kategorieë: Kalender

FAK Musiekfees

Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK), in samewerking met SA Expo Feesgids, bou voort op die sukses van groot kuier- en kultuurfeeste – soos KKNK, Innibos en Aardklop – en loots op 19 en 20 Augustus 2016 die eerste jaarlikse FAK Kunstefees, wat voortaan in Gauteng gaan nesskop.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die terrein van die kultuurryke Voortrekkermonument dien as die hartklop van hierdie feestelike geleentheid, is sentraal geleë en het genoeg spasie om duisende mense met gemak te hanteer. Alhoewel musiek vanjaar die hooffokus gaan wees, word daar reeds beplan om van volgende jaar af allerlei kunste, wat verhoogproduksies insluit, ’n volwaardige feesplatvorm in Pretoria te gee. 150 spesiale uitstallers – wat kuns- en kosstalletjies, bier- en wynareas en kindervermaak insluit – gaan van die begin af deel wees van die pret. Natuurbewustheidsprogramme, wat slang- en roofvoëlvertonings insluit, is ook deel van die program.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Feeshekke gaan elke oggend van nege-uur af oop wees en teen tienuur sal die eertse vertonings op die dagverhoog begin. Feesgangers kan daarna uitsien om gedurende die dag vermaak te word deur kunstenaar soos Armand – The Singing Cowboy met sy dansende perd, Izaan, Marius Dippenaar, Jason, Ronaldo, Maryna Knoesen en vele meer. Saterdag sal daar ook ’n spesiale koorfees wees waaraan sowat ’n duisend kinders gaan deelneem.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die fees sal Vrydagaand op ’n hoë noot afskop met ’n spesiale rock-konsert wat groot name, soos Francois van Coke, Anton Goosen, Saarkie, Beeskraal en Riaan van Rensburg, gaan insluit. Die vertoning sal reeds om 19h00 begin. Saterdagaand se hoofkonsert gaan ’n musiekskouspel wees wat die gehoor se asem gaan wegslaan. Gewilde name in die Afrikaanse musiekbedryf – soos Kurt Darren, Manie Jackson, Ricus Nel, Jakkie Louw, Jak de Priester, Arno Jordaan, Liza Brönner, Nadine, André Schwartz, George Longane, Jezelle en Lance James – gaan hulle grootste treffers, asook lekker saamsing FAK-liedjies op die verhoog deel. Lance James sal ook tydens hierdie geleentheid vereer word vir sy lewenslange bydrae tot Afrikaanse musiek.

Jezelle se enkelsnit, Vir Ons Mense, sal die amptelike feeslied wees waaraan al die kunstenaars en ’n massakoor gaan deelneem tydens die hoofkonsert. Die liedjie is reeds wêreldwyd, op iTunes en ander musiekplatvorms, beskikbaar en die musiekvideo word eerskomende Saterdag eksklusief op kykNET se Jukebox bekendgestel. Johan Yssel, Jezelle en van die kunstenaars wat by die fees optree sal ook in die ateljee wees om oor die geleentheid te gesels. Vir Ons Mense gaan ook voortaan as ’n gewilde televisie-kanaal se temalied gebruik word.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Deel
Gepubliseer deur
Nicole Kemp

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

4 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

4 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

4 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

4 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

5 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

5 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.