kategorieë: TrendsMode

Die mooiste verloofringtrends waarvan jy nou moet weet

Die mooiste verloofringtrends waarvan jy nou moet weet deur Bea Lingenfelder. Hooffoto: iStock/PeopleImages

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Verloofringe is al ’n geruime tyd nie meer daardie eenvormige ontwerp wat almal kan uitken nie. Die style het in ’n meer moderne rigting ontwikkel, kan omskep word volgens jou persoonlikheid en smaak, en het selfs teruggekeer na die Georgiaanse era (die 1700s).

Al sal die klassieke diamant-en-pand-ontwerp (verloofring en troupand wat bymekaar inskakel) altyd ’n gunsteling bly, is daar ’n menigte kreatiewe style om van te kies en te keur.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Watter styl is jou gunsteling?

Lees ook: 10 dinge wat jy in jou klerekas tydens die inperking moet doen

1. Nuwe ontwerpe

Vreemde vorms het kop uitgesteek sedert die jare 50’s toe ikone soos Jackie Kennedy en Grace Kelly die kollig gevang het met vierkantige stene. Van toe af het die traandruppel-steen (pear-shaped diamonds) en ander kreatiewe ontwerpe ook begin floreer.

Die skielike toename in stylkeuse vandag is dalk te danke aan bekendes soos Jennifer Lopez wat spog met ’n moderner aanslag op dié unieke geometriese stene.

Lees ook: Moenie hierdie foute maak as jy nuwe gaatjies het nie

2. Geelgoud

Geelgoud skep daardie vintage- en outentieke gevoel eie aan ’n klassieke styl, omdat dit ’n warmer ondertoon het as die moderne witgoud of silwer.

Goue pande is meestal te sien saam met simplistiese steen-ontwerpe soos die klassieke ronde diamant of die trio-ontwerp waar daar kleiner stene aan weerskante van ’n groter hoofsteen is.

Lees ook: Ken jou liggaamsvorm en vlei jou figuur

3. Ringe met detail

Hoe meer die style uit die vintage jare terugkeer, hoe meer kreatief raak ontwerpe.

Die trio-ontwerp is weer deur die adelike Hertogin van Sussex, Meghan Markle, in haar ringontwerp gedenk.

Die gewilde ligkrans-ring (halo ring) het vroeër jare die kollig gesteel, maar vanjaar word daar rondgespeel met “geheime ligkranse” wat die onderste deel van die hoofsteen omring. Hierdie ontwerp het hierdie jaar se trend-lys gehaal, omdat dit steeds die klassieke styl eggo, maar daardie tikkie blink en uniekheid aan jou ontwerp verleen.

Lees ook: Detoks jou klerekas in ’n japtrap en voel en lyk goed

4. Gekleurde stene

Gekleurde stene en edelstene is elemente wat eenvoudige en simplistiese style ’n helder en totaal nuwe voorkoms kan gee. Die steen staan uit teen roosgoud, silwer en goue pande.

’n Unieke edelsteen word ook beskou as ’n vorm van selfuitdrukking en sommiges voel dit weerspieël hul persoonlikheid beter.

Geel simboliseer byvoorbeeld krag, omgee en wysheid, terwyl rooi robyne liefde en lojaliteit simboliseer.

#rrWenk: Ander stene wat in 2020 uitblink is die groen peridot-steen, die pienk saffier en die blou topaas-steen.

Lees ook: Hierdie 8 modefoute kan jou slordig laat lyk

5. Die ewigheidsring-styl

’n Elegante en glansryke weergawe wat bestaan uit ’n sirkel diamante wat reg rondom jou vinger skitter.

Dit kan deel uitmaak van ’n stapel-versameling of kan alleen gedra word.

Hierdie styl kan beide simplisties ontwerp word as jy van ’n subtiele voorkoms hou, maar in 2020 kom dit veral voor saam met gekleurde stene wat die oog vang.

Lees ook: Verleng die lewe van jou gunsteling-jeans

6. Stapelringe

Stapelringe is al geruime tyd ’n groot trend in die modewêreld saam met natuur-geïnspireerde ontwerpe soos die blom- en blaarstyle wat ook terugverwys na die jare vyftig.

Die 2020-stapelstyl het egter ’n moderner aanslag.

Dit is veral gewild onder kreatiewe siele wat ’n indruk wil maak, maar nie van die enkelvoudige voorkoms hou nie.

Lees ook: 5 vinnige modetruuks wat jou uitrusting afrond

Versorg jou ring so

Stoor dit reg:

Belê in ringhouers, -bakkies en -staanders regdeur jou huis sodat jy dit kan afhaal wanneer jy skottelgoed was of ander aktiwiteite doen wat jou ring kan beskadig. Dit is ook handig om ’n klein juweelsakkie in jou handsak te hou vir wanneer jy strand toe gaan of op die ingewing van die oomblik besluit om te gaan bergklim.

(Nou, tydens inperking is dit ook nie nodig om jou ring so baie te dra nie, berê dit dus veilig.)

Ken jou ring:

Diamante en platinum is meer weerstandig as edelstene. Juweliers waarsku veral teen die kleiner stene wat makliker kan skuif of beskadig as dit nie reg skoongemaak word nie. Wees ook versigting dat jy nie parfuum of room oor jou ring aansmeer nie.

Hou dit eenvoudig:

Juweliers kry ’n knop in die keel as hulle hoor waarmee ringe en stene by die huis skoongemaak word. Hoe eenvoudiger, hoe beter. Vermy alle sterk chemikalieë in skoonmaakmiddels of tandepasta – die beste kombinasie bly deursigtige skottelgoedseep en louwarm-water. Droog dit versigtig en deeglik af met ’n sagte lappie.

Maak ’n gewoonte daarvan:

Dit is belangrik om die toestand van jou ring gereeld dop te hou. Kyk of daar iewers ’n losserige steen is en of dit dalk beskadig is. Hoewel jy jou ring af en toe (een keer ’n maand) self kan skoonmaak, verg sekere ontwerpe tog ’n deeglike ondersoek deur kenners elke ses maande tot ’n jaar.

Deel
Gepubliseer deur
Bea Lingenfelder

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 day Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 day Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

2 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

2 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.