kategorieë: Ons menseBekendes

Ses vrae aan Johan Booysen

Ses vrae aan Johan Booysen deur Ilse Salzwedel. Foto: City Press / Khaya Ngwenya/ Gallo Images

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Wie is Johan Booysen?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Dié voormalige bevelvoerder van die Valke in Kwa-Zulu Natal (KZN) was 38 jaar in die polisie en het verskeie plaaslike en internasionale toekennings ontvang. Hy is deesdae ’n spesialis-ondersoeker in die sekuriteitsbedryf en is vroeër vanjaar aangestel as spesiale adviseur vir die nuwe minister van polisie, Bheki Cele.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Ses vrae aan Johan Booysen

Die huidige Sunday Times-redakteur, Bongani Siqoko, het onlangs om verskoning gevra vir hoe vals beriggewing (sogenaamde fake news) in dié koerant die weg gebaan het vir staatskaping binne die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) en die elite ondersoekeenheid, die Valke. Dit het gevolg op ’n reeks gefabriseerde “onthullings” deur die joernaliste Mzilikazi wa Afrika en Stephan Hofstatter. Die koerant het majoor-generaal Johan Booysen, destyds hoof van die Valke in KZN, en 29 polisielede onder sy bevel beskuldig van moord, roof en rampokkery onder die opskrif Cato Manor Deathsquad.

Hoekom was jy en jou eenheid ’n teiken?

Ons was besig met ’n groot ondersoek na Thoshan Panday, ’n sakeman met noue Zuma-bande. Ek is verskeie kere gewaarsku om die ondersoek te staak en is selfs omkoopgeld van R2 miljoen aangebied. Na ’n lokval waartydens meer as R1 miljoen in my motor gesit is, is Panday gearresteer. Toe begin die swartsmeerdery.

Maar ons saak moenie in isolasie gesien word nie. Dit en die stories oor die sogenaamde “SARS rogue unit” en die kastige onwettige uitlewering van vier Zimbabwiërs waarby lt. genl. Anwa Dramat en genl.maj. Shadrack Sibiya betrek is, hou alles verband.

Wie sit agter die kaping van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) en die Valke?

Oudpresident Zuma. Hy het dit gedoen met die hulp van Richard Mdluli, voormalige hoof van misdaadintelligensie, en binne die NVG deur die geskorste adjunkdirekteur van die NVG, adv. Nomgcobo Jiba en haar kollega, adv. Lawrence Mrwebi, wat onlangs op spesiale verlof geplaas is. Dit het oor ’n paar jaar gebeur en daar is nog ander mense, maar hulle is die hoofrolspelers. Ek, die oud-Valke hoof Anwa Dramat, maj.genl. Shadrack Sibiya, adv. Glynis Breytenbach en selfs Robert McBride, onafhanklike polisieondersoek-direktoraat (OPOD)-hoof en ’n struggle-veteraan, is almal al onregmatig geskors weens hierdie mense, wat ek die “cabal” noem.

Kan die publiek die Valke en NVG enigsins vertrou om staatskaping deeglik te ondersoek?

Ek het absolute vertroue in lt.genl. Godfrey Lebeya, die huidige hoof van die Valke. Maar hy het ’n absolute gemors geërf van sy voorganger, Berning Ntlemaza, ’n Zuma-aanstelling wat deur ’n hofbevel uit die pos verwyder moes word. Ntlemaza het gesorg dat al die provinsiale hoofde van die Valke ook vervang word met Zuma-lakeie, en hulle het natuurlik weer húlle vertrouelinge in top-poste aangestel.

Ek ken baie fantastiese, passievolle aanklaers by die NVG, maar selfs al is Shaun Abrahams nie meer daar nie, heers daar steeds ’n atmosfeer van vrees en wantroue. Die geskorste Jiba trek steeds van buite af die toutjies.

Wat is die oplossing?

Ek bepleit ’n geregtelike kommissie na die onafhanklikheid en werkinge van NVG. Terwyl Jiba en ander van die cabal nog daar is, gaan niks verander nie. Al stel hulle wie ook al aan as nuwe hoof. Vra maar vir Mxolisi Nxasana, nog ’n voormalige NVG-hoof. Hy het goeie bedoelings gehad, maar hulle het dit vir hom onmoontlik gemaak om sy werk te doen.

Hoe het die aantygings jou en jou manne se lewe beïnvloed?

Sedert Desember 2011 baklei ons om goeie naam te herstel. Ek het die aantygings al sewe keer in verskillende howe gaan beveg, en al sewe keer gewen, maar dis steeds nie afgehandel nie. Dit tap ʼn mens se energie. Drie van die manne is intussen dood, en ek glo die spanning het tot twee van hulle se dood bygedra. Ten minste twee ander het alkoholiste geword. Dié wat nog nie ander werk gesoek of afgetree het nie, se skorsings is opgehef en hulle is terug by die werk, maar hulle krepeer weens die regskoste. Van die mense het letterlik nie eers petrolgeld om werk toe te gaan nie. Daar is steeds ’n kriminele saak (van rampokkery) teen ons wat pas weer met ’n jaar uitgestel is.

Het jy ’n boodskap vir lesers?

Moenie net om die braaivleisvuur oor die land kla nie. Doen iets! Tensy elkeen sy deeltjie bydrae, gaan niks verander nie. Kyk na jou eie gedrag – ons het ’n wettelose samelewing geword. As jy ’n verkeerspolisieman ’n geldjie in die hand stop om ’n boete te vermy, is jy net so skuldig soos die mense wat verantwoordelik was vir staatskaping.

Lees ook: Jacques Pauw: Vreeslose woordvegter

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

7 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.