kategorieë: KalenderOntspanning

Die eerste Keyes Pantry-mark van 2019: 26 Januarie

Die eerste Keyes Pantry-mark van 2019: 26 Januarie Foto’s verskaf.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die Pantry Mark by die Keyes-kunsmyl in Rosebank, Johannesburg, is terug vir die jaar! Hierdie mark fokus op ’n gesonde en eko-vriendelike leefstyl. Jy kan onder meer die galerye by die kunsmyl besoek, ontbyt en middagete geniet én gesonde, tuisgemaakte produkte koop.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die mark het talle nuwe, plaaslik vervaardigde produkte. Jy kan aanvullings, smoothie-mengsels, gedroogde- en vars gesonde versnaperinge, sappe en kruietee uit Kenia koop. Gunstelinge soos die heelgraan-produkte, plaaslike heuning en vars seisoenale produkte is ook te koop. Daar is ook lekkernye soos  sjokodale, pasteie, crêpes en roomys. En, natuurlik kan jy ook ’n glas vonkelwyn geniet!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Van die hoogtepunte die naweek is die praatjie om tienuur by die Mesh Club Teater deur die World Wildlife Fund oor die Living Planet-verslag. Twee gelukkige wenners sal by die geleentheid elk ’n eetbewys van R500 by MomoKuro wen. Vind uit hoe om deel te neem deur hulle te volg op twitter, op Facebook en op Instagram.

Hierdie mark is plastiekvry. Vind meer uit oor die Eco-brick-veldtog waar jy plastiekbottels kan verpak en by die mark aflaai. Dit word by die mark gehaal deur die ADVA -Jeugvaardigheidsontwikkelingsprogram, wat die plastiek gebruik om banke, meubels en geboue vir skole te vervaardig.

Lees ook: 9 maniere om plastiekvry te lewe

Dié mark word op die laaste Saterdag van elke maand gehou by Keyeslaan, Rosebank.

Wat jy moet weet:

Waar: Keyes-kunsmyl, Rosebank, Johannesburg

Datum: 26 Januarie 2019

Tyd: 09:00 – 14:00

Besoek hul webblad vir verdere inligting

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 day Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 day Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

2 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

2 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.