kategorieë: Video'sOntspanning

Die olifant in die kamer …

Ons vier steeds #Vrouemaand en hierdie video van olifante sal jou beslis laat glimlag. Hoekom? Want hul troppe word deur matriarge gelei. Hierdie video word eintlik jaarliks gesirkuleer, maar dit bly kosbaar (plus ons help jou om jou volgende Safari te beplan …)

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Jaarliks tussen einde-Oktober en middel-Desember is daar ’n trop olifante wat by die Luangwe Natuurreservaat in Zambië se boskamp kuier. Dié kamp is (onwetend) op ’n ou olifantpaadjie gebou en omdat olifante nie sommer vergeet nie, gebruik hulle dit steeds om by ’n lekkerny uit te kom – die wilde mango. Die olifante toon ’n bewustheid van die mense in die kamp, asook ’n groot mate van vertroue. Olifante is maar sku vir mense, veral wanneer daar kalfies in die trop is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die leier van die groep, Wonky Tusk (so genoem omdat sy ’n skewe tand het), neem haar gesin jaarliks deur die kamp. Haar kalfie, Wellington, is in 2009 gebore en het dadelik deel geword van die groep wat dié boskamp besoek. Wellington speel glo soms met die ontvangstafel se skryfbehoeftes!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hierdie tog het ’n gewilde toeriste-aantreklikheid geword maar die natuurreservaat doen baie moeite om seker te maak dat die olifante nie gesteur word tydens hul besoek aan die kamp nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Kyk hier na twee video’s

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

14 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.