kategorieë: Ontspanning

Die KKNK is amptelik aan’t woeker en woel!

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Frazer Barry is die seremoniemeester en hy vertel die 28ste kunstefees – wat eintlik die 30ste sou wees as dit nie vir daardie sekere pandemie was nie – is trots om Suid-Afrika se eerste kultuurfees te wees.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die tema is “’n Kuur vir elke kwaal” – ek likes dit. Hy vra vir Crispin Sonn, voorsitter van Kunste Onbeperk, om ’n paar woorde oor sy gevoel van die fees te sê en die dankbaarheid vir die geleentheid om kunstenaars, gemeenskappe en kunsliefhebbers op die Karoodorp byeen te bring, is duidelik.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Frazer Barry en “Dr.” Hugo Theart, uitvoerende hoof en artistieke direkteur van die KKNK, klink ’n glasie om die fees amptelik te open.

Crispin Sonn, voorsitter van Kunste Onbeperk, heet gaste welkom by die fees.

Absa borg vanjaar vir die 22ste keer die fees en Crispin het gesê dat sonder al die borge soos Absa en Checkers en vele ander, hierdie fees nie moontlik sou wees nie.

Lees ook: KKNK vier vanjaar drie dekades

Checkers het skinkregte by die fees en gaste kon heerlik teug aan die gewilde Odd Binns-reeks vonkelwyn, wit- en rooiwyne tydens die aand.

Guy Redman, die hoof van die Wes-Kaapse Regering se departement Kuns, Kultuur en Sport, sê die provinsie is ingenome met die ekonomiese inspuiting wat die fees vir die dorp en omliggende dorpe beteken, maar dis eerder die vermoë om ons almal bymekaar te bring en sosiale kohisie onder die kunste te bevorder, wat uitstaan.

“Die KKNK het ons geleer dat een-wees nie dieselfde is as selfde-wees nie. Maar ons kan ook nie die gasheer-gemeenskappe vergeet nie. Hulle moet eienaarskap van hierdie fees neem en die waarde daarvan vir hulself voel.”

Guy Redman, hoof van die Wes-Kaapse Regering se departement Kuns, Kultuur en Sport, aan die woord by die amptelike openingseremonie die naweek.

Frazer sê hy vra vir sy seuntjie op pad na die fees, wat dit vir hom hier lekker maak. En dié Antwoord: “Daddy, dis grootvoël-paradys!” Hy sê vir hom is dit heerlik om terug te wees. Hy het sy tande hier kom slyp en kyk waar staan hy nou en praat hopeloos te veel…

Die KKNK beteken ’n ekonomiese inspuiting van meer as R70 miljoen vir Oudtshoorn en omstreke en Frazer sê die premier van die Wes-Kaap, Alan Winde, skryf in die feesgids dat hierdie ’n extravaganza gaan wees. “Ek hou van daai woord.”

Hy sê voorts Oudtshoorn spog met die varsste lug in Afrika en hy het ’n leë bottel gebring en raai al die mense met hul “vapes” aan om dit vol Karoolug te maak.

Die burgemeester, Chris McPherson op verhoog heet gaste amptelik welkom op sy pragtige dorp.

Die burgemeester, Chris McPherson, Maryke Visser (Checkers) en Guy Redman, hoof van die Wes-Kaapse Regering se departement Kuns, Kultuur en Sport.

Chris McPherson, burgemeester, sê as jy eers daardie skoonsste lug ingeasem het, gaan jy selfs in Afrikaans droom.

“Dr.” Hugo Theart, uitvoerende hoof en artistieke direkteur van die KKNK, het met sy medisynetassie die podium oorgeneem en vertel met die tema “n Kuur vir elke kwaal” het hy sy medisynetassie saamgebring om te wys watter doepas daar vir jou kuns-kwale is. “By ons kuns-gesondheidskliniek sal ons jou regdokter.”

Hy het afgesluit deur ’n glasie met Frazer te klink en te sê vanjaar het die span ’n ongelooflike program saamgestel en hulle is geweldig trots daarop.

Johann Slabbert, Elzabé Zietsman en Andre Swartz tydens die geselligheid.

Gaste kon daarna in die vierkant by die historiese CP Nel Museum by die Feeskafee ontspan en het gesmul aan Karootjoppies, -wors en roosterkoeke met kaas en konfyt. Eg Karoo!

Lisa en Crispin Sonn tydens die geleentheid, wat in die saal van die CP Nel Museum gehou is.

Vyf kunstenaars word later vandeesweek by die fees vereer: Deon Meyer met die KKNK Afrikaans Onbeperk-prys vir literêre bydrae, Jana Cilliers met die KKNK-prys vir vertolking, Eldon van der Merwe met die KKNK-prys vir Jong Stem, Poem Mooney met die KKNK-prys vir Lewensbydrae tot Kuns en Kultuur en die visuele kunstenaar Colbert Mashile is die Feeskunstenaar.

Die koor wat vir gaste opgetree het, was die Fezekile Hoërskool-koor.

Die band wat gaste vermaak het, was Die Bos Parade.

• Die Absa KKNK duur nog tot 31 April op Oudtshoorn in die Klein Karoo. Loer na die program hier: www.kknk.co.za. Kaartjies is nog beskikbaar by Webtickets.

Lees ook: Lizz Meiring se KKNK-produksie is vars, vurig en vermaaklik-vreemd

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

7 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.