kategorieë: Leef gesondGesondheid

Die beste raad vir reisnaarheid

Maak seker jy lees hierdie raad vir reisnaarheid wanneer jy jou tas vir jou eerste bootrit pak, want seesiek is ’n ware pretbederwer. Gelukkig kan die meeste van ons met ’n bietjie gesonde verstand seesiekheid vermy.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Simptome van reisnaarheid

• Jy lyk doodsbleek en voel pap, swak en moeg.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

• Jy voel en word vinnig naar. Party mense ontwikkel ook diaree.

• Jy sweet al is dit nie warm nie. Of jy slaan in koue sweet uit, of voel benoud.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

• Jy is lighoofdig en duiselig – jou ore suis, jou kop is seer en voel dof. Jy sukkel om te konsentreer.

• Jy voel angstig en haal vlak en/of vinnig asem. Jy is slaperig en gaap ongewoon meer. Jy sluk aanhoudend.

Raad vir reisnaarheid

Ons het vir dr. Pete Vincent van die Netcare Reiskliniek in Tokai, Kaapstad, om raad genader. Ons wou spesifiek weet wat jy kan doen om jouself te help.

“Seesiekheid ontstaan omdat jou liggaam aanvoel jy beweeg maar jou oë wys dat alles rondom jou stil staan. Jou binne-oor ‘verstaan’ dit nie en pas dus nie aan nie, met die gevolg dat jy die tipiese simptome van naarheid, duiseligheid en so meer ontwikkel.

“Voorkoming is die beste raad omdat dit moeiliker is om simptome soos duiseligheid en vomering te stop as dit eers begin het.

“Jy kan met ’n paar eenvoudige stappe jou liggaam help om vinnig aan te pas en so keer dat jy seesiek raak.”

Natuurlike raad vir reisnaarheid

Wat as jy nie van medikasie hou nie? Of reeds ander medikasie gebruik en nie nog iets daarby wil sit nie? Dr. Vincent sê die beste voorkoming is juis nie gebaseer op medikasie nie, soos die volgende:

1. Bly so na aan die middel van die boot as wat jy kan

Jou liggaam sukkel om by die beweging aan te pas. Help jouself deur aan die begin op die stilste deel van die boot te bly. Waar is dit? Die middelste deel van die boot (en regoor die vlerke, as jy met vlugnaarheid sukkel) is die stabielste, terwyl die meeste beweging op die boeg en agterdek plaasvind.

As jy weet jy is geneig tot seesiekheid, bespreek ’n kajuit na aan die middel van die laagste dekke.

2. Help jou oë om beweging te interpreteer

Wanneer die boot die hawe verlaat, kry ’n gemaklike sitplek en kyk in die rigting waarheen die boot vaar. Dit help jou oë om die beweging te interpreter. Jy kan soos wat die boot uitvaar, kyk hoe die hawe kleiner raak; kyk later na die horison.

Sit buite waar jy lekker vars lug kan inasem. Moenie nou sit en lees nie. Skakel ook elektroniese ware af en vermy televisie, rekenaar en selfs speletjies op jou selfoon.

3. Eet lig en gesond – en los die sjampanje vir jou eerste sonsondergang op die boot

Eet ’n ligte maaltyd sowat drie uur voor die boot vertrek met vars groente, vrugte en hoender of vis en water.

Wat jy in die 24 uur voor jou reis moet vermy is’n swaar, ryk, groot ete, sterk kruie, baie sout en ’n hele paar glase wyn.

4. Haal diep en ritmies asem

Ritmiese asemhaling is baie kalmerend. Keer dat jy hiperventileer deur vir ses tellings in te asem, asem op te hou vir drie tellings, dan uit te blaas vir ses tellings en dan drie tellings te wag voor jy weer inasem.

5. Druk op jou pols

Baie mense vind dat akupunktuur hul naarheid verlig. Jy kan spesiale akupunktuur-armbandjies koop wat aaneenlopende druk op die akupunt op jou pols plaas, of jy kan self op jou pols se akupunt druk. Dit sit aan die binnekant van jou pols, twee vingerbreedtes onder jou handgewrig.

6. Suig ’n peperment en drink gemmertee of gemmerbier

Peperment en gemmer help om naarheid te laat bedaar. ’n Klein bietjie suiker help ook. Drink dus ’n lepeltjie suiker of twee in jou tee, en drink gemmerbier.

Mediese raad vir reisnaarheid

Hou die volgende items in jou noodhulpkissie wanneer jy reis:

• Stugeron (jy kan dit oor die toonbank by jou apteek koop).

• As jy uit ervaring weet jy raak erg seesiek, vra jou dokter om iets voor te skryf.

• Vra uit oor die newe-effekte: sekere medikasie is baie suksesvol maar maak jou ook baie slaperig, terwyl die ligter middels effens minder doeltreffend kan wees maar jou ook minder aantas. Mense met hart-, lewer- of nierprobleme kan sekere middels nie gebruik nie.

• Daar is ’n hele aantal opsies: pille, stropies vir kinders, langwerkende formules sodat jy net twee keer per dag pille hoef te sluk, en selfs ’n plakker. Die plakker is ongelukkig nie op land beskikbaar nie maar kan moontlik aan boord gekoop word. Onthou net dat jy betaal vir medikasie en doktersbesoeke aan boord.

Lees ook: Vakansieskoonheid SOS

Deel
Gepubliseer deur
Salome Delport

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

6 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

7 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

7 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

7 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.