kategorieë: Leef gesondGesondheid

Die fases van uitbranding

Is jy op die punt van uitbranding?

• Voel jy heeltyd fisiek moeg, en of elke dag ’n moeilike en slegte dag is?
• Is jy emosioneel gedreineer, oorweldig en gefrustreerd? Voel dit asof jou verantwoordelikhede net te veel is en jy nie meer daarvoor kans sien nie?
• Het jy min vreugde, motivering en belangstelling in jou werk en maak dit jou depressief?
• Is jy angstig en bekommerd oor alles wat jy moet doen?
• Sukkel jy om te slaap of behoorlik te eet?
• Sukkel jy om te konsentreer en te onthou?
• Is jou immuniteit laag en raak jy maklik siek? Sukkel jy met hoofpyne en nek- en rugspasmas?
• Het jy meer verantwoordelikheid as wat jy kan hanteer, maar nie die gesag om dinge te kan verander nie?
• Voel jy jy word misbruik, nie waardeer en verstaan nie en raak dan geïrriteerd?
• Onttrek en isoleer jy jou van ander?
• Gebruik jy kos, pille, drank, dwelms, sigarette, sosiale media of sinnelose aktiwiteite om te oorleef?
• Voel jy vasgevang in ’n situasie wat jy nie kan hanteer of verander nie?
• Is jou produktiwiteit en doeltreffendheid laag en neem dit langer om dinge te doen ?
• Voel jy jy is in die verkeerde beroep, huwelik of omstandighede?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

As dinge jou oorweldig en jy kan nie “nee” sê of jou situasie verander nie, stuur jy op ’n groter probleem as jou huidige situasie af.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die vier fases van uitbranding

1 Fisieke, geestelike en emosionele uitputting: Jy moet meer doen met minder energie; jou skedule is oorvol en onhanteerbaar. Jy voel skuldig en dat jy dinge net móét laat uitwerk.
2 Twyfel en skaamte: Jy probeer hard, maar sukkel om by te hou en voel oorweldig en twyfel of jy nog meer kan hanteer. Jy begin waardeloos, onseker en minderwaardig voel.
3 Negatiwiteit, sinisme en ongevoeligheid: Jou stres versmoor jou en maak jou bitter, gefrustreerd, kwaad, geïrriteerd en hard. Jy begin ander se motiewe en omgee betwyfel en isoleer jou emosioneel en sosiaal.
4 Krisis, hulpeloosheid en mislukking: Dinge val uitmekaar. Jou pogings en emosies verkrummel. Jy kan fisiek en emosioneel net nie meer opstaan nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Uitbranding word nie net deur stresvolle werk- en huislike omstandighede met te veel verantwoordelikhede veroorsaak nie. Mense se leefstyl en sekere persoonlikheidseienskappe kan daartoe bydra.

Lees ook: 7 maniere om werklik te ontspan

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Doen iets anders as alles te veel raak

• Kry behoorlike hulp en ondersteuning.
Wees eerlik met jouself en konfronteer jou werklikheid: Jy het ’n probleem; gee aandag aan jou ontkenning van die situasie; erken iets moet verander.
Stel grense vir jou werk en persoonlike lewe, vir werksure, verantwoordelikhede en vir elektroniese media. Skakel jou foon ná werk af en beperk die tyd per dag wat jy aan e-posse bestee.
Wees en leef in die oomblik. Vat een dag op ’n slag en sê vir jouself emosies en situasies is tydelik en sal vir seker verbygaan.
Dink positief en glo dinge kan verander. Staak denke van veralgemening en verban woorde soos “altyd” en “nooit”, of iets soos “my lewe is ’n gemors!” Nee, hierdie situasie is nóú ’n gemors; ek sukkel nóú om te slaap; bekommer my nóú.
Fokus op basiese dinge: Sorg dat jy genoeg en goed slaap, eet reg, genoeg en gesond, oefen en kom in die natuur.
• Ontwikkel warm omgeeverhoudings en ’n ondersteuningsnetwerk van mense in werk- en persoonlike verband.
Kom ’n bietjie weg: Gaan gereeld weg vir ’n rustydjie, naweek of vakansie.
Herbesin en bedink jou waardes, doelwitte, planne en lewenstyl. Doen wat vir jou sin maak en geluk bring en kry berading om hierin te help.
Werk doeltreffender en nie harder nie deur te beplan, te struktureer en ondersteuningsbronne te gebruik.
Maak minder: goed, aktiwiteite, verantwoordelikhede.
Delegeer, vra en aanvaar hulp. Niemand is onvervangbaar nie.
Klaar rolle en verantwoordelikhede uit: Wat is joune en wat is ander s’n.
• Leer om “nee” te sê.
• Leer hoe om stres te hanteer.
• Maak ’n ontspanningsritueel deel van jou dag: stap met die hond, luister na musiek, lees, skryf in ’n joernaal, of doen iets kreatiefs.

Lees ook: Goeie energieplanne wat altyd werk

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 day Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

2 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

2 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.