kategorieë: Leef gesondGesondheid

Tel jy as ’n ligte roker? Toets self en vind uit!

Deur Salomé Delport. Foto: erroa/istock images

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Jy weet hoe jy begin rook: jy probeer ’n trek by ’n vriendin. Later “leen” iemand jou ’n sigaret. Kort voor lank leen jy so gereeld dat jy jou eerste eie pakkie koop … met ’n lekker stout gevoel in jou hart.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

En, verseker jy jouself, jy is een van daardie verantwoordelike, ingeligte mense. Jy weet hoe nadelig dit vir jou gesondheid en jou vel is. Daarom gaan jy nét sosiaal rook. Daardie pakkie sigarette word vir Saterdagaande gebêre. Baie mense doen dit so.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Dan word jy word ’n slag na twéé partytjies genooi. So kom Vrydagaand by. Op dieselfde manier sluip ’n Woensdagsigaret in. Binne ’n maand of drie oorval die lus vir sigarette jou kort-kort.

Maar jy gebruik minder as ’n pakkie per dag gebruik. Báie minder. Net vyf – daarrond – per dag. Almal weet die risiko op kanker raak eers ernstig as jy meer as vyf en veral meer as tien sigarette per dag aansteek. Vyf is genoeg om jou heeldag te help konsentreer, en ure lank te kalmeer en dit is nogals sosiaal koel. Vyf kos min – in geldterme en ten opsigte van die nadele.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Net vyf. Dalk is jy nog by vyf?

Lees ook: Die veiligste dwelms, wetenskaplik gelys

Hoe om te weet of jy lig genoeg rook

Hier is die ses-vraag toets wat kan bevestig dat jy ‘n ligte roker is:

Een: Wanneer rook jy jou eerste sigaret van die dag?

  1. By die werk
  2. Saam met ontbyt
  3. Binne vyf minute na jy wakker geword het

Twee: Hoe voel jy oor vlieg?

  1. Wat het dit met rook te doen?
  2. Oukei. Dit is taamlik maklik om ’n paar uur sonder sigarette te bly. Lang vlugte na die Ooste of Europa toe? Jy moet vasbyt.
  3. Jy koop kougoed (verkieslik nikotienkougom) vir lang vlugte. En as mense wil weet waar hulle die eerste trek na die vlug kan maak moet hulle jou volg. Jy ken die kortpad soontoe.

Drie: Wat gebeur as jy verkoue het?

  1. Jy rook nie. Jy het nie eers lus om te rook nie.
  2. Jy rook nie maar jy is lus. As jy ’n trek neem druk jy dood want dit maak jou longe en keel net te seer.
  3. Jy bly rook. Al is dit nie nou lekker nie byt jy vas want jy gaan na die sigaret beter voel.

Vier: Hoe gebruik jy jou e-sigaret?

  1. Jy het nie een nie. Of jy wil een kry, vir as jy in ’n sosiale ‘moet-rook’ situasie kom, sodat jy sigarette kan uitsny.
  2. Jy gebruik ’n e-sigaret gereeld.
  3. Jy het die e-sigaret probeer maar dit werk nie vir jou nie. Dit voel flou, onbevredigend en kunsmatig vir jou. Jy hou dit vir noodsituasies waar jy nie mag rook nie maar wel ’n e-sigaret kan gebruik.

Vyf: Hoeveel pakkies sigarette het jy tuis?

  1. Jy koop min of meer een pakkie sigarette per week – en soms ‘n tweede een voor die naweek om is. Jy koop eers ‘n nuwe pakkie as jou vorige pakkie klaar is.
  2. Jy koop soveel dat jy altyd ‘n vol of amper vol pakkie het. Of jy koop sodra jou pakkie begin laag raak. Of jy koop ‘n pakkie elke keer as jy in die winkels is.
  3. Jy weet nie. Jy koop grootmaat en het dus altyd voorraad.

Ses : Rook jy deur die nag?

  1. Rook jy jou laaste sigaret net na aandete of dalk voor slaaptyd en slaap deur?
  2. As jy af en toe toevallig in die nag wakker word sal jy ’n sigaret aansteek om jouself rustig te kry sodat jy verder kan slaap?
  3. Word jy snags op ’n spesifieke tyd/tye met ’n sterk rooklus wakker?

Lees ook: E-sigaret vir jou?

Hoe belangrike kruk is sigarette vir jou?

Voor jy na jou telling kyk: dit is normaal om in ontkenning te wees oor hoeveel sigarette jy gebruik,  sê Elsie Britz. Sy is ’n Kaapse hipnoterapeut wat daarin spesialiseer om mense wat wil ophou rook daarmee te help.

“Die meeste rokers wil graag ophou. Die probleem, glo hulle, is dat nikotien ’n te sterk gewoontevormende dwelm is en dat hulle klaar vasgevang is. Maar dit is nie heeltemal waar nie.  As jy ophou rook is jou liggaam binne ’n week skoon van die ‘verslawende’ nikotien. Jy kan nie meer fisiek afhanklik van jou sigaret se nikotienskop wees nie.

Waarna jy eintlik smag is jou emosionele kruk. Dit is wat sigarette werklik is: net ’n emosionele kruk. Aan die begin help dit ons sosiaal inpas. Dit sê ons is koel; of ons is deel van die groep; of dit is ons sein wat sê ons is onafhanklikes wat self kies en besluit.

“Later raak dit meer. Ons begin ons sigaret sien as ons welverdiende beloning: ons het so hard gewerk of moet soveel ure lank in die verkeer sit dat ons troosgoed verdien. Ons sien ’n sjokolade op presies dieselfde manier. En koffie, suiker, drank, rekenaarspeletjies, porno, of waarvan jy ookal ‘nodig’ het.

“Rook, net soos al hierdie ander krukke, help mense ontlaai as hulle kwaad of ontsteld of moeg of bang of angstig is. Hierdie emosionele kruk het ’n baie werklike, ’voelbare’ fisieke effek, en so begin mense glo aan hul sigarette – dat dit regtig ’n staatmaker is waarsonder hulle nie kan nie.

Die feit van die saak is dat die sigaret of wat ook al nie jou uitdagings namens jou hanteer nie. ’n Sigaret is nie intelligent nie; die een wat al jou probleme uitsorteer is jý. Jý hanteer die verkeer; jý druk deur met jou eksamens of werkprojek; jý hanteer jou moeilike kollega; jý is al een wat jou angs kan oorkom; en jý is die een wat sosiaal moet uitreik en vriendskappe opbou.  Jý is die een met al die nodige vaardigheid en energie. Jy het dit – jy moet dit net glo. Dit is hier waar hipnoterapie uitstekend werk.

Rook jy lig – of is dit tyd om uit die kas te kom?

Wat sê jou telling?

Meestal 1’s

Jy rook waarskynlik lig tot matig.

Meestal 2’s

Jy is reeds ’n swaar roker.

Meestal 3’s

Jy rook gevaarlik baie. Al glo jy dinge is nog onder beheer het jy dringend rookstaakhulp nodig. Gelukkig – regtig – is dit eintlik maklik om te stop as jy die regte hulp kry. Al sukkel jy om dit te glo, het miljoene  mense net soos jy al opgehou.

Lees hier van metodes wat jou kan help om op te hou rook.

Deel
Gepubliseer deur
Salome Delport

Onlangse plasings

Kristen Raath oor haar snaaksste, en vernederendste, oomblik op die stel van Wyfie

Dié toekennings, wat deur Screen International aangebied word, word op 20 Mei 2024 in Cannes, Frankryk, uitgedeel.…

3 hours Gelede

Kokkedoor se inskrywings is oop! Is jy gereed om oor die kole gehaal te word?

Soos in die eerste aflewering van Kokkedoor Vuur & Vlam in 2023, moet deelnemers vanjaar…

1 day Gelede

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 weeks Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 weeks Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

2 weeks Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

2 weeks Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.