kategorieë: Kos

Die beste burger-souse

Lekker taai burgersous

genoeg vir 4

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

1 Verhit 30 ml (2 e) botter in ’n pan oor matige hitte. Braai 1 ui, in dik skywe gesny, vir 5 min. daarin, of tot sag. Voeg 15 ml (1 e) bruinsuiker by en braai vir nog 5-8 min. of tot gekaramelliseer. Voeg 2 gekapte knoffelhuisies by en braai vir nog 2 min. Gooi 125 ml (½ k) tamatiesous, 5 ml (1 t) sojasous, 5 ml (1 t) Worcestershire-sous, 5 ml (1 t) Tabasco-sous en 45 ml (3 e) bier by en kook vir nog 1 min. tot dit effens verdik.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Klik hier vir die beste frikkadelle en burgerbroodjies

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Allerlekkerste hamburgersous

genoeg vir 6

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

1 Meng 125 ml (½ k) mayonnaise, 2,5 ml (½ t) Sriracha-sous (opsioneel (kry dit by Woolies), 15 ml (1 e) tamatiesous, 15 ml (1 e) soetrissiesous, 10 ml (2 t) Worcestershire-sous, ½ fyn gekapte baba-uitjie, 1 fyn gekapte groot agurkie en ’n hand vol fyn gekapte pietersielie in ’n bakkie.

Sampioensous

genoeg vir 4

Verhit 30 ml (2 e) botter in ’n pan oor matige hitte. Braai 250 g sampioene, 2 gekapte knoffelhuisies en 2 tiemietakkies vir 5-7 min. daarin, of tot goudkleurig. Voeg 30 ml (2 e) brandewyn by en laat prut vir 1 min. Voeg 250 ml (1 k) room en 5 ml (1 t) sojasous by. Verlaag die hitte en laat prut vir 2-3 min. of tot die sous verdik. Geur met sout en swartpeper.

Klik hier vir die lekkerste bolae en bykomstighede

Bruinbotter-hollandaise

genoeg vir 4

Verhit 125 g ongesoute botter in ’n pan oor lae hitte. Laat prut die botter tot ligbruin. Haal van die hitte af en gooi in ’n maatbeker. Sit 2 eiergele en 15 ml (1 e) suurlemoensap in ’n glasmengbak wat knus oor ’n kastrol halfvol kookwater pas. Klits tot baie lig in kleur. Haal die eiers van die kastrol af. Drup die botter in die eiermengsel en klits deurentyd tot die sous dik en romerig is. Geur met sout en swartpeper.

Sjerrie-en-bloukaas-sous

genoeg vir 4

Verhit 30 ml (2 e) botter in ’n pan oor matige hitte. Voeg 15 ml (1 e) koekmeel by en roer tot glad. Voeg 250 ml (1 k) room en 10 ml (2 t) sjerrie by. Verlaag die hitte en klits tot die sous verdik. Kook vir 1 min. Trek van die hitte af en voeg 50 g bloukaas by. Roer totdat die bloukaas gesmelt is.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

9 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.