kategorieë: Ons menseBekendes

Lee Scott: Persoonlikheid, talent én lipleklekker

Lee Scott: Persoonlikheid, talent én lipleklekker- Deur Zoë Salzwedel. Hooffoto: Willem Botha

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Lee se debuutalbum “Die Enigste Manier” is in Augustus 2010 vrygestel en het twee musieknominasies ontvang – ’n SAMA-nominasie in die kategorie “Beste Pop Album” en ook ’n nominasie van die Huisgenoot Tempo-toekennings in die kategorie “Beste Pop Album”. Sy nuwe album “Vir Ewig” dien as openbaring van die uitstaande talent van dié jong ster. Met sy unieke stem, treffende voorkoms en borrelende persoonlikheid is Lee ’n kunstenaar wat beslis dopgehou moet word. Deesdae tree hy boonop as aanbieder van die SABC 2-program, Kliphard, op en gaan hy en Leah in Februarie met hulle produksie “The Battle of the Voices” op toer. Lee Scott het die hele pakket: die persoonlikheid, die talent en beslis die looks.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Vertel vir ons hoe jy in die vermaaklikheidsbedryf beland het.
Ek was 18 jaar oud en besig om Musiekteater te studeer by TUT toe my ma my ingeskryf het vir ’n ATKV-sangkompetisie. Min wetende van die reëls en vereistes van die kompetisie, daag ek daar op met ’n Engelse liedjie – en een van die reëls was juis dat jy slegs Afrikaans mag sing. Ek is toe onmiddellik gestres en bekommerd, maar ek maak toe maar my oë toe en sing Cher se Walking In Memphis. Een van die beoordelaars was toe al die tyd ’n baie groot musiekvervaardiger en die bestuurder van die boy band, Hi-5. Ek was vas oortuig dat hulle my daar en dan gaan diskwalifiseer, maar was aangenaam verras toe die bestuurder na die tyd met my kom gesels het.  Hy wou hoor of ek dalk wou deel word van Hi-5 omdat hulle nog ’n lid nodig gehad het. Die week na die ontmoeting het ek ’n oudisie gaan aflê en die res van die ouens in die groep ontmoet. En die res is geskiedenis … Ek het nooit die kompetisie voltooi of klaar studeer nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Wat is jou gunsteling deel van dié bedryf?
Ek sien dele van die land en die wêreld wat ek nooit sou gesien het as ek nie in dié bedryf was nie. Ek kan getuig dat ons land besonderse mooi dorpies het. En ek kry die kans om ook ’n hele paar interessante mense te ontmoet.

As jy oor jou loopbaan tot dusver terugdink, wat is een van jou hoogtepunte en hoekom?
Die geleentheid wat ek in September 2018 gekry het om die Australiese Volkslied te sing by een van die toetse, is beslis een van my hoogtepunte tot dusver. Suid-Afrika het op 29 September 2018 teen Australië op die Nelson Mandela Bay stadium in Port Elizabeth gespeel. Dit was een van die toetse in die Castle Lager Rugby Championship, en die Bokke het as oorwinnaars met 23 punte teenoor Australië se 12 punte weggestap. Dit was ’n oomblik en gevoel wat ek nooit sal vergeet nie!

Ek hoop om wel eendag die kans te kry om óns land se volkslied by ’n groot rugbywedstryd te sing.

Beskryf jouself in 3 woorde
Lojaal, opreg en “stresser” (ek stres ALTYD!)

Kyk ’n mens na jou Instagram-profiel, sien ’n mens gereeld jou oulike Yorkshire-terriër, Sunday. Vertel vir ons meer oor haar.

Sunday is my ALLES! Ek kan ure lank oor haar gesels…

Ek was nog altyd mal oor Yorkshire-terriërs gewees en wou nog altyd een vir myself gehad het. Ek het elke jaar vir die afgelope paar jaar vir my vriende en familie gesê dat ek ’n Yorkie vir my verjaarsdag soek – ek het erg geskimp hoor! Dit het duidelik gewerk, want ek het toe in November 2016 vir Sunday as ’n verjaarsdaggeskenk gekry. Sy is net so oor die 2 jaar oud en het die persoonlikheid van ’n klein mensie.

Die mees algemene vraag wat ek kry is oor haar naam, maar daar is geen spesifieke rede hoekom ek haar Sunday genoem het nie.  Ek wou net vir haar ’n naam gee wat “anders” is. Sunday is alles behalwe rustig – sy is eintlik die teenoorgestelde van ’n Sondag. Daar is ’n oulike sê-ding in Engels waaroor ek mal is: “Money can buy you a fine dog, but only love can make him wag his tail.”

Ek dink nie sy sal ooit besef hoe lief ek vir haar is nie.

Watter lesse het jy in 2018 geleer? Wat was een van jou hoogtepunte van die jaar gewees? En hoe sou jy jou 2018 beskryf?
Elke voel dat elke jaar maar sy onvoorsiene uitdagings het, maak nie saak hoe voorbereid jy daarvoor is nie. Ek probeer om elke jaar terug te kyk oor die jaar wat verby is, en moet gereeld myself herinner dat ek meer kan ontspan en die klein dinge in die wêreld moet geniet en waardeer. Die grootste les wat ek geleer het, is juis om te ontspan en net alles in God se hande te plaas. As jy hard werk, gaan jy die vrugte van jou harde werk pluk! As jy net agteroor gaan sit en wag vir werk, gaan jy lank wag… So ek het geleer om te ontspan, aan te hou probeer en harder te werk.

2018 was regtig vir my ’n goeie jaar gewees – persoonlik, geestelik en loopbaan-gewys. Ek kan selfs vertel dat ek saam met vriende Italië kon besoek in Januarie verlede jaar. En dít was nog altyd een van my groot drome om Italië te besoek en om te gaan ski.

Vertel vir ons wat daar vir jou in die nuwe jaar wag. Is daar iets spesifiek waarna ons kan uitsien waarby jy betrokke is?
Daar is altyd iets om na uit te sien! Ek en my goeie vriendin Leah gaan weer in Februarie op toer met ons produksie “The Battle of the Voices”. Ek werk ook aan nuwe musiek wat ek later vanjaar gaan vrystel, en dan bied ek natuurlik nog die SABC 2-program, Kliphard aan.

Wat geniet jy die meeste van ’n lewe as kunstenaar en aanbieder?
Die feit dat my lewe nie eintlik ’n roetine het nie. Elke dag is anders en interessant.

Wat sou jy sê is vir jou die lekkerste deel van optree, en hoekom?
Vir my is dit die heel lekkerste wanneer ek optree en ek sien hoe mense in die gehoor woord-vir-woord saam met my sing! Dit wys vir my dat daar regtig mense is wat na mý musiek luister. Dit is regtig ’n groot eer en ’n onbeskryflike gevoel.

Wat is jou droom vir die toekoms? Wat wil jy graag eendag kan sê jy het bereik?
Dis nou wel ʼn cliché, maar ek wil graag weet wat die ware betekenis van sukses is. En sodra ek die betekenis van sukses gevind en bereik het, wil ek dit graag met die wêreld kan deel en ander mense help om hul drome ’n realiteit te maak. Ek wil eendag kan terugkyk en sien dat ek moontlik ’n handjievol mense geïnspireer het om hulle drome na te jaag.

Volg gerus vir Lee op sosiale media: Instagram, twitter, Facebook

Deel
Gepubliseer deur
Zoe Salzwedel

Onlangse plasings

Kristen Raath oor haar snaaksste, en vernederendste, oomblik op die stel van Wyfie

Dié toekennings, wat deur Screen International aangebied word, word op 20 Mei 2024 in Cannes, Frankryk, uitgedeel.…

18 hours Gelede

Kokkedoor se inskrywings is oop! Is jy gereed om oor die kole gehaal te word?

Soos in die eerste aflewering van Kokkedoor Vuur & Vlam in 2023, moet deelnemers vanjaar…

2 days Gelede

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 weeks Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 weeks Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

2 weeks Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

2 weeks Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.