kategorieë: Sukses en geldJou lewe

Maak vanjaar jou beste jaar

Soms is dit klein veranderinge wat ’n groot verskil maak. Moenie vanjaar alles nes die vorige jaar aanpak nie. Gee ’n tree terug en kyk hoe jy dit dalk anders en beter kan doen.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Begin die dag reg

Gun jou soggens ’n paar kalm minute met jou beker koffie of tee. Nie net skud jou regmakertjie jou brein aan die gang nie, dis ook die ideale tyd om gou ’n paar aantekeninge te maak oor dinge wat jy moet doen. Boonop is jy in goeie geselskap. Beethoven het glo presies sestig koffiebone vir sy oggendkoffie gebruik.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Lees ook: Maak koffie soos ’n barista

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Beplanning

Rolene Strauss, wat in 2014 as Mej. Suid-Afrika en later as Mej. Wêreld gekroon is, moes die meeste uit haar besige dae kry. Sy sê sy het soggens vyfuur opgestaan sodat sy tyd het om te oefen en ook om haar dag haarfyn te beplan om die beste uit elke sosiale geleentheid te kry. “Ek besluit wat ek uit elke afspraak en optrede wil put. Ek dink oor die mense met wie ek spesifiek wil praat, en so is dit nooit net ’n dolle gejaag sonder struktuur nie, en voel ek in beheer.”

Lees ook: 10 maniere om positief te bly

Moenie bang wees vir mislukking nie

As jy nie waag nie, gaan jy nie wen nie, lui die spreekwoord. ’n Mens leer deur jou foute. Emo Adams, die Kaapse verhoogpersoonlikheid, sê sy grootste suksesse het gekom omdat hy nie bang was vir mislukking nie.

Hy wou ’n kindersielkundige word, maar moes sy studie staak toe sy geld opdroog. Hy het toe maar as ’n helper by die Baxter-teater ingespring.

David Kramer se Kat en die Kings was destyds op die verhoog en toe een van die spelers op ’n dag nie opdaag nie, het David vir Emo gevra of hy kans sien om in te staan. Dit was sy groot deurbraak, want David het sy talent raakgesien hom gevra om permanent deel van die span te wees.

Hou ’n dag oop

Nie vir niksdoen nie, maar om meer doeltreffend te werk. Sommige maatskappye het die waarde hiervan besef en het byvoorbeeld ’n beleid van “Geen vergaderings op Woensdae nie”. In jou persoonlike lewe kan dit ook waarde hê. Weerhou jou een dag per week van facebook of sosiale media sodat jy by ander dinge kan uitkom of saam met jou vriende kan kuier.

Lees ook: Digitale detoks – hoekom en hoe?

Moenie uitstel nie

Die Engelse noem dit “swallow your frogs” – dis nou daardie nare takies wat jy uitstel en uitstel en uitstel. Kies ’n dag soos ’n Maandag of Vrydag, en doen dan al die goedjies wat steeds op jou lysie staan. Daardie doktersondersoek wat jy bly uitstel, die lekplek in die dak, die rekening wat jy moet uitpluis …

Lees ook: 10 wenke teen stres wat werk

Wees die beste jy

Almal kan effens aan hul persoonlikheid skaaf, of deur opleiding nuwe kennis inwin, maar dit help nie jy probeer om iemand anders te wees nie. Die geheim is om jou uniekheid as jou persoonlike wapen in te span.

Mode-ontwerper David Tlale sê die beste les wat hy geleer het, was dat hy net David kan wees. “Ek weet nie hoe Dior dink nie. Ek kan net probeer om myself te wees en daarom ding ek nie met ander mee nie.”

Lees ook: Wees positief, leef langer

Werk op enige plek

Gebruik jou tyd doeltreffend en moenie dink ’n lessenaar is al plek waar jy kan werk nie. Agatha Christie het op enige plek gewerk waar sy kon sit. Ernest Hemingway het gestaan en skryf en die bekende Amerikaanse skrywer, Thomas Wolfe, het met sy ses voet ses duim lange lyf reg bo-op die yskas gestaan en skryf.

Lees ook: 12 aanhalings vir inspirasie

Moenie jouself onderskat nie

Redi Tlhabi, omroeper en skrywer, het op skool nie in sport uitgeblink nie. Op hoërskool het sy gegrap dat sy liggaamsopvoeding op standaardgraad wil neem. Tog het sy uit frustrasie met haar werk begin hardloop, en nou het sy die Comrades al verskeie kere aangedurf. Net omdat jy as kind geglo het jy is nie goed met iets nie, beteken dit nie dit moet jou begrens of definieer nie. Durf nuwe dinge aan.

Lees

Dink weer as jy sê jy het nie tyd nie. Los die ure wat jy saans voor die televisie dommel of aan facebook bestee en lees ’n goeie boek. Die meeste suksesvolle mense lees daagliks. Bill Gates lees elke aand minstens ’n uur as deel van sy slaaptydroetine. Mark Cuban, Amerikaanse miljardêr-entrepreneur, lees drie uur per dag. Soek “100 books to read in a lifetime” op die net as jy inspirasie nodig het. As jy baie op die Internet lees en nie altyd tyd het om klaar te lees nie, of dalk die artikel of video wil hou, kan jy dit in die gratis app “pocket” stoor tot jy later meer tyd vir leeswerk het.

Beperk onderbrekings

Besluit op bepaalde tye wanneer jy jou e-pos en ander boodskappe deurgaan. Tim Ferris, wat bekend is vir sy boek The 4-Hour Work Week, raai mense aan om net twee keer per dag (11:00 en 16:00) na hul e-posse te kyk om tyd te spaar.

Voltooi soggens een groot taak voor jy na jou e-posse kyk, en kyk weer net voor jy in die middag oppak. As jy kort-kort opspring om tee te maak en verskonings soek om nie met jou werk te begin nie, verbeel jou jy is op ’n vliegtuig. Sluit jou deur, stel die wekker en werk dan twee uur lank ononderbroke.

Stop die bus

As jy spartel om kop bo water te hou – hetsy met die organisasie van jou gesin of loopbaan – kry jy nooit die kans om die groter prentjie te sien nie. Stop die bus. Tree terug. As jy op die spreekwoordelike hamsterwieletjie draf, doen jy dinge oor en oor op dieselfde manier. Dalk moet jy ’n kursus doen om jou vaardighede te verbeter. Gee jouself ruimte om krities te kyk na wat jy doen, asook beter maniere om dit te doen.

Lees ook: Leef klottervry

Liezel van der Westhuizen, bekende omroeper en avonturier, het al in die stil tyd in Desember/Januarie haar selfoon, rekenaar, televisie en radio afgeskakel om in die maand weer helderheid te kry. Dalk kan jy dit vir ’n naweek probeer.

Wees toegewyd

Daar is selde kortpaaie vir sukses. Die meeste suksesvolle mense sal vir jou sê dat harde werk en toewyding die boustene vir sukses is. Serena Williams staan sedert haar kinderjare elke oggend sesuur op om tennis te oefen. Gary Player het ure en ure geoefen en maklik ’n aandete-afspraak gekanselleer om iets in sy spel reg te stel.

Kleiner happies

Doeltreffende mense verdeel hul tyd in blokke van 15 minute. Hou ’n vergadering vir 15 minute, of werk vir 15 minute aan een aspek van die taak. Dit beteken nie jy kan ’n groot projek in 15 minute voltooi nie, net dat jy groter take in kleiner happies opbreek sodat jy stuksgewys daardeur kan werk. Dit motiveer jou ook as jy groot uitdagings in kleiner segmente verdeel en afmerk namate jy vorder.

Lees ook: 10 wenke wat jou kan help om NOU te leef

Wees aktief

Volgens navorsingsbevindings kan verhoogde bloedtoevoer na jou brein probleemoplossing verbeter. Boonop is jou hippocampus – die deel van jou brein wat verantwoordelik is vir leer en geheue – baie aktief wanneer jy oefen.

Kenners stel voor dat jy voor jou oefensessie ’n probleem identifiseer waaraan jy wil dink. Soms werk dit as jy aktief daaraan dink terwyl jy hardloop, maar heelwat mense ervaar dat hulle ná ’n oefensessie uit die bloute ’n oplossing kry omdat hulle juis nie daaraan gedink het nie. Dis ’n motivering om aktief te raak.

Lees ook: Oefen jouself fiks en sterk

Maak tyd vir ontspanning

Beskou ontspanning, nes werk, as ’n noodsaaklikheid. Jou brein het tyd nodig om kennis en ervaring te prosesseer.

Maak tyd vir ontspanning om nuwe idees te kry of bestaande probleme op te los. Albert Einstein het na Mozart se musiek geluister om sy kop skoon te kry wanneer hy met probleme geworstel het.

Lees ook: “Binge Watching” – nog net een episode!

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.