kategorieë: Bekendes

Die koningin van kurwes het haar eie Barbie

Die bekendstelling van die Ashley Graham-pop het plaasgevind by die Glamour-tydskrif se Women of the Year-konferensie in Los Angeles, waar sy ook met die tydskrif se The Body Activist-ghong bekroon is. Graham is ’n bekende voorstander vir selfaanvaarding en vroulike bemagtiging, en het vroeër vanjaar haar eie plusgrootte onderklere-reeks by die New Yorkse modeweek vertoon:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Lees ook: Ashley Graham, die mooie plusgrootte-model

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Mattel is in die proses om diversiteit en inklusiwiteit te omarm, en die 28-jarige model se pop sal een van ’n versameling wees wat beoog om vroulike rolmodelle wat ander bemagtig en inspireer, te eer. Hierdie versameling staan bekend as Sheroes, en sluit die poppe wat ontwerp is vir vroue soos die sangeres en aktrise Zendaya, die Olimpiese atleet Gabby Douglas, redaktrise Eva Chen, en die ballerina Misty Copeland in. Mattel se bestuurder, Lisa McKnight, het bygevoeg dat die maatskappy hoop om deur hul verhouding met Graham inklusiwiteit in hul produkte nog meer te bevorder, omdat sy ’n baanbreker is wat nuwe moontlikhede verbreed.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Ashley, wie betrokke was by die pop se glansryke uitrusting, was ook baie spesifiek oor hoe die pop moes lyk – geen spasie tussen die bobene, of ‘thigh-gap’ nie. Die pop se bobene móés aan mekaar raak. Sy wou hê die pop moet vir jong meisies wys dat groter bobene normaal en oukei is, ten spyte van die samelewing se boodskap dat dit mooier is om ’n ‘thigh-gap’ te hê.

Dit is vir haar belangrik dat jong meisies kan grootword met die wete dat hul liggame normaal is, en dat hulle daardeur aangemoedig kan word om selfvertroue te hê. Verder moes die pop haar soveel as moontlik verteenwoordig, en sy wou aanvanklik selfs hê Mattel moet selluliet bywerk. Ten spyte van die feit dat plastiek en selluliet nie goed saamwerk nie, dink ons dat Mattel Ashley suksesvol in pop-vorm verewig het!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Ashley is ook ’n inspirasie op Instagram. Volg haar by @theashleygraham

Deel
Gepubliseer deur
Nicole Kemp

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

22 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.