Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts
Dis geskoei op ‘n vars voorkoms, ‘n hernieude fokus op terroir, en die gees van ‘n familie-erfenis wat dit vorentoe sal dra. Die historiese familie-wynplaas onthul ook ‘n verfynde reeks wyne, ‘n opwindende nuwe toevoeging tot sy portefeulje, en ‘n nuwe webwerf as deel van ‘n evolusie wat tans daar aan die gang is. En die nuwe Swartland-wynreeks se voorkoms is vars en staan mooi op ‘n wynrak uit!
Die Allesverloren-wingerde is geleë in die bekroonde Riebeek-vallei en strek teen die Kasteelberg op en trek voordeel uit koue, nat winters en warm, droë somers – ideaal vir die produksie van gekonsentreerde druiwe.
Die unieke omgewing kombineer met ‘n ryk geskiedenis en diep verbintenis met die grond as die perfekte fondament vir die maak van uitsonderlike en internasionaal bekroonde wyne. Die Malan-familie versorg hierdie plaas al vir ses generasies en het nou die tafel gedek vir die volgende hoofstuk.
- Dis ‘n pragtige wolklose wintersdag in die vallei, toe ons by die proelokaal vergader vir ‘n dag van feesvieringe. Die Groot Winterhoekberge hou anderkant die vallei wag.
- Die wynmaaktegnieke op die plaas bring hulde aan dit wat voor ons gekom het en inkorporeer dit met die nuutste tegnologie.
Dis ‘n pragtige wolklose wintersdag in die vallei, toe ons by die proelokaal vergader vir ‘n dag van feesvieringe. Neffens die gebou brand die vure reeds sedert vroegoggend hoog: hier berei sjef Sjef Bertus Fourie en sy span een heerlike dis na die ander, terwyl ons aan aan die Chenin blanc 2024 teug.
Onder die Allesverloren-portefeulje weerspieël die Swartland-reeks se onlangse transformasie ‘n groter terroir-gedrewe styl, gevorm deur die karakter van die land en die erfenis wat dit dra. ‘n Nuwe versnit is ook in die vooruitsig. Die Arsonist is ‘n opwindende toevoeging wat later vanjaar vrygestel sal word en wat lig sal werp op die Allesverloren-storie vanuit ‘n vars perspektief, deur beide geskiedenis en innovasie in te span.
Terselfdertyd is die nuwe webwerf die eiendom se nuwe ambassadeur, wat nie net die geskiedenis daarvan weerspieël nie, maar ook die vooruitsigte van ‘n blink nuwe toekoms.
Danie se kinders, Fanie en Danielle, is lank reeds deel van die uitvoerende komitee en anker steeds Allesverloren se storie as deel van die Malan-dinastie, maar ook deur hul vaardigheid en ervaring. Hulle word vergesel deur ervare wynmaak- en bemarkingspesialiste wat gereed is om Allesverloren na nuwe hoogtes te neem.
“Niks gaan vir ons voort sonder die voortdurende herinnering en erkenning van Danie Malan, ons pa, ‘n dierbare vriend en kollega vir baie en ‘n ikoon van die bedryf nie,” vertel Danielle.

Niks is beslis verlore hier op Allesverloren nie. Die Malans se sesde geslag, Danielle en Fanie, het die leisels stewig in hul hande. By hulle staan ma Juanita heel links en Fanie se vrou, Noeleen, derde. Hulle lei nou ‘n nuwe hoofstuk op die plaas in met ‘n vars voorkoms.
Die gevoelens van sy afsterwe laat verlede jaar het deur die plaas se naam weergalm: Alles is verlore.
“Maar die naam is nie vir ons een van wanhoop nie, dis ‘n herinnering aan die 150-jaar lange nalatenskap van vorige geslagte, wat onlangs deur pa Danie gedra is en nou aan ons oorgedra is. Dit is ook ‘n herinnering aan die eienskappe wat Allesverloren al die jare onderskryf het: die moed om pioniers te wees; ‘n vasberade gees; en gesinswaardes,” sê sy.
Om die nuwe etiket vir die Swartland-versameling onder die wenners van WineMag se onlangse Etiket-ontwerp toekennings te hê, was ‘n groot hupstoot en aanduiding dat ons op die regte pad is,” sê Fanie. Die wen-etiket is uitgesonder vir die oorspronklikheid van die konsep, uitvoering, rak-aanloklikheid en effektiewe koummunikasie.

Die nuwe etikette van die Allesverloren Swartland-reeks het klaar pryse ingepalm.
Ons geniet eers die Spaanse Salmorejo – gerookte ryp tamaties, wat met sjerrie-asyun en olyfolie verpulp is en toe met chipotlesout, eier en prosciutto versier is. Dit word met ‘n geroosterde suurdeeg-stafie bedien.
Ek weet ons is in vir ‘n ding met sjef Bertus, wat op die reeks, Kokkedoor Vuur en Vlam sy slag gewys het. Hy doen spyseniering onder Asador Carneology.

Sjef Bertus Fourie en die nuwe assistent-wynmaker, Kara Botha, klink ‘n glasie Tinta Rosé.
Daarna gaan ons aansit vir ete en dis Weskus oesters wat saam met die Chenin dans en dan Yakitori Noorweegse salm met die Tinta Rosé 2024 en die Tinta Barocca 2023 is die ideale pasmaat vir al die lekker vleisdisse wat die sjefspan oor die kole berei soos die ontbeende kwartel met romerige polenta en die Karoo lam kruisskyf – wat met die Cabernet Sauvignon 2021 – die gunsteling om die tafel word – bedien word. Meer Tinta Barocca vir ons wat van Portugese kultivars hou…
Die geroosterde ontbeende varklies met die Shiraz 2022 is net daardie een happie te min, knor my tafelbuurvrou, maar ek is al só versadig en ek sien hoe die span ons nagereg berei.
Die gefortifiseerde reeks bly die fondament van die Malan-nalatenskap by Allesverloren en dis natuurlik die perfekte manier om ‘n lekker plattelandse kuier op die plaas af te sluit. Ons geniet die Cape Vintage 2020 met die geroosterde vy en okkerneutskywe wat met ‘n Rooibos, esdoringstroop en portstylwyn reduksie spog.
- Ons geniet eers die Spaanse Salmorejo – gerookte ryp tamaties, wat met sjerrie-asyun en olyfolie verpulp is en toe met chipotlesout, eier en prosciutto versier is. Dit word met ‘n geroosterde suurdeeg-stafie bedien.
- Dis groot Weskus oesters wat saam met die Chenin dans.
- Geroosterde murgbene is net die teenvoeter vir die daardie bytende wintersluggie. Sit dit by Karoolam en ‘n glas Allesverloren Cabernet Sauvignon en die Kaap is Hollands!
- Yakitori Noorweegse salm is met die Tinta Rosé 2024 voorgesit.
- Die ontbeende kwartel met romerige polenta is heerlik ryk, maar ‘n lekker teenvoeter vir die Tinta Barocca.
- Die gefortifiseerde reeks bly die fondament van die Malan-nalatenskap by Allesverloren en dis natuurlik die perfekte manier om ‘n lekker plattelandse kuier op die plaas af te sluit. Ons geniet die Cape Vintage 2020 met die geroosterde vy en okkerneutskywe wat met ‘n Rooibos, esdoringstroop en portstylwyn reduksie spog.
Die nuwe assistent-wynmaker, Kara Botha, het iets vertel van elke wyn se oes, die hoeveelheid bottels en meer tegniese inligting, maar vir die gaste het die bewys van kwaliteit in hul glase gelê.
Diegene wat hulself van die mooi uitsig met die Groot Winterhoekberge anderkant die vlaktes kon wegskeur, kon deur die kelder stap en sien hoe hier, met oop tenke – tradisioneel aan hoe Portstyl-wyne gemaak word – wat sy aan sy staan met vlekvrye staal tenks, eeuoue tradisies hande neem met innovasie.
En toe is dit tyd vir kuier. Soos net die plattelanders – en net die Malans – kan!
Lees ook: GlenWood vier eerste 40 jaar van boer én eerste 25 jaar van wynproduksie