kategorieë: In die nuusJou lewe

Is “die nuus” goed vir jou?

Party van ons kyk saans klokslag om 7.00 na die TV-nuus. Baie mense is ingestel op aanlyn-nuusvoer en inligting wat op sosiale platforms deurkom, of luister na radioberigte in die motor. Dan is daar dié wat koerante en ander nuuskanale soos die pes vermy. Hoe doen jý dit?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die oordrag van nuus het die afgelope eeu of twee ingrypend verander. Van hoeveel aardbewings, vloede, oorloë en massamoorde het ons voorouers 200 jaar terug geweet? Vandag het ons nie net 24 uur-nuusdekking nie, maar satelliet-TV kom sit volkleurbeelde van dit wat oral op die aardbol (en soms selfs in die ruimte) skeefloop, reg voor ons neuse neer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Natuurlik leef ons in’n global village, en in ’n sekere sin raak alles wat op aarde gebeur elkeen van ons. Die vraag is: aan hoeveel en aan watter soort nuus stel jy jou bloot, en watter uitwerking het dit op jou?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Kyk krities na beriggewing

Wanneer twee mense dieselfde motorongeluk waarneem, kan hul beskrywing daarvan hemelsbreed verskil. Dieselfde geld joernaliste en die netwerke waarvoor hulle werk. Party kenners meen dat nuusberigte die afgelope 20 tot 30 jaar met al meer negatiwiteit beskryf word: die cliché lui nie verniet ‘If it bleeds, it leads’ nie. Nuuskanale ding met vermaaklikheidsprogramme om kykertalle mee, en kleur baie keer nuusberigte emosioneel sodat dit die verbeelding sal aangryp.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Bly in voeling met jou liggaam en emosies wanneer jy met nuusberigte te doen kry

Wanneer jy na nuusberigte kyk, kan jy jou die volgende afvra:

  • Wat is die feite? (Harde feite, nie opinies nie)
  • Word potensiële negatiewe uitkomste sterk beklemtoon, of is die beriggewing gebalanseerd ten opsigte van moontlike wendings wat die gebeure kan neem?

Wees bewus van jou reaksie

Bly in voeling met jou liggaam en emosies wanneer jy met nuusberigte te doen kry. Skuif jy ongemaklik rond? Sweet jou hande? Is jou skouerspiere gespanne? Herken die fisiologiese tekens van stres.

Wees bewus van enige sterk gevoelens soos woede, afgryse, hartseer of angs in reaksie op die beriggewing. Die nuus kan ook die gehalte van jou slaap beïnvloed. Lê jy en rondrol terwyl beelde of gedagtes wat met die nuus te make het, in jou kop bly maal? Insinueer die nuusleser of joernalis dat hierdie of daardie aakligheid met jou, die kyker, kan gebeur?

Soms is die gevolg van doom and gloom-beriggewing ’n verhoogde angsvlak wat mense in die algemeen meer oor hul eie omstandighede laat bekommer, al verskil hul eie probleme van die inhoud van die beriggewing. Die boodskap dat die wêreld ’n onveilige plek is en dat die toekoms net donkerder word, is nou nie juis opbeurend nie.

Neem aksie

  • Wanneer ’n slegte gebeurtenis op die nuus jou raak, kan jy ’n stil gebed doen vir 1. Die slagoffers van die gebeure 2. Diegene wat die gebeure veroorsaak het 3. Die omstanders 4. Ander mense wat van die gebeure bewus word – insluitend jy self.
  • Diep asemhaal: neem drie asemteue terwyl jy daarop fokus dat jou maag uitsit en inkrimp. Dit stimuleer jou parasimpatiese senustelsel en skep ’n ontspanningsrespons. Jy kan terselfdertyd jou skouers laat sak of sagkens rol, en jou nek roteer.

Jy kan ook die nuusdosisse waaraan jy blootgestel word, verlaag. Dalk kan jy eerder ’n paar blaaie van ’n lekker roman lees. En as jy bang is jy mis iets, kan jy jou daaraan troos dat mense baie praat wanneer iets werklik belangriks gebeur. Jy sal wel daarvan hoor!

Lees ook: Wees positief, leef langer

Deel
Gepubliseer deur
Mariette Snyman

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

7 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

7 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

7 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

7 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.