kategorieë: OuerskapJou lewe

Die feeks faktor – wanneer meisies mekaar boelie

Die feeks faktor – wanneer meisies mekaar boelie deur Cornél Dunn. Foto’s: Pexels

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die feeks faktor – wanneer meisies mekaar boelie

Jou dogter betree feitlik daagliks ’n wêreld waarvan jy niks weet nie: Die skool. Hier regeer ’n subkultuur, die sogenaamde cool crowd, wat besluit of sy sosiaal aanvaarbaar is of nie. Die gevolge van hierdie verwerping is dikwels erger as wat ouers vermoed, soos in Heidi se geval.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Lees ook: 10 dinge wat jy nooit vir jou tiener moet sê nie

Heidi se storie

Heidi* was ’n sewentienjarige donkerkop- meisie met al die eienskappe wat van haar ’n gewilde en gelukkige skolier behoort te maak. Sy was ’n akademiese presteerder, goeie atleet en besonder aantreklik.

Toe sy haar ouers oorgehaal het om haar by ’n eksklusiewe meisieskool in te skryf, het sy drome gekoester van nuwe vriendskappe en sorgvrye koshuiskaskenades. Sy sou eendag haar dogters ook na dié skool wou stuur en ’n tradisie begin wat al die geslagte sou bind.

Maar Heidi is so geviktimiseer deur van die ander meisies in die koshuis dat sy vandag ’n skaduwee is van die kind wat sy was. Sy het die eerste paar maande in die koshuis baie gewig verloor en haar heeltemal aan die gesin onttrek wanneer sy naweke tuis was. Maar dit was eers ná haar ma agtergekom het dat haar tienerdogter snags haar bed natmaak, dat sy haar oor die onderliggende kwessie gekonfronteer het.

Hoewel Heidi se ouers dadelik ingegryp het, was die skade reeds gedoen. Hul selfversekerde dogter het ’n gespanne onderpresteerder geword. Haar gemiddeld het binne drie maande van tagtig tot ses en twintig persent geval.

Dis nou twee jaar en honderde finansieel uitputtende terapiesessies later, maar sy drink steeds medisyne om haar selfmoordneigings te onderdruk.
*skuilnaam

Lees ook: Voel jou tiener eensaam?

Wat is dit wat meisies aan mekaar doen en hoekom?

Rachel Simmons, skrywer van die boek Odd Girl Out, glo dat meisies net so aggressief soos seuns is, maar baie meer subtiel. Hul dade is dikwels “onsigbaar”, wat verklaar waarom ouers en onderwysers dikwels nie bewus is van die geboelie nie. Deur net hul oë op ’n spesifieke manier te rol of hul rug na iemand te draai, kan hulle ’n medeleerling uitsluit sonder dat enige van die omstanders onraad vermoed.

Rachel sê ook dat die oorsaak van die verborge aggressie in meisies baie te make het met ons kultuur. Meisies word geleer om gaaf te wees en konflik te vermy. Die onderdrukte emosies gee so aanleiding tot agterbakser vorms van aggressie. So spring hulle ook alle verantwoordelikheid vir hul optrede vry.

Lees ook: Is jy ’n waghond of spioen? Wat jy moet weet oor jou tiener aanlyn

Liewer gewild as slim

’n Dertienjarige laat selfversekerd van haar hoor: “Op skool hang drie kwart van jou geluk van die sosiale interaksie af, en net ’n kwart van die akademiese deel. Ek wil baie liewer gewild as slim wees.”

Dié gewildheid word gemeet aan die hoeveelheid vriendinne wat ’n meisie het. Tieners erken gemaklik dat hulle eerder verkies dat hul maats op hulle pik as dat die groep hulle uitsluit. Op hoërskool is die verhouding met jou maats baie belangriker as dié met jou ouers. Ouers moet nooit die omvang en belangrikheid hiervan onderskat nie.

Lees ook: Wat jy moet weet oor tieners agter die stuur

Wat sê die skoolhoofde?

Civvie-dag is vir sommige kinders hul grootste nagmerrie van die jaar. Hier word openlik ’n lyn getrek tussen cool kinders en die bleeksiele.

George Germishuys, skoolhoof van die Hoërskool Durbanville, sê hy sien dikwels hoeveel angs en ongemak dié soort onderskeiding veroorsaak. Maar, voeg hy by, die res van hul lewe gaan tog ook soortgelyke probleme oplewer. ’n Mens kan nie ’n kind in watte toedraai nie.

George het nie ’n groot probleem met boeliery by sy skool nie en skryf dit toe aan die feit dat sy skool betreklik klein is. Onderwysers ken die kinders beter en kom makliker agter as iets verkeerd loop. Indien daar gevalle van boeliery voorkom, betrek hy die slagoffer ook en nie net die boelies nie. Hy tree dan as arbiter op.

George meen daar moet ’n onderskeid gemaak moet word tussen kinders wat uit die groep gestoot is, en kinders wat alleenlopers is. Sommige kinders het net nie die sosiale vaardighede om in ’n groep te beweeg nie.

By verskeie van die skole waar ek navorsing gedoen het oor die neiging onder meisies om mekaar se lewe ondraaglik te maak, het ek my in ’n muur van ontkenning vasgeloop. Baie skole weier om die bestaan van ’n boeliekultuur te erken en sommige maak dit as onskuldige “kinderstories” af.

Lees ook: Oorweeg jou tiener selfdood? Help so

Resep vir sukses

Paul Besener, skoolhoof van die Milnerton-hoërskool in Kaapstad, is die uitsondering. Hy is deeglik bewus van die boeliekultuur in skole en het sy eie metode om die saak te hanteer. Volgens Paul sê die boeliery van die meisies is baie meer geslepe en gemeen as dié van die seuns. “Seuns ruk mekaar ’n bietjie rond en raak soms kwaai aggressief teenoor mekaar. Maar dis ongekompliseerd en sonder verskuilde agendas,” vertel Paul.

By Milnerton is daar geen detensie vir boeliery nie. Daar word eerder ’n individuele kontrak met elke leerder gesluit wat hom of haar hieraan skuldig maak. Paul sê dat hy hierdie kontrak skaamteloos gebruik om kinders met gedragsprobleme te dwing om aan gesonde groepsaktiwiteite deel te neem waar hulle van hul frustrasies ontslae kan raak.

So “vonnis” hy dikwels ’n boelie tot ’n paar maande se tennis of netbal ná skool. Dikwels ontdek die kind sy potensiaal in so ’n sport en behoort die wangedrag tot die verlede. Hy glo nie in “straf” nie omdat hy dit as net nog ’n manier van boelie sien.

Paul skryf baie van ons kinders se gedragsprobleme daaraan toe dat hulle die eerste kinders is wat uit die sogenaamde televisiegeslag gebore is.

Die gesin sit nie meer saam aan tafel vir aandete nie. Elkeen gryp sy bord en vlug in sy eie rigting en kinders leer nie om sosiaal te verkeer nie. Daar is min interaksie in die gesin en kommunikasie is dikwels afwesig.

Die enigste manier waarop so ’n kind dan sosialiseer is om te boelie, of om toe te laat dat ander hulle boelie in hul poging om in te pas.

Paul het ook ’n waarskuwing vir die ouers wat onbetrokke by hul kinders se skoolaktiwiteite is. Hy glo dat die spruite van betrokke ouers groepdruk baie beter hanteer as die ander. Hierdie kinders is seker van hul veiligheidsnet tuis en weerstaan die druk baie beter as die kinders wat nie daardie ondersteuning het nie.

Lees ook: Verstaan jou tiener se streke

Raad aan ouers

Dr. Phil McGraw en sy seun Jake het ’n projek in Amerika begin waar hulle skole betrek om hulle bewus te maak van die gevare van boeliery. Hy het die volgende raad vir ouers en onderwysers:
Ouers moet hul kinders bemagtig en oplettend wees. Kontak die boelies se ouers. Raak betrokke. Moet dit nooit as iets van mindere belang hanteer nie.

Onderwysers moet besef dat as een kind geboelie word, dit die hele skool se probleem is. Skep ’n waardestelsel in die klaskamer en op die speelterrein.

Stel dit onomwonde dat ’n bystander wat niks doen om die boelie te stop nie, ook ’n boelie is.

Ons grondwet gee aan elkeen die reg tot opvoeding. Maar ons kan nie elke kind aan die hand vat en deur ’n vreeslose skooldag lei nie. Miskien is dit ook deel van die leerskool van die lewe, want buite die hekke van die skool begin die eintlike stryd om oorlewing van die sterkste …

Lees ook: As rekmerke jou tiener se selfbeeld knou

Word jou kind geboelie?

Tekens om na op te let:

  • Skielike onttrekking van sosiale aktiwiteite
  • Slaapprobleme
  • Verskonings om nie skool toe te gaan nie

Lees ook: Nege tienersiektes waarvan jy moet weet

Die donker kant van groepe

  • In sy omstrede boek, Best Friends, Worst Enemies, beweer dr. Michael Thompson dat boelies nie noodwendig slegte kinders is nie. Hulle eksperimenteer dikwels net met sosiale mag. Dit is ’n menslike verskynsel wat met die regte leiding positiewe gevolge kan hê.
  • Gewilde kinders moet geleer word hoe om leiers te wees.
  • Met die regte leiding kan kinders in ’n groep die waardes van lojaliteit, leierskap en opregte vriendskap leer.
  • Dr. Thompson waarsku ouers om te onderskei tussen positiewe en negatiewe groepsidentiteit. Daar is dikwels ’n leier in die groep wat die mag het om die res te beïnvloed – ten goede of kwade.
  • ’n Groep word negatief as daar aktiwiteite uit hul saamwees spruit wat nadelig vir die individu is. Kinders doen soms dinge in ’n groepsopset wat hulle nooit op hul eie sou doen nie.
  • Soms sal ’n kind skuldig voel oor sulke aktiwiteite, maar so bang wees om uitgesluit te word, of self ’n slagoffer van die groep te word, dat hy onwillig sal meedoen.

Lees ook: 20 dinge wat jy kan doen om dinge makliker met ’n moeilike tiener te maak

Leesstof: Simmons, Rachel. Odd Girl Out
Wiseman, Rosalind. Queen Bees and Wannabes

Deel
Gepubliseer deur
Anelle Tewson

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.