Die beste steak-tortilla’s deur Vickie de Beer, bygestaan deur Margie Els, Michéle Stander, Melissa Pecoraro. Foto’s deur Michael le Grange.
Genoeg vir vier.

Bestanddele
- 30 ml (2 e) olyfolie of avokado-olie
- 350 g lendeskyf (rump steak)
- sout en gemaalde swartpeper
- 4 tortillas
- 125 ml (½ k) suurroom
- 1 avokado, in blokke gesny
- 180 ml (¾ k) geblikte Meksikaanse tamaties
Slaai:
- 250 g (1 pakkie) kersietamaties
- 1 rooi ui, dun gesny
- 30 g (1 pakkie) roketblare
- 410 ml (1 blikkie) nierboontjies, gedreineer
Metode
- Verhit ’n riffelpan oor hoë hitte. Sprinkel die olyfolie oor die steak en geur met sout en swart-peper en braai vir ± 4 min. aan elke kant of tot gaar. Sny in repies.
- Warm die tortillas op volgens aanwysings op pakkie en smeer met suurroom.
- Pak die steak, tamatiesalsa, avokado, Meksikaanse tamaties en boneslaai op elke tortilla en rol op.
Lees nog:
Vinnige steak-en-sampioen-pasteie
