kategorieë: Bekendes

Margaret Gardiner se LA-wenke

Margaret deel haar wenke vir ’n blitsbesoek aan LA. Hierdie is wat jy nie kan mis wanneer jy in haar tuisstad kuier nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

• Die Disney Hall is wonderlik, maar jy kan ’n hele dag daar spandeer, veral as gevolg van die verkeer soontoe!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die Disney Hall is ’n argitektoniese ikoon. Dit is die vierde saal van die Los Angeles Music Center. Lillian Disney, weduwee van wyle Walt Disney, het geld geskenk sodat hierdie saal gebou kan word as ’n geskenk aan LA se inwoners en as ’n huldeblyk aan Walt Disney se bydrae aan kuns en kultuur. Dit is die tuiste van Los Angeles Philharmonic-orkes en die Los Angeles Master Chorale. Daar kan 2 200 mense op ’n slag na ’n vertoning luister.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Doen dit by Disney Hall

1. Luister na ’n konsert
2. Besoek die reuse mooi orrel en kyk hoe dit lyk. Hier kan jy ook na orreluitvoerings luister. Koop jou kaartjies hier.
3. Doen ’n selfbegeleide toer en leer meer oor die geskiedenis en werking.
4. Besoek The Library of Congress/Ira Gershwin Gallery wat op die 2de verdieping is. Die biblioteek is oop vir besoekers wat op ’n toer is of wat ’n vertoning in die konsertsaal wil bywoon.
5. Die Blue Ribbon-tuin is op die dak van die gebou. Dit is reusagtig en A rose for Lilly is ’n pragtige fontein wat hulde bring aand wyle Lillian Disney en haar liefde vir Royal Delft-porselein. Duisende gebreekte stukkies Delft is gebruik om die fontein (wat soos ’n roos lyk) te bedek.
6. Neem die kinders na ’n vertoning by die familievriendelike W.M. Keck Foundation se kinder-amfiteater. Dit is reg langs die Blue Ribbon-tuin.
7. Die REDCAT (Roy and Edna Disney/CalArts Theater) is ’n multimedia kunssentrum binne die konsertsaal. Hier word jong en opkomende kunstenaars se werke gewys en is meer as 3 000 vierkante meter groot.
8. Eet by die Relais & Chateaux restaurant, Patina.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Meer inligting:

http://www.laphil.com/visit
http://www.laphil.com/visit/frequently-asked-questions

• Die Santa Monica Pier is wonderlik vir kinders.

Die Santa Monica Pier is al meer as 100 jaar oud en baie gewild. Behalwe vir die mooi uitsig is daar ook ’n pretpark vir die hele gesin, Pacific Park, wat onder andere ’n reuse Ferris-wiel, die bekende Santa Monica Pier-akwarium, ’n karousel van die 1920’s, ’n videospeletjiesentrum, winkels, restaurante en kroeë.

Meer inligting: http://santamonicapier.org/

• As jy jou aan die mense wil verkyk, is Venice Boardwalk net die plek.

Hierdie paadjie wat strandlangs loop, bevat honderde vermaakkunstenaars. Van hansworse tot dansers en mimiekkunstenaars. Daar is ook ’n klomp restaurante en straatverkopers. As jy wil geskenkies koop, is dit die plek. Jy kry ook al wat ’n T-hemp is hier.

Meer inligting: http://venicebeach.com/the-venice-beach-boardwalk/

Beverly Hills vir inkopies en huise. Die huise in vergelyking met sommige huise in Suid-Afrika is egter net so-so, en kos miljoene meer.

Beverly Hills is ’n stad in LA waar baie rykes en beroemdes bly. Rodeo Drive (onthou jy Pretty Woman?) is seker een van die bekendste strate vir luukse inkopies, bekende restaurante en beroemdes!

Kyk hier na 50 goed wat jy gratis kan doen in Beverly Hills.

• Jy moet verseker die Walk of Fame in Hollywood sien, al is dit baie besig en vol toeriste.

Dit is hier waar al die bekendes se sterre is. Dit is gratis om die seremonies by te woon, maar dit is gewoonlik ’n vertrapping. Sonskerm en gemaklike skoene is ’n moet. Kyk hier vir datums wanneer daar seremonies plaasvind en ook algemene inligting oor watter sterre waar is.

• Die museums is wonderlik, veral die Getty-museum is die moeite werk en die LACMA het gewoonlik ’n goeie uitstalling. Kry meer inligting hier.

Agter die skerms

Margaret was ’n droom om mee te werk tydens ons Junie 2016-voorbladfotosessie. Sy is ewe gemaklik in haar skinny jeans en Converse high tops as in hakke en aandrokke!

Foto’s en video deur Corné Greeff.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.