kategorieë: Ons menseBekendes

Die koninklike troue: Meghan se vriendin ontleed die dag

Deur Dee Krüger. Hooffoto: Foto’s: www.krugercowne.com en Kurt Arrigo Photography (Malta).

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Dit was die dag waarop ’n afstammeling van slawe getrou het met ’n lid van die oudste en edelste koningshuis op die planeet. Dit was die oggend toe Meghan Markle as gewone burger wakker geword het en ’n paar uur later, as die Hertogin van Sussex, in die Koningin se Ascot Landau-koets met haar Prins deur die idilliese landgoed van die beroemdste kasteel die wêreld toegewuif het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write('
'); }

“Dit was ’n fabelagtige dag,” beskryf die Suid-Afrikaanse sakevrou en persoonlike vriendin van Meghan, Gina Nelthorpe-Cowne, die troue. “’n Hoë-oktaan dag van seremonie en sensasie, met ’n elektriese atmosfeer.  ’n Geleentheid van oortreffende trappe in elke opsig.  En die beroemdes het gesorg vir die beste modeparade ooit!”

Kay Burley van Sky voer onderhoud met Gina Nelthorpe-Cowne, SA-sakevrou, en vriendin van Meghan, Hertogin van Sussex, op die landgoed voor Windsor-kasteel. Op die stel is die ontwerper Amanda Wakeley en Kenya Hunt, assistent-redakteur, Elle VK. Gina Nelthorpe-Cowne se rok is ontwerp deur Sassi Holford Couture, Londen.

Gina, ’n gebore Johannesburger, wat haar agentskap namens die sterre, glanspersoonlikhede en selfs ’n paar lede van die “Royals” in Londen bedryf, het die troue bygewoon en skets haar indrukke vir rooi rose.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

“Dit was ’n emosionele geleentheid,” sê Gina. “Elkeen van ons wat daar was, kon nie anders as om te besef dat dit nie net ’n koninklike troudag was nie, maar meer as dit: ’n Vernuwende stap en ’n groot sprong vorentoe vir die Britse koningshuis.”

“Vir Meghan veral, as kampvegter vir menseregte, vroueregte, en ’n nie-rassige gelyke samelewing, kon sy nie gedroom het van ’n beter verwesenliking van haar ideale as haar troudag nie,” meen Gina.

Meghan en Gina in Malta. Foto: Kurt Arrigo

“Al die elemente het saamgespeel om Meghan en Harry se dag ’n onvergeetlike skouspel te maak – selfs die onbetroubare Britse klimaat. In die kerk waar Koning Henry VIII en Koning Charles I begrawe lê, waar William Shakespeare self in sy leeftyd inspirasie ingewin het vir sy dramas oor van Harry se voorvaders,  het die paartjie hul beloftes aan mekaar gemaak wat die eeue-oue tradisies en formaliteit van die monargie ’n heel nuwe aanslag gee. In die lang en ingewikkelde geskiedenis van Brittanje was dit self ’n geskiedkundige gebeurtenis wat hom afgespeel het op ’n intieme en persoonlike vlak.

Voor 600 uitgesoekte gaste wat verskeie lede van die adelstand tot by die Koningin insluit, ’n verskeidenheid beroemdes en berugtes,  – ook groot sterre op alle vlakke soos Elton John en George Clooney, Johnny Wilkinson, Serena Williams, en Oprah Winfrey, het die paartjie hul eie beloftes aan mekaar gemaak, en sodoende baie van die tradisies van die kerk en die koningshuis behou, maar ook nuwes geskep.

In plaas van om te sê, “I do” het die bruid en haar bruidegom besluit om te sê “I will”. Die Britse Kingdom-koor se weergawe van  “Stand by Me.” was ook ’n lekker aanvulling tot die manjifieke, meer tradisionele musiek wat koninklike troues kenmerk.

“Meghan is ’n vrou wat haar eie kop volg,” sê Gina. “Sy is hoogs intelligent, en ook mos nie meer vandag se kind nie.  Sy weet wat sy wil hê.”

Dit het Gina nie verras dat Meghan byvoorbeeld nie ’n bekende ontwerper gekies het om haar trourok te maak nie.

Gina het geruime tyd gelede reeds geraai dat Meghan ’n rok sou kies wat háár die beste sou pas, nie een om die publiek of die koninklikes tevrede te stel nie.

Toe Meghan in die minder bekende Clare Waight Keller van Givenchy se trourok met sy slanke moderne fatsoen sonder oorbodige versierings of tierlantyne uitstap, het Gina breed geglimlag.  “Meghan is ’n meisie wat baie gemaklik in haar eie styl is. Sy het lieflike flair en ’n natuurlike aanvoeling vir mode.”

En so ook met Meghan se trourok. Die satynrok met sy boothals wat haar mooi nek en skouers vertoon, driekwartmoue, en fyn-gebalanseerde sleep vertoon die kenmerke wat Gina beskryf.  “Dit is ’n tydlose trourok, klassiek en sjiek, soos die meeste van die klere waarvan Meghan hou.”

Die ontwerp sluit ook diplomatieke simbole in: Op Meghan se aandrang, vertoon haar sluier blomme van al 53 lande in die Statebond, asook die papawer van Kalifornië. Die Queen Mary-diamantkroon, geleen deur die koningin, rond die rok pragtig af.

Afgesien van die nuwe Prinses se rok, het die gaste in prag en praal opgedaag.  “Amal Clooney het die eerste prys spreekwoordelik gewen,” sê Gina.  Amal se mosterdgeel rok van Stella McCartney met bypassende Stephen Jones-hoed het koppe laat draai. Catherine, hertogin van Cambridge, se roomkleurige Alexander McQueen-rok met ’n Philip Treacy hoed in dieselfde kleur was ook ’n uitstekende keuse volgens die protokol van die dag. Die susters Beatrice en Eugenie wou duidelik nie aandag trek nie: Eugenie se pildoos-hoedjie was bedeesd, en mens moes twee keer kyk om uit te pluis wat Beatrice se hooftooisel was. Dit het eerder na ’n kopband gelyk.

Serena Williams en Oprah Winfrey se kleurskakerings vir hul uitrustings was baie gewild, beide in poeierpienk of ligpienk, – Serena in Versace, Oprah in Stella McCartney. Volgens Gina het Victoria Beckham die pot mis gesit met die kleur van haar uitrusting.  “Dit het beter op televisie voorgekom maar was ietwat onvanpas in die verblindende somerson. Dis ’n mooi rok, maar te somber vir die seisoen en die geleentheid.” Karen Spencer, vrou van die Graaf Charles Spencer, Diana se broer, het ook uitgestaan in haar pers rok met bolero-baadjie en bypassende hoed. Die akteur Idris Elba en sy verloofde het mooi koördineer met hul inkblou Gucci-uitrustings.

rooi rose wou by Gina weet of Meghan senuweeagtig voorgekom het in die seremonie. “Ek dink daardie eerste paar tree in die kerk wat sy alleen moes neem, vóór Prins Charles by haar aangesluit het, het nogal baie gekos, maar van daar af het sy die hele seremonie regtig geniet.

“Die teerheid tussen haar en Harry was ook baie duidelik, en toe hy vir haar fluister, “you look amazing”,  kon ek sien sy blom.”  So ook met die rit in die koets deur die strate van Windsor.  “Meghan was in haar element,” sê Gina.

Meghan se moeder, Doria Ragland, het vir Gina opgeval as ’n redelike eensame figuur in die kerk. “My hart het uitgegaan na Doria. Sy was duidelik baie emosioneel, wat so begryplik is, met niemand in haar eie familie of vriendekring om haar te ondersteun nie.”

In teenstelling daarmee het Meghan voorwaar haar spreekwoordelike ridder gekry: In haar ruiker was daar “Forget-me-nots”, Prinses Diana se gunsteling-blom. Harry het dit spesiaal vir sy bruid in hul tuin gepluk.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck
Tags: celebs

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 day Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 day Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 day Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 day Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.