek Denali in Alska geklim het, was dit moeilik om die topografie van die landskap in die ys te sien. Jy is ook nie altyd seker hoe dik die yslaag is waarop jy loop nie.

6. Hoe het jou bergklim begin?

Ek was maar ’n gewone persoon wat onderwys gegee het en sepies in my vrye tyd gekyk het. Tog het ek van kindsbeen af stories oor Sir Edmund Hillary gehoor omdat my ouma ’n groot aanhanger van hom was. Ek het buite Uitenhage grootgeword en boomklim was een van my groot lekkertes waar ek die wêreld van bo kon beskou. Ek het as onnie op ’n staptoer in die Blyde Rivier skielik besef dat dít is waar ek hoort – hoog in ’n berg.

Dit was kort daarna dat ek ’n advertensie in die koerant gesien het waar hul vroue tussen 25 – 55 jaar soek (bergklimervaring was nie ’n voorvereiste nie) om deel te wees van die eerste Suid-Afrikaanse span om Everest aan te durf. Ek was een van die ses vroue wat gekeur is vir die klim.

7. Hoe het jou  aanslag op Everest jou lewe verander?

Ek het tot by Kamp 2 gekom en was die eerste swart vrou in die wêreld wat so ver gekom het. Dit het my lewe verander. Ek het 26 op Everest geword en hierna was bergklim in my bloed. Dis of dit deel van my DNS geword het en ek kan voel hoe die berge my roep. Met my terugkeer het ’n maatskappy my genader om opleiding en ontwikkeling te doen. Ek het ook motiveringspraatjies begin gee. Tog was dit moeilik om geloofwaardigheid te kry. Ek was in ekstase toe ek in 2003 weer die geleentheid kry om Everest aan te durf. Maar die weer het ons in die wiele gery. Dit was ’n “war zone” met wind en sneeu. Ek was vasbeslote om te piek, maar toe my voete vriesbrand kry en amper begin vrot, het ek besef dis onverstandig om voort te gaan.

8. Is bergklim ’n emosionele ervaring vir jou?

Ek is op my gelukkigste in die berge. Die uitgestrektheid en die eindelose horison gryp my  aan. Dit maak my op ’n manier gelukkig wat ek net hoog in die berge kan ervaar.

9. Wat het jy uit bergklim geleer?

Dit leer jou nederigheid. Jy kan nie die lewe aanpak asof jy altyd ’n wenner gaan wees nie. Berge hou jou nugter. As jy dink jy is die “bee’s knees – go climb…” Die berge sal jou vinnig uitsorteer!

Ek onthou ’n groep klimmers (almal mans) wat ek in 2007 tot op basiskamp op Everest geneem het. Hulle was van Brittanje en Australië. Die eerste paar dae het die gesprekke gegaan oor wat hul beroepe was, hoe suksesvol hul was en watter “toys” hulle besit het. By dag vyf was die besprekings oor hoe belangrik familie was. Teen dag nege het mense begin praat oor hoe hulle self ’n verskil kan maak. Dit was vir my opvallend hoe die berg mense nederig maak en ’n lig by hulle aansteek oor wat werklik in die lewe belangrik is.

Bergklim het my ook geleer dat hoewel jy nie alles kan regkry nie, jy alles kan probeer. Dis goed om te onthou dat jy hoogstens 20- 30 minute by die piek vertoef, maar dat die reis twee en ’n half maande voor die tyd begin. Vir my is die reis die hoeksteen van my sukses. As jy só daarna kyk, gaan dit nie saak maak as jy nie die piek bereik nie. Jou reis gaan steeds ’n sukses wees.

Ek sien te veel dat klimmers só op die piek fokus dat hul lewens sin verloor as hul nie suksesvol is nie. Ek wil baie graag die piek bereik, maar ek wil dit nie teen elke prys vermag nie. Soms is ons so besig met “life” dat ons teen die einde van ons lewe net kan terugkyk na “busyness”. Ek wil seker maak dat ek met introspeksie lewe en so ’n dieper insig kry.

10. Hoe hanteer jy teleurstellings?

Ek verwerk teleurstellings moeilik. As dit gebeur gee ek myself toestemming om daaroor te treur en dan kyk ek vorentoe. Groot teleurstellings neem langer om te oorkom.

En die 2020 se ekspedisie?

Deshun het 26 geword op Everest in 1996. En 33 op Everest in 2003. Hopelik sal skeepsreg geld as sy in 2020 haar vyftigste verjaarsdag op Everest gaan vier.

Vir nog inspirerende verhale, loer hier

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

2 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

2 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.