kategorieë: VelsorgSkoonheid

Teetydskoonheid: Rooibosresepte vir ‘n stralende vel

Gesigspoel

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }
  • Trek twee rooibosteesakkies in drie koppies kookwater.
  • Laat toe om tot louwarm af te koel en gebruik dit om gesig af te spoel.

Dit streel en verfris jou vel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Wenk: Rooibos het teenallergiese eienskappe wat ekseem en velirritasies streel. Voeg ’n paar sakkies by jou badwater om geïrriteerde vel te streel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Opknapper

Rooibos-en-suurlemoen-opknapper

  • Meng ’n ¼ koppie sterk rooibostee (afgekoel) met ¼ k suurlemoensap.
  • Maak ’n stukkie watte effens nat met afgekoelde rooibos-en-suurlemoen-mengsel om jou vel te verfris. Hou dit aan vir 10 minute voor jy dit met lou rooiboswater afspoel (voeg teesakkie by jou water wat jy gebruik om mee af te spoel).

Moenie jou gesig met warm water spoel nie,  dit maak jou porieë oop.

As jy enige van die mengsel oor het, kan jy dit vir ’n week in ’n lugdigte houer in jou yskas hou.

Gesigmasker

Rooibos-, heuning- en avokadogesigmasker

Jy het die volgende nodig:

1 e fyngedrukte avokado

1 e gewone volvetjogurt

1 e heuning

50 ml sterk rooibostee (afgekoel)

Wenk: Jy kan ’n teelepel suurlemoensap byvoeg wat sal keer dat die avo oksideer en bruin raak.

  • Meng al die bestanddele saam en plaas dit op vel. Los vir 15 minute aan voor jy dit met louwarm rooiboswater afspoel.

Gesigskrop

  • ’n Mengsel van rooibosteeblare en heuning sal wondere vir jou gesig doen. Dit verwyder dooie velselle en maak jou veld glad. Rooibos het anti-inflammatoriese eienskappe wat letsels en littekens verminder. Gebruik sagte, sirkelvormige bewegings om van enige dooie selle ontslae te raak.

Pofferige oë

  • Gebruik twee afgekoelde rooibosteesakkies en plaas dit op jou oë om pofferige oë te streel. Rooibos sal moeë en rooi oë streel.

Voetskrop

  • Meng rooibosblare met druiwepitolie en Engelse sout of seesout om jou voete mee te skrop. Druiwepitolie bevat antioksidante en bevogtigende eienskappe wat help om die vel sag te laat voel en dit te bevog.

Engelse soute is ryk in magnesium en sulfate.

Magnesium het kalmerende eienskappe en kan help om seer ledemate te streel.

Sulfate raak van die gifstowwe in die liggaam ontslae.

Draai jou lyf hierin toe

  • Verwerk papaja saam met sade. Meng dit met rooibosblare en gebruik dit regoor jou lyf. Plaas palmblare of kleefomhulsel om jouself en spoel dit met rooiboswater af.

Die ensieme in die papaja help om van droogheid en skilfers op jou vel ontslae te raak sodat jou vel goed bevog is. Jy kan dit ook as gesigmasker gebruik. Papajas is ryk in vitamiene A wat help om die vel te herstel en vernuwe.

Rooiboseienskappe

– Rooibos bevat sterk antioksidante wat help om jou vel teen omgewingsfaktore, insluitend besoedeling en UV-skade, te beskerm.

– Dit het teenallergiese eienskappe om geïrriteerde vel te streel.

– Die anti-inflammatoriese eienskappe help om die vel te streel en aknee te beveg.

Suurlemoensapeienskappe

– Suurlemoen se suur eienskappe help om porieë toe te maak.

– Suurlemoen het ligte bleikeienskappe wat help om rooiheid en inflammasie te verminder. Dit help om jou velkleur egalig te laat lyk.

– Dit bevat vitamiene C wat ’n natuurlik antioksidant is en jou vel helderder laat lyk.

Heuningeienskappe

– Dit is ’n natuurlike antioksidant

– Dit het anti-bakteriese eienskappe wat help om aknee te beveg.

Avokado-eienskappe

– Die vette in avokado help om die vel te bevog

– Dit is ryk in vitamiene en minerale en sal help om jou vel te voed

Jogurteienskappe

– Bevat melksuur wat help om die vel glad te maak en porieë te verfyn

Lees ook: Die gesondheids- en skoonheidsvoordele van rooibos

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Wynproe en stap: Die nuutste ervaring by Blaauwklippen

Woorde en foto’s: Clifford Roberts Ek wil glo dat, soos ek, elke nuwe staptog met…

5 hours Gelede

Ontdek die topervaring waar alles met Club Med ingesluit is

As jy nie die konsep ken nie, stel ons jou graag daaraan bekend: Dis ’n…

8 hours Gelede

Ons Moedersdaggeskenkgids: Kreatiewe geskenke wat wys jy gee om

rooi rose intekening Teken in of hernu jou intekening op die gedrukte weergawe vir net…

11 hours Gelede

Kristen Raath oor haar snaaksste, en vernederendste, oomblik op die stel van Wyfie

Dié toekennings, wat deur Screen International aangebied word, word op 20 Mei 2024 in Cannes, Frankryk, uitgedeel.…

1 day Gelede

Kokkedoor se inskrywings is oop! Is jy gereed om oor die kole gehaal te word?

Soos in die eerste aflewering van Kokkedoor Vuur & Vlam in 2023, moet deelnemers vanjaar…

2 days Gelede

Bronchostop stel nuwe hoesstroop, Bronchostop Nite, bekend

Ons was al almal daar: Jy rol tot twee uur die oggend nog rond van…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.