kategorieë: Leef gesondGesondheid

Die beste raad vir lelike, lastige vratjies

Die beste raad vir lelike, lastige vratjies deur Salomé Delport

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die beste raad vir vratjies

Die boereraatboek, Volksgeneeskuns in Suid-Afrika, het rate wat mens laat ineen-krimp, soos om warm kersvet op jou vratjie te drup. Nog een is glads romanties: jy wag tot volmaan en blaas die vratjie maan toe; doen jy dit getrou, sal jy sien jou vratjie verdwyn binne twaalf volmane. D

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

ie meeste ander rate is meer konkreet: jy smeer iets aan soos een of ander plantsap soos vyesap, of ’n olie soos paraf-fien of iets met ’n alkoholbasis soos Eau de Cologne 4711 (net ons ouer lesers sal weet wat dit is!) of brandspiritus.

Party beveel iets te drinke aan – maar so droog soos kalkwater.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Ondanks eeue se rate is vratjies steeds met ons. Selfs navorsing het ons nog so min geleer dat ons steeds moet staatmaak op ’n goeie dosis geluk om van hulle ontslae te raak. Ja, jy kan maar netsowel maan toe blaas. Tog is daar ’n paar dinge wat die skaal in jou guns kan swaai.

Hier is wat ons weet:

1. Beteken vratjies jy het ’n vitamientekort?

Moontlik. Maar nie aan vitamiene nie. Die Oxford University Hospitals sê ’n sinkaanvulling help vir baie mense. In ons land is ’n sinktekort juis baie algemeen. Probeer dit vir minstens drie maande. Moontlik is jy een van die gelukkiges wat so maklik van ’n vratjie ontslae raak.

2. Beteken vratjies jou immuunstelsel is swak?

Dit is ’n algemene siening, aangesien mense met ’n onderdrukte immuunstelsel (soos dié op sekere medikasies) wel meer geneig tot vratjies is. Maar die meerderheid mense met vratjies is heeltemal gesond, en hul immuunstelsel werk uitstekend.

3. Kan vratjies kankeragtig raak, soos moesies?

Nee wat, dit gebeur nie. Maar kyk ook na vraag 5.

4. Hoe verskil vratjies van moesies?

Moesies en angiome en so aan is aantastings van jou vel, en is letterlik deel daarvan. Dit is deels waarom hulle gevaarlik kan wees. Jy kan ’n vratjie eerder met ’n parasiet vergelyk wat bo-op jou vel kom sit. Dit word deur die papilloomvirus veroorsaak, wat hom in jou dermis tuismaak en jou velselle as bron gebruik vir kos en om te vermeerder. Die virus dring veral die dermis binne as jy ’n snyplekkie het. Dit kan 2-6 maande neem voor hy as ’n vratjie sigbaar is.

5. Is genitale vratjies dieselfde as velvratjies?

Ja, maar nie heeltemal nie. Die soort waaroor ons liewer nie praat nie, naamlik die genitale vratjies wat mans en vroue kan tref, is wel familie van gewone vratjies maar hulle val in ’n ander “klas”, as jy dit so wil stel.

Álle soorte vratjies word deur die menslike papilloomvirusse (MPV, of HPV op Engels) veroorsaak. Daar is meer as 150 soorte MPV’s, en elkeen veroorsaak sy eie kenmerkende vratjie. Soos dit met familie gaan, is party ook baie gevaarliker as ander:
• MPV tipe 1, 2, 4, 27 en 57 veroorsaak lastige maar onskadelike vratjies op die hande en voete.
• MPV tipe 3 en 10 veroorsaak onskadelike plat vratjies op die arms, bene en gesig.
• MPV tipes 6 en 11 veroorsaak 90% van pynlike genitale vratte. Dit word deur seks versprei.
• MPV tipes 16 en 18 veroorsaak byna alle gevalle van servikale kanker.

Lees ook: Wat ouers van die HPV-vaksien moet weet

Alles oor papsmeer en die HPV-vaksien

Wat elke vrou oor MPV moet weet

6. Van die kinders met wie ek werk, het vratjies. Sal ek aansteek?

Vratjies is aansteeklik as jy direk daaraan raak maar dit lyk asof ons meer bestand raak teen die vratjievirus wanneer ons ouer word. So wys die beskikbare ondersoeke oor die voorkoms van vratjies dat kleintjies en mense bo dertig byna nooit vratjies kry nie (minder as een tot vier mense per honderd), terwyl talle kinders vratjies kry, met tot een uit elke vyf in Brittanje, en een uit elke drie kinders in Nederland, wys twee opnames.

Teen die tyd dat jy op hoërskool of in die twintig is, is jy klaar minder geneig tot vratjies.

Dit lyk asof die virus makliker vastrapplek kry waar die vel nat (en dus sag) is en/of stukkende plekkies het. Dit kan verklaar waarom sekere groepe volwassenes meer dikwels vratjies het, soos mense wat met rou vleis werk, soos slagters en vissermanne, en mense wat kaalvoet openbare storte en swembaddens gebruik.

As jy ’n vratjie het, moet jy versigtig wees met wat jy deel: mense kan vratjies aansteek as julle saam voetskuurders, sponse, vadoeke, skropborseltjies vir voete en naels, naelvyltjies en naelknippers gebruik.

7. Wat beteken dit as ’n vratjie donker spikkels het?

Vratjies is gewoonlik vleeskleurig – van witterig-pienk tot bruin. Die swart spikkels in party vratjies is eintlik klein, geblokkeerde aartjies.

Ligter vratjies is nie veiliger as donker vratjies nie. Dit is eerder belangrik om dop te hou vir kleurverandering, want dit kan beteken dat jy nié ’n vratjie het nie maar ’n moesie, met die risiko op velkanker. Laat ’n dokter daarna kyk.

8. Is dit sleg om aan vratjies te pik?

Dit is nie lewensgevaarlik nie. Maar jy kan die virus met jou vingers verder versprei na jou gesig of ’n ander plek op jou vel – of na iemand anders.

9. Kan ’n mens regtig vir altyd heeltemal van vratjies ontslae raak?

Die meeste vratjies verdwyn tipies binne 18-24 maande vanself. Maar by party mense is vratjies werklik hardnekkig.

10. Wat gebeur as jy ’n vratjie net los?

Navorsing wys dat vratjies binne twee jaar vanself verdwyn.

Hoe vinnig hulle verdwyn, hang af van jou immuniteit en waar hulle sit.

Soolvratte is berug vir hul hardnekkigheid. Jy kan hulle dus los sodat jou immuunstelsel hulle hanteer – veral as jy vir die eerste keer ’n vratjie kry.

As ’n vratjie langer as twee jaar sit, beveg jou liggaam dit nie suksesvol nie. En onthou, dit is aansteeklik. Jy kan dan vratjies bykry en naderhand met ’n hele paar sit. Ander mense kan van jou aansteek. En waarom bly sukkel as ’n vratjie op ’n lastige plek sit waar hulle pyn veroorsaak, of sommer net ontsierend is?

Watter soort vratjie het jy?

Die regte naam vir ’n vratjie is ’n verruca vulgaris.

En wat ’n lekker “skuilnaam”!

Verruca klink amper verruklik – baie beter as ’n platvloerse ou vratjie! Hier is nog ’n paar verdoeselname vir vratjies:

Peringuale verruca verwys na vratjies wat teenaan die vingernael groei; plantaar verruca verwys na soolvratte.

Vratjies kom veral op die vingers, hande, voete, elmboë, arms, onderbene en knieë voor. ’n Mens het selde vratjies op die gesig, kopvel of lyf.

Hoe raak mense van vratjies ontslae?

Daar is talle opsies maar die gewildste vier is vriesbrand, laserbehandeling, duct tape (nie maskeerband nie – daardie baie sterk plastiekband wat mense in hul motors hou vir noodherstelwerk) en salisielsuur.

Die navorsing oor behandeling van vratjies lewer uiters wisselvallige resultate – wat ’n mens laat verstaan waarom ’n geblaas na die volmaan destyds dikwels genoeg gewerk het sodat dit as raat kon kwalifiseer.

Hier is nou een geval waar tuisterapie beter vaar as ernstiger mediese behandeling, maar die selfdoenresultate is ook nie gewaarborg nie. Maar hier is wat ons kon kry:

Vriesbrand

Vratjies herhaal dikwels ná al die moeite en koste, en daarby laat dit merke en letsels op die vel. Dit is nooit beter as salisielsuur nie. Ás dit werk, is dit wel ’n vinniger proses.

Laserbehandeling

Dit kan werk – of nie werk nie.

Dit is ook geneig om letsels te laat. Dit sal afhang van waar jou vratjie sit. Verder is laserbehandelde vratjies geneig om te herhaal.

Ondeursigtige duct tape

Een klein ondersoek wys dit verwyder 85% van vratjies, terwyl die sukseskoers van ’n ander ondersoek net 16% was. Dit is goedkoop en pynvry genoeg dat ’n mens maar net kan probeer.

Maak so: Sny ’n stuk duct tape wat die vratjie volledig bedek. Los vir 4-7 dae. Verwyder. Was die deel goed met seep. Skuur dit met ’n amarilvyl (emery board) om alle dooie vel te verwyder. Laat dit droog word en plak weer toe. Herhaal tot die vratjie verdwyn – gewoonlik binne 4-6 weke.

Salisielsuur (salicylic acid)

Dit is ’n ou maar ongerieflike staatmaker. Kry dit as vloeistof of pleister by jou apteek. Wend dit vir 2-3 maande aan. Met ’n gemiddelde sukseskoers wat dieselfde is as plasebo is navorsers nie
so seker dat dit werklik help nie maar dit was in een ondersoek tog meer suksesvol vir vratte op die hande en voete as vir vratjies op ander dele van die lyf.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

4 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.