Die eerste Keyes Pantry-mark van 2019: 26 Januarie Foto’s verskaf.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
Die Pantry Mark by die Keyes-kunsmyl in Rosebank, Johannesburg, is terug vir die jaar! Hierdie mark fokus op ’n gesonde en eko-vriendelike leefstyl. Jy kan onder meer die galerye by die kunsmyl besoek, ontbyt en middagete geniet én gesonde, tuisgemaakte produkte koop.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Die mark het talle nuwe, plaaslik vervaardigde produkte. Jy kan aanvullings, smoothie-mengsels, gedroogde- en vars gesonde versnaperinge, sappe en kruietee uit Kenia koop. Gunstelinge soos die heelgraan-produkte, plaaslike heuning en vars seisoenale produkte is ook te koop. Daar is ook lekkernye soos sjokodale, pasteie, crêpes en roomys. En, natuurlik kan jy ook ’n glas vonkelwyn geniet!
Van die hoogtepunte die naweek is die praatjie om tienuur by die Mesh Club Teater deur die World Wildlife Fund oor die Living Planet-verslag. Twee gelukkige wenners sal by die geleentheid elk ’n eetbewys van R500 by MomoKuro wen. Vind uit hoe om deel te neem deur hulle te volg op twitter, op Facebook en op Instagram.
Hierdie mark is plastiekvry. Vind meer uit oor die Eco-brick-veldtog waar jy plastiekbottels kan verpak en by die mark aflaai. Dit word by die mark gehaal deur die ADVA -Jeugvaardigheidsontwikkelingsprogram, wat die plastiek gebruik om banke, meubels en geboue vir skole te vervaardig.
Lees ook: 9 maniere om plastiekvry te lewe
Dié mark word op die laaste Saterdag van elke maand gehou by Keyeslaan, Rosebank.
Waar: Keyes-kunsmyl, Rosebank, Johannesburg
Datum: 26 Januarie 2019
Tyd: 09:00 – 14:00
Besoek hul webblad vir verdere inligting
“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Hierdie webwerf gebruik koekies.