kategorieë: Kos

Pofpannekoeke

Genoeg vir 4

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

• 50 g botter
• 4 appels, geskil en in kwarte gesny
• 45 ml (3 e) bruinsuiker
• 5 ml (1 t) vanieljegeursel
• 15 ml (1 e) suurlemoensap
• 125 ml (½ k) bloubessies
• 125 ml (½ k) frambose
• 90 g meel gerasperde skil van 1 suurlemoen
• 30 ml (2 e) suiker
• ’n knypie sout
• 4 eiers, geskei
• 180 ml (¾ k) melk
• 125 ml (½ k) mascarponekaas vir die opdiening
• heuning om bo-oor te drup

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Voorverhit die oond tot 220 °C. Ons het die pofpannekoeke in emaljeborde gebak, maar jy kan hulle ook in ’n oondvaste pan bak.
1 Smelt die botter in ’n middelslagpan. Voeg die appels by en braai vir 5 min. tot die skywe kleur kry. Voeg die bruinsuiker, vanieljegeursel en suurlemoensap by en braai verder oor lae hitte tot goudkleurig.
2 Voeg die bloubessies en frambose by en roer deur die warm stroop. Hou eenkant.
3 Meng die meel, suurlemoenskil, suiker en sout saam en maak ’n holte in die middel. Klop die eiergele en melk liggies saam en voeg stadig by die meel. Roer tot glad.
4 Klop die eierwitte tot stywe punte vorm en vou liggies by die mengsel in.
5 Verdeel die beslag tussen die 4 verhitte emaljeborde. Skep van die gekaramelliseerde vrugte bo-oor elk en bak vir 10-15 min. of tot goudkleurig en gepof.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Lees meer: Slaai met vrugte, parmaham & fetakaas

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.