kategorieë: Ons menseBekendes

’n Handvol inspirerende vroue – deel 2

Caster Semenya

Caster Mokgadi Semenya het verlede week met ’n goue- en bronsmedalje weggestap (of eerder, weggehardloop) by die IAAF-wêreldkampioenskappe in Londen. Sy het haar persoonlike beste tyd verbeter en ook die Suid-Afrikaanse rekord gebreek. Dié 26-jarige atleet, bekend as die “Kobra,” het sedert sy in 2009 professioneel begin deelneem het, dit reggekry om twee keer goud te verower by die Olimpiese Spele en saam met hierdie jaar se oorwinning, drie goue medaljes by die IAAF-wêreldkampioenskappe. Sy moes vanjaar egter weer onder kritiek deurloop oor haar geslag en hormoonvlakke, dit nadat sy in 2009 (en gereeld daarna) blootgestel is aan vernederende toetse en vrae. Sy bly egter sterk staan en noem gereeld in onderhoude dat sulke gissings haar nie onderkry nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Caster is in 2012 die prys toegeken as Beste Suid-Afrikaanse Sportsvrou van die jaar deur die SA Sporttoekenningseremonie. Sy het ook die brons Orde van Ikhamanga op 27 April 2014 ontvang. Sy was in 2016 op die IAAF se kortlys vir die Wêreld se Beste Vroue-atleet. Sy het ook in 2016 ’n stigting begin wat veldtogte lei om sanitêre produkte aan meisies in plaaslike en armer streke te verskaf. In Suid-Afrika is daar baie vroue en meisies wat nie kan bekostig om sanitêre produkte te koop nie, en mis dan skool of ly aan infeksies.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Lees hier oor haar prestasies en uitdagings by die IAAF-kampioenskappe

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Zeney van der Walt

Op die jong ouderdom van 17 maak Zeney van der Walt reeds opslae in wêreldatletiek. Sy het vroeër vanjaar, in April, eerste gekom in die 400m-hekkies by die Nasionale Kampioenskappe en ’n persoonlike beste tyd gehardloop van 57.94s. Sy is geskat as een van die top-3 vinnigste jeugatlete wat sou deelneem aan die IAAF-wêreldbyeenkomste in Nairobi in Julie vanjaar.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write('
'); }

Tydens haar deelname in Nairobi het sy goud verower in die 400m-hekkiesitem. Sy het in die doodsnikke van die wedloop vir Jamaika se Sanique Walker verbygesteek en haar met 0.04s gewen. Haar uiteindelike tyd was 58.23s.

Zeney is ’n Gr.11-leerling by die Hoër Afrikaanse Meisieskool in Pretoria. Volgens die Rekord-koerant is haar doelwit om by die 2020 Olimpiese Spele in Tokio, Japan, deel te neem en hierdie oorwinning het haar een treetjie nader aan daardie droom gebring.

Lees hier verder oor Zeney en haar landgenote se prestasies by die IAAF-kampioenskappe

Adelle Nqeto

Adelle Nqeto (27), ’n liedjieskrywer van Pretoria, het haar debuutalbum, Lights, vroeër in 2017 bekend gestel en reeds positiewe reaksie daarop ontvang. Sy was voorheen deel van die Indie-duet Flint Meets Spark, maar het in 2015 besluit om vir haarself ’n solo-loopbaan uit te kerf. Sy werk egter steeds saam met ander musikante aan verskeie projekte, soos Willemien &/Philomène &, die tweetalige breinkind van Williem Rust waar sy haar liefde vir Frans en Afrikaans deur musiek uitdruk (Adelle is self Frans magtig).

Adelle het al regoor die land opgetree en het selfs ’n Europese toer meegemaak vroeër dié jaar. Sy is ’n ou bekende by feeste soos MieliePop en Oppikoppi, waar sy eersdaags weer gaan optree. Sy het ’n liriese stem wat goed pas by die teerheid en weerbaarheid van haar lirieke. Sy kan gereeld gesien (en gehoor) word in Pretoria en Johannesburg en maak ook dikwels ’n Kaapse draai in die Moederstad.

Katherine-Mary Pichulik

Katherine-Mary Pichulik het ’n juwele-reeks in 2012 begin nadat sy gesien het dat mense belangstel in haar handgemaakte juwele (of soos sy dit noem, “ornamentasie”). Katherine het oorspronklik kuns gestudeer en was daarna ’n patisseriesjef oorsee. Na ’n paar wêreldreise het sy teruggekeer en verskeie klein besighede begin – totdat haar juweliersreeks posgevat het.

Pichulik is geïnspireer deur sterk en brawe vroue – en dié merk hoop om ook die brawe en sterk vroue wat hul juwele dra, te vier. By haar ateljee in Woodstock, Kaapstad, skep sy werk en ontwikkelingsgeleenthede vir vroue. Haar juwele en bykomstighede het alreeds verskyn by modeskoue en in internasionale tydskrifte soos Vogue. Plaaslike en oorsese bekendes word gereeld gesien met van haar skeppings, maar dié merk is ook gemik op gewone vroue. Sy ryg gereeld pryse in vir haar besigheid en ontwerpe, soos die Emerging Entrepreneurial Woman of the Year-toekenning vir 2014, en in dieselfde jaar het sy die toekenning ontvang vir Beste Bykomstigheidontwerper by die African Fashion Awards.

Pichulik werk gereeld saam met ander ontwerpers en handelsmerke en sy het vroeër dié jaar deel gevorm van ’n modereeks van Woolworths wat fokus op Suid-Afrikaanse ontwerpers.

Lees ons insetsel oor Pichulik se mees onlangse reeks in die September 2017-uitgawe van rooi rose.

Crystal-Donna Roberts

Ons ken Crystal-Donna Roberts van haar dae as Pasella-aanbieder, waarna sy aanbeweeg het na TV-reekse soos die sepie 7de Laan en KykNET se Getroud met Rugby. Deesdae verskyn sy meer in tonele en films. Hierdie sluit in Die Ongelooflike Avonture van Hanna Hoekom (2010), Skeem (2011), Chronicle (2012) en The Endless River (2015). Laasgenoemde film was die eerste Suid-Afrikaanse film wat ’n nominasie ontvang het vir ’n Goue Leeu by die Venisië Filmfees. Crystal-Donna was ook genomineer vir Beste Aktrise by dié fees – die eerste Suid-Afrikaanse aktrise wat erken is in dié kapasiteit. Haar mees onlangse filmverskyning is as die legendariese Krotoa in die film met dieselfde naam, wat nou te siene is in fliekteaters.

Lees ons artikel en loer na Krotoa se lokprent

Sien ook laas week se artikel van vroue wat ons inspireer

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.