kategorieë: ReisOntspanning

Wat van Robertson-McGregor vir vakansieplek vir Desember?

Vakansieplek in die somer in die Karoo? Ek het ook gedink mense wat jaar op jaar in die binneland kuier is gek, sonder geld of verbeeldingloos … tot ek self ’n smakie daarvan gekry het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Ja, ek weet. Die seeluggie is koele lafenis, die branders lewe en almal is dáár. Maar dit is juis die knoop. Almal is daar. So ver as wat jy gaan, is dit vol. Oorvol. G’n parkeerplek. Rye oral. Propvol restaurante. Die slaai is uitverkoop.  Selfs ’n eenvoudige worsiebraai raak duur, want langs die kus haal die vleispryse nog hoër hoogtes as die vorige jaar. (Ons hoor van R659 vir eend in Swakopmund.) Die winkelklerke is moeg en die verkeerskonstabels moerig. Die see is ongelooflik lekker maar daar is ’n groot ‘maar’.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Daarteenoor is die platteland rustig, want die dorpsmense verskuif see toe. Die dorp is as’t ware joune. Die winkelklerke val oor hul voete van blydskap as iemand binne stap. Die restaurante gee glad nie om as jy die hele aand om kuier nie want niemand verwag ’n tweede stel klante vir die aand nie. Hulle is te bly as jy nog ’n bottel goeie rooies oopmaak en dalk selfs kans sien vir kaaskoek as nagereg. Die porsies is ruim. Die mense is vriendelik. Die weer is konstant: warm in die middel van die dag, sodat jy heerlik kan uitrus. En dan die lieflike aande vir kuier saam met vriende en geliefdes.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Verblyf in Robertson

Ons het onlangs hierdie lieflike plekke verken:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Melozhori Wildreservaat (www.melozhori.co.za)

Melozhori-wildsplaas by Robertson se afkoelpoel en kuier kyk uit oor die watergat. Onthou jou verkyker.

Buiten die sku luiperd is hier nie jagdiere nie. Dus kan jy te perd of fiets wild kyk – en tussen die bokke, sebras en kameelperde kom. Wat ’n lekker nuutjie!

Daar is ook staproetes. Jy kan kies tussen die luukse lodge met al die finesse van topgehalte verblyf, of die meer bekostigbare maar steeds gerieflike houthut as jou vakansieplek. Albei is ideaal vir ’n familie of groep vriende wat tyd saam wil spandeer.

Wat kan jy nog doen, behalwe lees, sterre kyk, fietsry, perdry en braai? Daaglikse wildritte is ingesluit, en al is jy ver in die berge in, is jy steeds binne maklike bereik van Robertson en McGregor se wynplase, bierbrouerye en snuffelwinkeltjies.

Africamps at Pat Busch (www.patbusch.co.za)

Bly in ’n boetiektent by Africamp at Pat Busch, Robertson

Glanskampering op sy beste! Jy slaan nie tent op nie, maar jy is in die veld onder die sterrehemel.

Binne hierdie luukse selfsorgtente wag koningingrootte beddens met binneveermatrasse, donsige duvets en stapels kussings, in twee afsonderlike slaapkamers. Jy het ook jou eie lieflike binnehuise stortkamer en kombuis/leefarea. Elke tent is privaat, sodat jy nie jou bure sal sien nie. Vir braaiers wag daar ’n braaidek met ’n baksteen-braaikaggel en oesterstoele wat jou nooi om heeldag luilekker op hulle deur te bring.

Die lekkerte is dat jy die luukses kombineer met die buitelewe: jy het ’n ingerigte kombuis maar jy kan ook buite braai. Jy het elektrisiteit maar word ook soggens deur die voëls wakker gemaak. Jy het jou eie ruim dek maar die veldpaadjie loop reg langs jou verby.

Dit is in een van die diepste hoeke van die Langeberge weggesteek, en grens aan die Witbosrivier Natuurreservaat. Jy is regtig in die berge. Daar is ’n swembad, plaasdam met kajakke, staproetes die berge in, bergfietsroetes (daar is twee fietse te huur ook), en jy is binne bereik van al die toerisme-aantreklikhede van die Klaas Voogds-sirkelroete.

#rooirosewenk
‘Mure’ in tente is nie dig nie. As jy deel, dink mooi wie jy as vakansiegeselskap kies.

Galloway-gastehuis (www.gallowayguesthouse.co.za)

Die rolstoelvriendelike Galloway-gastehuis in Robertson

Hierdie luukse plaasgastehuis is lig, minimalisties en terselfdertyd aards, met ’n 180-grade uitsig op die Langeberge. Dit is rolstoelvriendelike verblyf op sy beste, maar dit is nie beperk tot rolstoelgebruikers nie. Almal sal tuis voel.

Geniet ’n daaglikse swemoefensessie in die lengtepoel. Die plaaspaaie rondom jou is ideaal vir ernstige fietsryers en vir ontspanne fietsryers wat lus is om van wynproe na olyfproe na bierproe te trap. Soveel bestemmings is binne bereik dat jy met ’n fiets kan ry na Marbrin-olyfplaas of na Kranskop of na Exdiem of …

Verblyf in McGregor

Dit lyk asof daar ’n duisend gastehuise in McGregor is. Kontak die vriendelike Mira Weiner van McGregor Country Getaways sodat sy jou die nommerpas kothuis of gastehuis kan help uitsoek. As jy in die somer gaan, bespreek ’n vakansieplek met ’n swembad, vir lekker afkoel deur die dag … en saans.

Dinge om te doen in Robertson, McGregor

Die lys van moontlikhede is indrukwekkend lank. Ons lys net ’n paar waar ons heerlik gekuier het. Daar is iets vir elke dag, vir twee weke lank – en dit is nog lank nie al wat hierdie vrugbare, kreatiewe vallei bied nie.

  1. Olyfproe by Owl’s Rest en Marbrin Olive Growers.
  2. Bierproe by Saggy Stone en Long Mountain Brewery.
  3. Ry met die Puff Adder en soek die kameelperde op Melezhori Wildsplaas.
  4. Wynproe by Kranskop Kelders, Four Cousins en Exdiem (laasgenoemde net per afspraak maar jy kan hul wyne  aanlyn koop by La Verne-wynboetiek in Robertson. Lourens van der Westhuizen, hul wynmaker, se stempel is onmiskenbaar. Jy sal goeie wyn kry.)
  5. Eet middagete by La Mont Deli & Bistro of Saggy Stone (beroemd vir hul eisbeins). Geniet ontbyt of teetyd by Strictly Coffee. Hou ook een aand oop vir ’n ete by Green Gables in McGregor.
  6. Fliek by Wahnfried. Hulle vertoon op Vrydag- en Sondagaande ou klassieke flieks.
  7. Streel ’n donkie by Eseltjiesrus donkie-oord.
  8. Koop wyne by LaVerne-wynboetiek, wat al die wyne van die omgewing aanhou en teen kelderpryse verkoop
  9. Koop kase by La Mont Deli & Bistro.
  10. Koop by Strictly Coffee varsgemaalde boetiekkoffie. Hulle voer bone in, en rooster en maal dit self. Koop ‘n paar soorte en leer ken jou koffievoorkeure.
  11. Koop laventel- en roosmalva-olies en tamarillo’s by Owl’s Rest.
  12. Kyk en koop die lieflik vroulike kuns van Edna Fourie in McGregor (slegs oor naweke).
  13. Koop bruikbare kuns soos ontwerpersbakke, borde en ander breekgoed by Rialheim. (Ons hoor hulle verskaf aan onder meer @Home en selfs ander groot oorsese dekorwinkelgroepe.) En stap beslis deur hul tuinkunsgalery.
  14. Verkyk jou aan kaktusse by die Sheilam Kaktuskwekery, waar jy van ’n klein kaktuswoud sal sien tot yslike vetplante so groot soos poefkussings, eeu-oue olifantvoet vetplante en vetplante wat tien jaar lank neem om 5cm groot te word.

Deel
Gepubliseer deur
Salome Delport

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 day Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 day Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 day Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 day Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.