kategorieë: DekorDoen dit self

Kreatiewe beligting

Teekoppies

Haal jou teekoppies uit wat jy nooit gebruik nie en omskep dit in ’n unieke hanglamp vir jou teetafel. Ons het met die diamantpunt van ’n elektriese boor gaatjies geboor en die piering met epoksiegom aan die koppie vasgeplak. Gebruik ’n gloeilampie met ’n lae elektriese stroom soos vir die lamp wat uit Bashew-botteltjies geskep is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Boeke

Ek het die boeke vir hierdie twee lampskerms by ’n tweedehandse boekwinkel gekoop. Maak seker jy gebruik buisligte met ’n lae elektriese stroom (verkieslik 40 watt met 220 volt) om te voorkom dat die boeke brand.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Aardbolle

Ek het die oorspronklike aardbolle by ’n straatverkoper teen R62 elk raakgeloop. Ek het hulle netjies middeldeur gesny en nou is dié alternatiewe skerms perfek vir ’n kantoor of bokant ’n student se lessenaar.

Bashews

Bashews, die oudste koeldrank-handelsnaam in Suid-Afrika, kan prettige kombuisligte maak. Sny die botteltjies aan die onderkant oop en seël bo met ’n kurkprop. ’n Transformator en halogeen gloeilampe van 20 watt en 12 volt  is ’n moet om die elektriese stroom van 220 volt huishoudelike krag na 12 volt oor te skakel.

Tuinligte

Hier het ons dik glase gebruik wat aan staalpenne geheg is. Die elektriese drade is deur die pen gelei voor die lampie gemonteer is. Onthou om ’n lae elektriese stroom te gebruik.

CD-Houers

Gebruik wondergom om die houers in ’n netjiese sirkel te pak voordat jy dit met deurskynende epoksie-gom aanmekaar heg. Laat goed droog word voordat jy die liggie aanbring (40 watt met 220 volt.)

Teepot

Hierdie oulike lampie was oorspronklik ’n teepot en poedingbakkie. Plaas ’n staalpypie in die teepot waardeur die elektriese draad moet gaan. Boor ’n gaatjie in die teepot en die bakkie en heg die staalpypie aan beide kante vas. Alhoewel hier net een gloeilampie is, sal dit steeds moet aangepas word soos in die geval met die Bashew-bottels.

Deel
Gepubliseer deur
Cornel Dunn

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.