kategorieë: Reis

Die Karoo Nasionale Park

Die Karoo Nasionale Park is bekend vir sy skilderagtige landskappe en rustigheid, maar daar is nou ’n ander rede om na die gasvryheid te kyk. Deur ’n paar nagte daar deur te bring, sal jy besef waarom hulle vanjaar ‘n sertifikaat van uitnemendheid van die internasionale reiswebtuiste, TripAdvisor, ontvang het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Dit is die wêreld se grootste webwerf wat toeriste help om die perfekte reis te beplan. Dit bied betroubare raad van ander reisigers en ’n wye verskeidenheid keuses en beplanningsfunksies met maklike skakels na besprekingfasiliteite.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

TripAdvisor-handelsmerk webwerwe vorm die grootste reis-gemeenskap ter wêreld en het byna 26 miljoen unieke maandelikse besoekers en bevat meer as 150 miljoen resensies en menings van reisigers oor meer as vier miljoen akkommodasie-fasiliteite, restaurante en toerisme-aantreklikhede. Die webwerwe word in 41 lande wêreldwyd bedryf.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hierdie gesogte toekenning vorm deel van TripAdvisor se veldtog ter viering van gasvryheid en uitnemendheid regoor die wêreld.

Dit is gebaseer op die kwaliteit van die resensies en menings oor die afgelope jaar en dui dat die park konsekwent uitstaande terugvoer van TripAdvisor se reisigers gekry het wat hierdie pragtige deel van die Karoo besoek het. Park-bestuurder Nico van der Walt sê: “Ons is baie nederig oor hierdie erkenning. Die sertifikaat is ’n bewys dat ons ’n wenspan is hier by Karoo Nasionale Park, en dat ons iets reg doen.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

“Van die oomblik wat gaste deur ons voorhek ry doen ons moeite om hulle welkom en tuis te laat voel. Hierdie tendens geld oral in die park waar gaste kontak met enige van ons personeellede het of ons geriewe en aktiwiteite gebruik.

“Die spanlede almal streef om die beste moontlike ervaring te bied terwyl gaste hier is – ’n tuisgemaakte Karoo-gasvryheid – en dit werk aangesien die erkenning dit bevestig,” sê Van der Walt.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

2 days Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

3 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

3 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

3 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

3 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.