Margaret se Wêreld: Ons het almal soms ’n helpende hand nodig

Margaret se Wêreld: Ons het almal soms ’n helpende hand nodig deur Margaret Gardiner. Hooffoto vnlr: Margaret Gardiner, Isan Elba, Alicia Lutes, Jordyn Woods, die medestigters van die Midsail-toepassing

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Mense praat nie maklik oor geestesgesondheid nie. Ander siektes word openlik bespreek, maar geestesongesteldhede is ’n taboe.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Ek is onlangs deur baie trauma. Die ergste was toe ek moes toekyk hoe my ma agteruitgaan en hulpeloos raak en later sterf. Haar siekte en dood het my op maniere geraak wat ek nie kan beskryf nie. Dit het plaasgevind toe ’n groot projek waaraan ek twee jaar gewerk het, verbrokkel het. Ek was verpletter, maar het nie in depressie verval nie. Hoewel mense my gevra het of ek depressief was, het ek met ’n agtergrond in sielkunde en ’n natuurlike optimisme net ’n diep hartseer en tye van sosiale onttrekking ervaar. Maar ek het steeds aangegaan. Met ’n vol, aktiewe lewe kon ek my kop aan die gang hou en nie in hartseer verval nie.

Lees ook: Margaret vertel: ’n Ma soos myne

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Margaret se Wêreld: 2018 in oënskou

Maar die waarheid is dat ek eers onlangs, toe ek weer kanker gekry het, waarlik afstand van my ma se dood gekry het.

Ek deel dit met julle omdat ek onlangs genooi is om die gasvrou te wees by die Golden Globe Ambassadeur- middagete vir blogskrywers en invloedrykes wat deur die HFPA aangebied is.

Lees ook: Margaret se Wêreld: Laat die kos skitter

Dit was die bekendstelling van die nuwe Golden Globe Ambassadeur en bedoel om juis op haar belangstellings te fokus. Sy is Isan, die dogter van Idris Elba, die Britse akteur. Sy is openlik oor hoe sy in Atlanta grootgeword het met ’n ma met emosionele probleme. Sy is self ook op skool geboelie.

Soos so baie kinders wat geboelie is, wou sy nie uitpraat oor wat met haar gebeur het nie, maar sy het berading gekry toe haar ouers daarvan uitgevind het. Sy het sekere dinge gedeel spesifiek met die Afrika-Amerikaanse gemeenskap. Veral aspekte van geestesgesondheid wat nie altyd aangespreek word nie en daarom wou sy ’n paneel-gesprek daaroor hou.

Die versnaperinge by die geleentheid

Die feit is mense sukkel met geestesgesondheid ondanks al die inligting tot hul beskikking. Daar is ’n emosionele ontkoppeling in ’n wêreld waarin die sosiale media van mense verwag om perfek te wees. Mense meet hulself aan ander. Mense dink hulle verstaan hulself en dink as hulle meer vriende, meer geld het en perfek is, die perfekte huis, die perfekte lyf en klere sal die lewe perfek wees. Ons meet onsself aan ander en voel minder vir onsself. Daar is ’n aanhaling waarvoor ek lief is. Om dinge te gebruik om ons beter te laat voel, is soos om kos aan jou lyf te hang as jy honger is. Dit voed jou nie. Ons is besig met dinge wat nie die siel voed nie.

Lees ook: Margaret se Wêreld: Ons het almal sulke dae

Ek het voor die funksie met kenners gepraat. Trevor Project doen berading onder die jeug en diegene wat verlore en hulpeloos voel. (Jy kan hulle op Instagram volg by @trevorproject.)

Ek het ook gepraat met dr. Emeran Mayer, wat neurobiologiese stres en die verband tussen gesondheid en stres bestudeer.

Op die paneel saam met Isan Elba was ook Alicia Lutes, ’n komediant wat maniese episodes van angstigheid beleef. Leefstyl- en liggaamspositiwiteitsadvokaat Jordyn Woods (met 2 miljoen volgelinge) en mede-uitvinder van die toepassing, Mindsail, wat kenners in staat stel om mense in nood te beraad, was ook op die paneel.

Dit is aangebied by die Beverly Hilton in Beverly Hills met top lede van die media teenwoordig. Dit was een van daardie geleenthede waar dit nie oor buitestaanders gegaan het nie, maar ek wou professioneel lyk omdat ek my organisasie verteenwoordig. Ek het met top invloedrykes in Los Angeles geskakel en ek wou hê my voorkoms moet toon ek het moeite gedoen.

Oliver Tolentino het my gered met ’n rok wat jou liggaamsvorm aanneem. Dit het ’n koningsblou patroon teen ’n vleeskleur net gehad. Ek het Steve Madden-skoentjies van my skoenrak gekies en diskrete pêrels bygevoeg. Die lyfpas-rok is gekomplementeer met ’n baadjie geinspireer deur die vyftigs en ’n klassieke Doony and Bourke-handsak.

Vier dae tevore het ek ’n teenverouderings gesigbehandeling gehad en ek het op my beste gevoel. Ek het die minimum grimering gedra. Net voor ek die huis verlaat het, het ek my hare met Bumble and Bumble gesproei.

Lees ook: Margaret se Wêreld: Die oploop tot die Golden Globes

Die gespreksgroep het gefokus op hoe Isan haar reaksie op die geboelie probeer hanteer het deur dagboek te hou. As jy niemand het om mee te praat nie en nie met ’n sielkundige kan praat nie, help dit om dinge neer te skryf en dit dan op te skeur, meen sy. Om dinge neer te skryf, help jou om emosies los te maak. As jy dit weer deurlees, gee dit jou perspektief.

Alicia Lutes het vertel hoe sy vrede gemaak het met haar emosies en nie meer daarteen veg nie. “Ek is angstig … omdat ek toegelaat word om so te voel, ek kan daardeur kom.” Deur die regte stappe te volg, kan sy haar angs verlig. Sy het gevind dat die regte asemhaling haar stabiliseer. Deur te fokus op haar asemhaling, kan sy kalmeer en deur die angs beweeg.

Jordyn Woods, wat bekend geword het vir haar positiewe liggaamsbeeld en vriendskap met Kylie Jenner, ja van Kim Kardashian- faam, het haar kurwes en liggaam leer omarm. Nadat sy iemand na aan haar aan die dood afgestaan het, het sy oefeninge gedoen om haar te help om dit te verwerk. Oefeninge laat natuurlike endorfiene vry en lig die gemoed. Dit het haar ook gehelp om gewig te verloor, maar die mense wat haar geprys het omdat sy haar lyf met kurwes aanvaar, het haar veroordeel oor haar nuwe lyf.

Lees ook: Margaret se Wêreld: Ons het almal bad hair days

Toe ek haar vra hoe sy daardie negatiwiteit hanteer het, het sy ’n wyse antwoord gegee, “Ek kyk van watter mens dit kom en wat sy agenda is. Is dit iemand wat ’n mening gee sonder dat hy my ken? Is dit my prokureur of bestuurder? As ’n mens eers oordeel van wie dit kom en wat die agenda in konteks is, kan jy die kritiek makliker hanteer.”

Met Isan en Jordyn

Dié raad klink eenvoudig. As ons in die maalstroom is is dit moeilik om perspektief te kry, maar om onsself te leer om dinge stadiger te neem, en met die regte asemhaling kan ons onsself bemagtig om op ’n geestesgesonde manier voort te gaan.

Ons besef nie hoeveel krag dit neem om deur die dag te kom nie.

Behandel jouself asof dit ’n geliefde vriend is.

Vergewe jouself vir jou foute.

Lees ook: Margaret se Wêreld: Omhels wie jy is

Soet bederfies om huis toe te neem

Volg gerus Margaret se blog vir rooi rose waar sy ons vertel oor haar interessante en besige lewe. Jy kan haar ook volg op Instagram, facebook, twitter en haar YouTube-kanaal waar sy met bekendes gesels.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

4 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.