Ruk hand-uit tydens die heel eerste Franschhoekse Handwerkfees wat op 5 November plaasvind. Hierdie eerste-van-sy-soort-fees word van 11vm tot 5nm op die wynplaas Môreson aangebied.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Ervaar eerstehands die geure en smake van handgemaakte kos en drank, asook gespesialiseerde en beperkte items soos kuns, juweliersware en weelderige leergoedere.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Die Franschhoekse Handwerkfees sal beslis nie “droog” wees nie want heelwat plaaslike wyn, Cap Classique, handgemaakte bier en spiritualieë wat in klein volumes gemaak word, sal beskikbaar wees. Môreson se restaurant, Bread&Wine, sal oop wees met sy bekende en gewilde charcuterie en tuisgebaakte brode, terwyl ander produsente van tuisgemaakte kosse byderhand sal wees om hul kaas, tuisgebak, sjokolade en veel meer ten toon te stel.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Die verrigtinge sal opgekikker word deur musiekvermaak. Bring dus familie en vriende saam want daar sal iets vir ’n ieder en ’n elk wees.
Kaartjies kos R180 per persoon en kan by www.webtickets.co.za bespreek word.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Hierdie webwerf gebruik koekies.