kategorieë: Ons menseBekendes

Die Lamberti-gesin reis leer-leer deur Afrika met Kids Safari TV

Die Lamberti-gesin reis leer-leer deur Afrika met Kids Safari deur Catherine Schenck. Foto’s: Hema Patel

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die Lamberti-gesin is nie jou alledaagse Johannesburgse gesin nie! Hulle reis regoor die wêreld om beeldmateriaal te vervaardig vir dokumentêre films en hulle het onlangs ook hul eie reeks oor die natuurskoon vir kinders begin, Kids Safari TV, op hul kanaal Lion Mountain TV. Dié reeks, wat beslis een van die sterre op hul kanaal is, mik om kinders (en hul ouers!) bewus oor die omgewing te maak, en ’n belangstelling in bewaring te kweek.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Ons het met Zaria Lamberti oor hul interessante leefstyl, hul reise en hierdie nuwe projek gesels.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

1. Vertel ons meer oor die Lamberti-gesin, en hoe julle interessante leefstyl sy begin gehad het.

My man, Peter Lamberti, vervaardig al vir meer as 20 jaar dokumentêre films en lewer al meer as 100 uur beeldmateriaal aan National Geographic, meer as 50 uur vir Animal Planet en Discovery en nog 50 uur vir die Smithsonian en ander internasionale uitsaaiers.

Ek (Zaria) en hy het al saam met ons twee kinders, Luca (10) en Melua (9), na sommige van die wonderlikste plekke op aarde gereis om betowerende stories te verfilm en te vervaardig wat kykers saamneem op ons ongelooflike reise.

Tydens een van hierdie avonture is die idee gebore om ‘n TV-reeks, Kids Safari, te maak wat daarop gemik is om kinders te inspireer en hulle te help om weer te droom.

Ons het ons kinders saam op reis geneem om filmwerk te doen vandat hulle baie jonk was. Luca het selfs op die gebarste kleipan van Sossusvlei in Namibië geleer kruip!

Melua kon pangolin sê voordat sy Sneeuwitjie kon sê, te danke aan die Luangwa-vallei waar ons meer as tien films gemaak het.

Die kinders se klaskamers wissel altyd van onder Kremetart- en Worsbome na woestynduine en afgeleë strande.

2. Hoe lyk ’n dag in die lewe van die Lamberti’s?

Dit hang af waar ons onsself bevind maar die afgelope jaar het ons baie uit tasse gelewe en was ons besig om Kids Safari te verfilm.

Ons was onlangs vir ’n maand in Amerika en moes vroeg opstaan, tas pak, kinders se uniforms reg kry, kameras en toerusting regkry, ’n dag lank verfilm en weer vertrek na die volgende plek.

Partykeer is ons vir ure op lughawens en in voertuie maar ons maak altyd seker ons waardeer die ongelooflike plekke wat ons gesien het en maak die meeste van ons tyd op elke plek.

3. Waarom het julle besluit om jul kinders tuis te onderrig?

Die lewe het sy definiërende oomblikke en vir my was een van hulle terwyl ek ’n STEAM-aktiwiteit gedoen het saam met my toe vierjarige seun, Luca.

Ek het probeer om hom te inspireer deur te sê: “Luca, dink buite die boks, jy kan enige iets doen”.

Met trane in sy oë het hy geantwoord: “Mammie, waarom sê jy ek moet buite die boks dink?  Nou is al wat ek sien ’n boks, en ek wil dink asof daar geen boks is nie”.

Dit was oomblike soos hierdie wat my laat besef het dat die normale skoolstelsel nie in die belang van my seun was nie en die lewe het my toe op ’n reis geneem saam met hom en Melua om te ontdek wat die beste vir hulle is.

4. Jou kinders het uiteenlopende persoonlikhede en jy maak seker dat hul leerprogramme dit weerspieël en ondersteun. Vertel ons meer van jou twee kinders en hoe hulle leerstyle verskil.

Die lewe volgens Luca

Taal is nie sy sterk punt nie en ons werk daagliks daaraan, maar ek vind dat hy ‘n natuurlike aanleg het vir wiskunde.

Luca het sopas Boek 6B van Singapore-wiskundereeks voltooi, en volgens hulle graduering word dit as Graad 7 Wiskunde voorgeskryf.  Hy het ’n maand gelede met sy eerste jaar IGCSE begin. Hy voltooi tans Graad 5 Engels.

Luca se passies lê in onderwerpe soos ingenieurswese en wetenskaplike ontwerp. Hy is lief vir dromme speel en geniet aktiwiteite soos Fightfit.

Hy dink steeds asof daar nie ’n boks is nie …

Leef in opregte Melua-styl

Melua se gunstelingkleur is nie pienk soos haar maats nie. Sy het eerder ’n gunsteling patroon en dit is luiperd! Dit verklaar waarom sy so uniek is.

Melua leer deur artistieke flair. Vir haar Wiskunde-onderrig, byvoorbeeld, neem ons bakwerk en kuns in ag en sny pizzas in breuke, doen partytjiebeplanning en enige ander wilde idees waarmee ons vorendag kan kom.

Melua is lief vir kuns en is ‘n natuurlike drama-juffrou. Sy is goed afgerond in al haar vakke en ook ‘n jaar vooruit in wiskunde.

Die Lamberti-gesin: Luca, Zaria, Peter en Melua

5. Hoe pas jy hul lesse aan om albei kinders te pas?

Ons doen dieselfde tale met albei kinders, maar op hul vlak. Wiskunde gaan elke kind aan op hul vlak, Melua doen graad 4 en Luca graad 8.

En ons doen saam onderwerpe, ons leer meestal prakties. As ons die oog doen, dan bou ons dit byvoorbeeld op ’n kreatiewe manier.

6. Skool en leer is meer as net spesifieke vakke – hoe leer julle temas en idees by die huis?

Vir albei ons kinders ondersoek ons verskillende onderwerpe en temas wat Aardrykskunde, Geskiedenis, Kuns ensovoorts insluit.  Ons hooffokus bly daarop om hulle passie te vind en te groei.

7. Watter hulpbronne gebruik jy graag en wat is jou inspirasie vir tuisskool? Waar kan ander ouers meer inligting hieroor kry?

Vir tuisonderwys kan ouers hier begin: www.dynamislearning.co.za.

Daar is ook baie Facebookruimtes wat raad en inspirasie bied.

Die Lamberti-gesin reis leer-leer deur Afrika met Kids Safari TV
Melua en Zaria

8. Wat is die lekkerste deel van om jou kinders te tuisskool?

Die woord ‘vryheid’ kom by my op. Peter se werk neem hom na ongelooflike en besonderse plekke en dit gee ons die geleentheid om saam te gaan as familie.

9. En die moeilikste?

Om weer Wiskunde en Skeikunde te leer! (glimlag)

10. Een bekommernis wat baie ouers het, is of hul kinders genoeg sal sosialiseer as hulle tuisonderrig ontvang. Maar julle sien dit anders. Wat doen julle om julle kinders te laat sosialiseer en is daar hulpbronne vir tuisskool-ouers waar hulle in kontak kan kom met ander kinders?

Sosiale mites! Ek dink dat my kinders se dagboeke voller is as my eie, met velduitstappies, sport, buitemuurse aktiwiteite en speelafsprake.

My kinders speel met kinders van alle ouderdomme, maar die beste sosiale interaksie is rondom die middag- of etenstafel.

Ouers se impak op hul kinders se sosiale vaardighede is beslis baie meer voordelig as die van hul eweknieë.

Daar is ook baie tuisonderwys-webwerwe en WhatsApp groepe beskikbaar vir ondersteuning.

Melua, Zaria en Luca

11. Een ding wat vir julle belangrik is, is om as gesin saam te eet. Hoekom heg jy soveel waarde daaraan?

Dit is die hart van die huis. In ’n digitale era of jy tuiskool of nie is dit die tyd wat jy kan uitsit om geen selfone te he nie en die kinders te vra oor hul dag, soos wat was die beste deel van jou dag, ens.

12. Jy praat baie oor resilience en grit as twee dinge wat jou kinders leer. Kan jy hierdie terme verduidelik en meer daaroor uitbrei, en hoe kinders dit leer?

Die werk waarvoor ons ons kinders voorberei, bestaan dalk nog nie eens nie.

Navorsing het getoon dat vasbyt en veerkragtigheid ’n aanduiding van sukses is en dat dit die moeite werd is om dit te verken en ek is persoonlik passievol oor die implementering daarvan in hul leer.

’n Veerkragtige kind met vasbytvermoë is die toekoms. Daar is baie TED-gesprekke en artikels oor hierdie aangeleenthede.

Ek wag vir Dr Jacqueline Morkel om haar studies oor hierdie onderwerp bekend te stel.

Zaria Lamberti

13. Indien ouers steeds hul kinders in hoofstroom-skole moet of wil hou, wat kan hulle in die aande en oor naweke doen om die beginsels van tuis-onderrig te implementeer?

Ek bewonder al die hardwerkende ouers wat graag meer tyd saam met hulle gesinne wil deurbring, maar ‘n voltydse kantoorwerk het.

Ons wil hul graag deur ons films en ongelooflike avonture saam met ons kinders inspireer.

Hou altyd gesinsmaaltye saam en handhaaf ’n geen-selfoonreël om die tafel, praat met en luister na mekaar om sterk bande te smee.

’n Fantastiese boek om ouers oor persoonlikhede te leer is Kweek kinders met Karakter geskryf deur Hettie Brits. Dit gee ‘n uiteensetting van die verskillende geaardhede en hoe om te verstaan, te dissiplineer en effektief te kommunikeer met jou kinders.

As ouers is ons grootste werk om ons kinders se harte te beskerm, daar te wees in die oomblik en om onverdeelde aandag te kan gee.

14. Dit bring ons by Kids Safari TV, wat julle onlangs begin het. Vertel ons meer waaroor Kids Safari TV gaan, en hoe julle met die idee vorendag gekom het.

Tydens een van ons avonture, is die idee gebore om ‘n TV-reeks, Kids Safari, te vervaardig.

Dit is ’n kinderreeks wat ons avonture deur die oë van ons kinders vertel. Amper soos ’n realiteitsprogram maar met ons in die agtergrond.

15. Wat is julle doelwitte met Kids Safari?

Kids Safari is daarop gemik om kinders te inspireer om tyd buite deur te bring en hulle te help om weer te droom.

16. Kids Safari TV is ʼn gesinspoging! Wat is elkeen se rol in die vervaardiging van hierdie reeks?

Die program word geproduseer deur Peter en myself. Ons skep die storielyn en beplan die uitvoering daarvan. As die ‘shoot’ verby is neem Peter se bekwame span by die kantoor oor.

Uit die aard van ons werk het ons al heelwat nabye ontmoetings gehad met wilde diere, pap bande in die middel van nêrens (waar die selfoonsein slegs beskikbaar is as jy in ’n boom klim), onwelkome reptiele en vreemde spinnekop-besoekers, onder andere …

Tydens verfilming neem Peter die verskillende rolle aan van direkteur, kameraman, werktuigkundige en instandhoudingsbestuurder, reptiel- en spinnekophanteerder.

Ek neem die rol aan as ma, onderwyser, fotograaf, klankassistent, kantoorbestuurder vanuit die voorste sitplek van die motor, Peter se PA, reisadviseur, reisagent, kok, klerekasbestuurder vir kinders, dokter, kinderterapeut … die lys is oneindig! (Natuurlik is my lys langer, ek het dit geskryf 😉 ).

Die kinders gaan voort deur te leer uit ons leefstyl en is uiters effektiewe mini-base, ook agtersitplekbestuurders en mede-skrywers! Hulle hoor alles wat ons vir die draaiboek bespreek en is nie skaam om te praat en hulle kleurvolle menings duidelik vanuit die agtersitplek te laat hoor nie –  hulle is immers die aanbieders en sterre van die Kids Safari-program.

Dit is die platform waarop jy eintlik kan sien waarheen ons op pad is, wat ons doen en hopelik sal mense geïnspireer word om blywende herinneringe van hul eie te maak saam met hul families.

Die Lamberti-gesin reis leer-leer deur Afrika met Kids Safari TV
Zaria en Peter Lamberti

17. Waar kan ons Kids Safari vind, en wat kan ons verwag daarvan? Hoe werk dit?

Skakel met ons op sosiale media en wees deel van die toneel agter die skerms. Loer na ons Instagram-rekeninge: KidsSafariTV en LionMountainMedia of kom kuier saam op facebook: KidsSafari en Lion Mountain TV

As jy aansluit by ons OTT  lionmountain.tv, sal ons jou saamneem op hierdie besondere lionmountain Tribe avonture.

Op hierdie oomblik is dit slegs $2 per maand, dink daaraan, een cappuccino. Ons het amper 200 ure van dokumentêre en dan ook Kids Safari op ons kanaal.

18. Wat is die mees uitdagende deel daarvan om met kinders te reis?

Ek dink dit is as jy in afgesonderde plekke mediese hulp moet soek maar gelukkig het ons altyd ’n plan in plek.

19. En die mees bevredigende deel?

Om die lewe en avonture saam met my familie te deel is die grootste voorreg ooit.

20. Watter raad kan jy vir ander ouers gee wat meer met hulle kinders wil reis?

Maak dit ’n doelwit, kies ’n plek en werk daarnatoe.

21. En wat kan ouers doen wat nie kan bekostig om te reis nie, maar steeds hul kinders aan die wêreld wil blootstel?

Ons bly in die mooiste land in die wêreld. In watter land op aarde het jy oseane, woestyne, berge en vlaktes?

Begin by ons land maar moet nie bang wees om jou paspoort in Botswana of Namibië of ander lande wat aan ons grens te laat stempel nie.

Op Instagram het ek hierdie jaar ons reise na Botswana, Namibië en die Victoria-valle gedokumenteer. Ons het meestal gekampeer en dit is bekostigbaar.

22. Baie mense dink dat kinders nie reis waardeer nie, maar julle glo nie so nie. Hoe het reis jou kinders se siening van die wêreld om hulle beïnvloed?

Dit is soos om te se jy moenie vir babas lees nie want hul onthou dit nie …

Reis het ons almal ongelooflik baie verander.

Ons was hierdie jaar in Madagaskar en die mense het ’n groot impak op my kinders gemaak.

Dit leer hul om om te gee maar ook denkvaardighede oor hoe om wêreldprobleme op te los.

23. Vertel ons van een spesiale oomblik tydens julle reise wat jou sal bybly.

Dis baie moelik om net een te noem, ons is bevoorreg om soveel mooi plekke te beleef maar een oomblik was in Madagaskar: terwyl ons deur ’n ongelooflike inheemse woud geloop het, het ’n lemur op die kinders gespring, maar dit was so saggeaard. Dit was net ’n ongelooflike oomblik in die natuur.

24. Ouers leer baie keer waardevolle lewenslesse by hul kinders. Wat het jou kinders jou en Peter oor die lewe geleer?

Verseker om te dink asof daar geen boks is nie! Melua het baie empatie vir mense en lewenslus.

Elke keer as hulle iets nuuts sien herinner hul reaksie ons om dit te waardeer.

Baie keer kom hulle met nuwe idees op in verband met Kids Safari en dit werk werklik goed.

Om oor nog inspirerende mense te lees, loer hier

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 weeks Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

2 weeks Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.