Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts en Danie Nel
Nie alleen is daar ‘n drie-persoons beoordelaarspaneel met een internasionale beoordelaar op elke paneel nie, maar die prestasiegleuwe is ook baie hoog; ‘n goue medalje is 94 tot 100/10); silwer is 90 tot 94/100; en brons is 85 tot 89/100.
Daarbenewens sluit die beoordelaarspaneel van Suid-Afrika se voorste wynspesialiste in, maar ook van die wêreld se bekendste wynbeoordelaars waaronder Michel Bettane van Frankryk, Tom Carson, voormalige voorsitter van die Australian National Show en Tamlyn Currin, ‘n lid van die JancisRobinson.com span.
Die Trophy Wine Show genereer meer verkope as enige ander kompetisie of wyngids en is die bedryf se toonaangewende platform vir die viering van die uitnemendheid van Suid-Afrika se premium wyne.
Die spoggeleentheid waar die pryse vir die 24ste keer oorhandig is, is vandeesweek by Quoin Rock wynlandgoed buite Stellenbosch gehou.
- Lekker yskoue vonkelwyn het die atmosfeer van feesviering geskep.
- Samuel Viljoen van Nederburg, Hagen Viljoen van Zevenwacht en Richard Duckitt van Bellingham.
Die wynbedryf is in ‘n maalkolk van verandering; baie wynplase sukkel om kop bo water te hou en internasionele handel vergemaklik nie. Om dus saam met wynmakers hierdie top-prestasies te vier, ‘n ware voorreg.
Altesaam 650 wyne is vir die 2025 Trophy Wine Show beoordeel net 23 trofees, 40 goud (94 tot 100/100), 133 silwer (90 tot 94/100) en 303 brons medaljes (85 tot 89/100) is toegeken.
Vanjaar stel die Trophy Wine Show ‘n nuwe toptrofee bekend – Die Investec Kampioenwynmaker van die Jaar – vir die keldermeester wat direk verantwoordelik is vir die maak van die mees bekroonde wyne van die kompetisie. Die eerste wenner van hierdie trofee is Hagen Viljoen van Zevenwacht Wynlandgoed.
Die wyn-inskrywings per kultivar was as volg: Chardonnay (68), Chenin Blanc (60), Sauvignon Blanc – gehout en ongehout (67), Shiraz (66), Bordeaux-versnitte (59), Cabernet Sauvignon (59), Méthode Cap Classique (38) en Pinotage (31).
- Die spyskaart vir die dag waarmee die dag se wenner-wyn geniet kon word.
- Die heerlike salm Gravilax met mostertsaadjies het die middag se maal ingelui.
- Hoofgereg was geroosterde eend met pomme boulangère en ‘n heerlike sousie daarby.
Michael Fridjhon voorsitter van die beoordelaars, het in sy toespraak gesê: “Benewens die wêreld-uitdagings, is die Baby Boomer geslag besig om die mark te verlaat en dit skep ‘n wonderlike geleentheid om Millennials en Gen Z verbruikers aan die premium wynmark voor te stel. Mededinging van alternatiewe drankies soos alkoholiese lollies en kannabis het die bedryf ook aangespoor om te diversifiseer en sy waardevoorstelle te verbeter. Deur finansiële kundigheid te benut, in volhoubare praktyke te belê en tegnologiese vooruitgang te omarm, kan die wynsektor sy veerkragtigheid versterk en nuwe groeigeleenthede aangryp.”
- Almal wenners wat breëbors kon wegstap is van links: Richard Schroeder van Groot Phesantekraal, Matthys Botes van JC le Roux en Morgan Steyn van De Grendel.
- Hugo van der Ahee en Emile Norman van Investec by die geleentheid.
- Estian de Wet van Constanita Uitsig en Pieter Carstens van Leeuwenkuil.
- Michael Crossley van Riedel glasware wat een van die pryse geborg het en bekende wynmeester en boeoordelaar, Bennie Howard.
Peta Dixon, Hoof van Borgskappe by Investec sê: “Die Trophy Wine Show bied ‘n platform om Suid-Afrika se wêreldklaswyne op die plaaslike- en internasionale verhoog te vertoon. Met ongeveer 17 miljoen glase Suid-Afrikaanse wyn wat daagliks wêreldwyd verbruik word, is dit ‘n geweldige geleentheid vir Brand SA om ons land se uitnemendheid in wynproduksie uit te lig. Boonop dra die wynbedryf meer as R56 miljard tot ons ekonomie by en ondersteun meer as 270 000 werksgeleenthede in verskeie sektore, wat die belangrike rol daarvan in ons nasionale groei- en werkskeppingspogings onderstreep.”
Van die internasionale beoordelaars se gedagtes: Tom Carson: “Die vordering met Shiraz was fenomenaal in die afgelope 12 jaar… baie rooivrugtige shiraz… wat wyne van variëteitskarakter produseer… Australië, pasop!”
Tamlyn Currin: “Om die Cap Classique-klas te proe was vreugdevol. Dit was ‘n viering… Hulle is so Suid-Afrikaans, en behoort regtig in ‘n klas van hul eie te staan. Jy kan hulle nie met enige ander vonkelwynklas (in die wêreld) vergelyk nie, en dis baie opwindend vir Suid-Afrika.”
Michel Bettane: “Die algehele vlak is veel beter as 20 jaar gelede. Beter wymaak, beter kweekmetodes, eksperimentering… en met meer ervaring.”
- Peta Dixon, Hoof van Borgskappe by Investec saam met die verteenwoordigers van Delaire Graff met Michael Fridjon, voorsitter van die beoordelaars.
- Hagen Viljoen van Zevenwacht Wynlandgoed, Rosa Kruger van die Old Vine Project en Michael Fridjhon.
Die trofeewenners is:
- Investec trofee vir SA se Kampioenwynmaker: Hagen Viljoen van Zevenwacht wynlandgoed;
- Business Day trofee vir Beste Shiraz; Investec Internasionale beoordelaars trofee (gesamentlike wenner) en Investec trofee vir beste rooiwyn algeheel: Stellenzicht Arenite Syrah 2023;
- Trofee vir beste Chardonnay; Vinolok trofee vir Beste Premium Wyn en Investec trofee vir Beste Witwyn algeheel: Delaire Graff Estate Banghoek Chardonnay 2023;
- Harold Eedes trofee vir Beste Chenin Blanc en Rosa Kruger trofee vir Beste “Old Vine” wyn: Zevenwacht Z Collection Chenin Blanc 2024;
- Financial Mail trofee vir Beste Sauvignon Blanc Semillon-versnit en Investec trofee vir Ontdekking van die Skou – Beste Waarde goue medaje: Cilmor Winemaker’s Selection Sauvignon Blanc Semillon 2024;
- Investec trofee vir Beste Cabernet Sauvignon: Boschendal Stellenbosch Cabernet Sauvignon 2021;
- Investec trofee vir Beste Organiese wyn: Stark-Condé Three Pines Syrah 2022;
- Investec trofee vir Beste Rhône-styl rooi versnit: Zevenwacht The Tin Mine Syrah Mourvèdre 2022;
- Trofee vir Beste Pinotage: Bellingham The Bernard Series Bush Vine Pinotage 2022;
- Investec Internasionale beoordelaarstrofee (gesamentike wenner): Groot Phesantekraal Syrah 2023
- Sunday Times trofee vir Beste Sauvignon Blanc: Diemersdal The Journal Sauvignon Blanc 2022
- Investec trofee vir Beste Merlot: Groote Post Merlot 2022
- Investec Trophy for Beste Niche Wit: De Krans Tritonia Verdelho 2023;
- Riedel trofee vir Beste Bordeaux-styl rooi versnit: Grand Plaisir Red 2020;
- Investec trofee vir Beste Semillon: Constantia Uitsig Semillon 2024;
- Sowetan trofee vir Beste Cap Classique: Laborie Blanc de Blancs 2019
- Trofee vir Beste Ongefortifiseerde Dessertwyn: Buitenverwachting 1769 Noble Late Harvest 2022;
- Tony Mossop trofee vir Beste Cape Port: Delaire Graff Cape Vintage 2022;
- Trofee vir Beste Museumklas Chenin Blanc: Stellenrust 51 Barrel Fermented Chenin Blanc 2015;
- Trofee vir Beste Museumklas Sauvignon Blanc: Buitenverwachting Sauvignon Blanc Constantia 2017;
- Trofee vir Beste Museumklas Chardonnay: Journey’s End Destination Chardonnay 2016;
- Trofee vir Beste Museumklas Niche White: The Foundry Roussanne 2015;
- Trofee vir Beste Museumklas Cap Classique: JC Le Roux Scintilla 2015;
- Trofee vir Beste Museumklas Dessertwyn en Trofee vir Beste Museumklas Wyn algeheel: Nederburg Private Bin Eminence 2009 (Noble Late Harvest / Botrytis)
- Al die trofeewenners met Hagen Viljoen van Zevenwacht wynlandgoed heelvoor.
- Al die goue medaljewenners pryk met hul sertifikate.
- Hagen Viljoen van Zevenwacht wynlandgoed het beslis rede om breed te glimlag – en amper nie genoeg hande om al sy trofees vas te hou nie! Nie alleen ontvang hy die Investec-trofee vir SA se Kampioenwynmaker nie, maar ook die Harold Eedes trofee vir Beste Chenin Blanc en Rosa Kruger trofee vir Beste “Old Vine” wyn; én die Investec-trofee vir Beste Rhône-styl rooi versnit.
- Stellenzicht is geen vreemdelinge vir die wennerspodium nie. By hierdie kompetsie ontvang hulle die Business Day trofee vir Beste Shiraz; Investec Internasionale beoordelaarstrofee (gesamentlike wenner) en Investec trofee vir beste rooiwyn algeheel: Stellenzicht Arenite Syrah 2023; en trofee vir Beste Museumklas Chenin Blanc. Hier pryk Nico Nortje en Stian Victor.
Die volledige lys van goue-, silwer- en brons medaljewenners is by https://www.trophywineshow.co.za/winners-and-results/ te vind.