kategorieë: DieetGesondheid

Die BRAT-dieet

Die BRAT-dieet (Bananas, Rice, Applesauce and Toast) help met jou spysvertering, veral ná ’n maagaandoening. Voeg vir ’n dag of twee net piesang, rys, appel en roosterbrood op jou spyskaart. En drink water vir die dors.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Hierdie vier items stel min eise aan jou spysverteringskanaal en die meeste van ons kan dit dus dit goed hanteer wanneer ons maag ’n ruskans nodig het. Onthou net dat dit glad nie ’n gebalanseerde dieet is, of ’n goeie dieet vir gewigverlies nie. Dit gaan bloot or maklik verteerbare kos wat jy vir ’n dag of twee op die langste eet, om jou deur die ergste ná diarree te help.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Dit is ook nie bedoel vir mense met ’n kwaal van die niere, lewer of pankreas of iemand wat Crohnsiekte of prikkelbare dermsindroom het nie. Jou dokter of dieetkundige sal daarvoor vir jou ’n baie spesifieke dieet moet voorskryf.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Wat van jogurt vir maagontsteltenis?

Bulgaarse jogurt en veral tuisgemaakte jogurt is probioties, en behoort in teorie goed vir jou te werk, tensy jy ’n melkallergie of melk-onverdraagsaamheid het. Wag ’n dag en kyk hoe jogurt vir jou werk.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Hou by bulgaarse joghurt. Versoete jogurt bevat baie suiker, en kan jou maag verder ontstel. Jy wil ook nie nou die organismes in jou dermkanaal aan baie suiker blootstel nie. Los die suikervrye jogurts. Die kunsversoeters daarin kan die organismes in jou dermkanaal moontlik affekteer.

Begin met ’n halwe koppie Bulgaarse jogurt en meng dit met fyn appel vir ekstra geur. ’n Probiotika kan nou ook help om jou maagorganismes weer aan te vul.

Wat van tee?

Die tradsionele raat is om flou, swart en bitter tee te drink.

Hmm, ja, dit is nie noodwendig lekker nie.

Wat van rooibostee en heuningbostee? Al twee is geuriger en van nature effens soet – en propvol anti-oksidante.

Onthou

• As jy allergies is vir brood, koring of gluten of ’n intoleransie daarvoor het, hou liewer by rys.
• Skil en rasper die appel fyn om dit selfs meer verteerbaar te maak. Of prik dit en kook in die mikrogolfoond. Haal die pulp uit die skil en druk dit fyn voor jy dit eet.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.