kategorieë: Video'sOntspanning

Die Haaie: Curriebeker-kampioene én wenners van ons harte!

Die Haaie: Curriebeker-kampioene én wenners van ons harte! Deur Zoë Salzwedel. Hooffoto: Wavebreakmedia/istock images

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Of jy nou ’n stoere ondersteuner van die Haaie is of nie, is een ding seker: Hulle is beslis ’n rugbyspan met hope gees! Dis nie net hulle rugby nie, maar ook hulle manewales op sosiale media wat ons gaande het. Dis duidelik dat rugby maar net een van die “sports”-soorte is waarin hulle uitblink. Boonop lyk hulle behoorlik in hulle element voor die kamera!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Ons het ’n bietjie op hulle sosiale media platforms gaan rondkrap en op ’n klomp lekkertes afgekom. Die Haaie is mal daaroor om parodie-video’s te maak. Hulle het reeds hulle ritmiese danspassies en indrukwekkende spiere op gewilde trefferliedjies soos Vanilla Ice se Ice Ice Baby, Snoop Dogg en David Guetta se Make You Sweat en Backstreet Boys se Everybody (Backstreet’s Back) vertoon.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Allesbehalwe ysig:

Nie eens die Backstreet Boys het so goed gelyk in hul musiekvideo nie:

Op die veld of in die gym, die Haaie rus tog nooit nie:

Verder het hulle gelukbringer, Sharkie, sy eie weergawe van die #BabySharkChallenge gemaak om ondersteuners te motiveer om na hulle wedstryde te kom kyk, en laai die Haaie dikwels kort video-onderhoude met hulle spelers op hulle sosiale media.

Sharkie: #BabySharkChallenge

Met sewe Curriebeker-titels agter hul naam, is die Haaie beslis een van Suid-Afrika se gunstelinge, en ook die vierde suksesvolste provinsiale rugby-unie in die land. Dit was ook die vierde eindstryd in ’n ry tussen die WP en die Haaie waar die besoekende span gewen het.

Interessante feit

Het jy geweet dat daar drie boeties vanjaar vir die Haaie speel? Die tweelingboeties Daniel en Jean-Luc Du Preez, en hulle ouer broer Robert Jnr Du Preez, speel almal vir die Haaie. En asof dít nog nie indrukwekkend genoeg is nie, kan ons hulle pa Robert James Du Preez (beter bekend as Robert Snr) by die mengsel ingooi. Robert Snr is ’n voormalige Suid-Afrikaanse Springbokspeler en ook die huidige hoofafrigter van die Haaie se Super Rugby en Curriebeker-spanne.

Ons almal het geweet dat hulle rugby kan speel, maar wie sou nou ooit kon raai dat dié rugbymanne ook kan dans? Op watter liedjie dink jy moet die Haaie volgende ’n parodie maak?

Deel
Gepubliseer deur
Zoe Salzwedel

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

5 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.